Pappa U is lewe
U is soveel hoop
Om U naby te hê
Daddy daar is vir my net niks soos dit
Met woorde en liefde sag
Kom klop U altyd aan my hartsdeur
U vertel my
Daar is dieper, daar is meer
Kind van Pappa-God
Boetie, sussie
Nooit moet ons ophou
Om tyd met God te spandeer
Dis ons lewensasem
Kinders van Pappa
Dis waar Sy vrede
Kans kry om, om ons harte te vou
Dit bly vir my so diep kosbaar
Daddy die tye saam met U
Daar is net niks Abba
Wat naby dit kom
Pappa asseblief
Kom vertel my
Dieper en meer
Wat in U hart lê
Pappa
Ek wil U so graag bly ontdek
Nie net nou
Maar tot aan die einde van dae
Pappa ek wil vra
Maak elke tree
Van my lewensreis hier op aarde
Een wat U liewer kry
Pappa ek wil so graag
Diep aan U behoort
Net soos wat ‘n vrou aan haar man sê
Of andersom
Pappa
Diep wil ek hê
Moet ek en U een wees
Ek wil so graag met my alles aan U behoort
Pappa ek wil dieper
En meer aan U behoort
Ek wil U hartklop hoor
Ken elke tree
Daddy
Partykeer klink dit verregaande
Partykeer dink mense kan jy nou meer
Maar Daddy ek wil dit so graag hê
Ek wil alles hê Pappa
Alles
So graag
Alles wat Jesus gekom het om vir ons te gee
Pappa
Partykeer wonder ek ook
Partykeer het ek ook vrae
Maar Pappa ek is diep lief vir U
Pappa
Dis woorde wat ‘n mens iets kos
Ek het al gesien
Maar Pappa ek wil meer van U hê
Pappa vir ‘n lang tyd
Het ek ook nie verstaan
Het ek ook gewonder
Daddy is U rerig net goed?
Vir baie jare
Het ek dit nie waarlik geglo
Ek het oor en oor gewonder
Is daar meer?
Daddy ek het vir baie jare
Nie antwoorde gehad
Ek het vir baie jare
Bly terughou
Nou nog
Verstaan ek dit nie
Baie lekker nie
Maar ek wil dankie sê
Dankie Daddy
Dat U my kom wys het
U is God
Altyd in beheer
Altyd Pappa
Altyd het U die vermoë
Om ons veilig te hou
In die lewe se storms
Dikwels Daddy
Wil ons niks van hulle weet
Hulle is te swaar vir my
Sê ons dikwels oor en oor
Kinders van Pappa
Dis vir ons so belangrik om te onthou
God is altyd vir ons
Nooit is Hy verkeerd
God kan nie
Abba se kinders
Terughou om goed te wees
Dit is net wie Hy altyd is
Pappa se kinders
Ek glo
Sê julle gereeld
Is dit waarlik so?
Pappa se kinders
Ek wil julle vra
Regtig
Glo julle?
Glo julle My
Liefste kinders
Bo al die ander negatiewe verslae
Wat dikwels vir julle sing?
Oe kinders
Ek weet sê Pappa
Dis dikwels vir julle swaar
Swaar om julle oë op My te hou
Ek vra net altyd
Liefste kinders
Beweeg nog ‘n bietjie nader
Leer My dieper ken
Dis altyd
Die vra in My hart
Dieper en meer sê Pappa
Soos die gebed in baie van My kinders se harte
Kinders sê Pappa
Ek ken daai gevoel
Ek weet hoe dit is
As jy net dieper en meer van jou geliefde wil hê
Kinders sê Pappa
Ek ken dit so goed
Daai diep soeke na jou man of vrou se hart
Daai alles-in-een hê
Oe Pappa se kinders
Ek ken dit
Daai diep nader beweeg
Daai ek wil jou alles hê
Pappa se kinders
My liefste-liefste kinders
Ek het dit vir julle gegee
Dit kom waarlik als van My
Als sê Daddy
Als My kinders
Wat goed en mooi is in julle aardse huwelike
Kom van My
Asseblief onthou dit altyd liefste kinders
Daar’s niks sê Daddy-God
Wat Ek julle nie kan leer
Oor diepe intimiteit tussen man en vrou
Ek ken dit alles
My liefste kinders
Ek het als daarvan
In die hemele gemaak
Oe ja kinders
Sê Pappa-God
Dis ‘n ontdekkingstog
Altyd ‘n dieper reis na die meer wat in jou man of vrou verborge lê
Oe My kinders
Sê Daddy-God
Dis vir My so mooi
Die kere wat julle in My mooi-wees kom swem
Nooit sê Daddy-God
Het julle ooit nodig om te twyfel hieraan
My liefde vir julle
Dit is baie diep
Gereeld sê Pappa
Gebeur dit dat julle begin wonder hieroor
En dan nie rerig weet
Wat is van God, wat is nie
Kinders sê Pappa
Ek is al die mooi
In hierdie lewe
Al die mooi
Daddy-God sê
Die twyfelkere My kind
Die tye wat julle rerig nie weet
Kyk net op na My
Op My liefste kinders
En begin My vra
Pappa is dit U
Is dit nie
Partykeer is julle verkeerd
Sê Pappa-God
Partykeer begin julle dink iets is van My
As dit glad nie so is
Kinders sê Pappa-God
Sonde sal Ek nooit goedkeur
Dit is net verkeerd
Dit sal nooit so wees
Julle het almal sê Pappa-God
Daai stil sagte stemmetjie van lewe wat met julle praat
Kinders sê Pappa
Julle moet hom nooit die deur wys
Ek weet sê Pappa-God
My liefste-liefste kinders
So goed
Wat goed vir julle sal wees
Daar’s min mense sê Abba
Wat dit waarlik glo
Waarlik min
So sê Pappa-God
Liefste liefste kinders
Sê Pappa
Dis tyd dat julle waarlik
Oor die leuens en verkeerde glo van My klim
Ja sê Pappa-God
Kinders dis soos hekkies
Wat julle verhoed om die wedloop van die lewe
Voluit te hardloop
Oe kinders
Sê Pappa-God
Begin om oor hulle te spring
Moenie meer toelaat dat hulle julle terughou
Oe kinders
Sê Pappa-God
Soos goeie atlete
Moet julle begin om die veld-items van die lewe ore aan te sit
Kinders sê Pappa
Dis tyd, dis tyd
Dat ons waarlik vir die duiwel en sy trawante begin wys
Waar het Dawid die wortels gegrawe
Oe kinders sê Pappa-God
Asseblief begin luister vir My
Begin sien dat Ek die beste coach is
Wat jy ooit in jou lewe sal kan hê
Oe ja sê Daddy-God
Oe ja
Dit is so
Ek wil dit graag vir julle sê
Daar’s te min mense in hierdie wêreld
Sê Pappa-God
Wat reg glo oor My
En Ek wil dit baie graag anders hê
Ek wil hê sê Pappa-God
So graag
Dat mense na My sal begin kyk
Met die grootste mooiste bewondering in hulle hart en oë
Oe kinders
Sê Pappa-God
Julle wat altyd so graag
Al die life-coaches se informasie sluk
Oe kinders
Sê Pappa
Kom vind
Wat Ek oor die lewe sê
Kinders sê Pappa-God
Saam met My
Sal julle nooit nodig hê om verder te soek
Dis maar wie Ek is
Al die wêreld se wysheid
Sê Pappa-God
Al die wysheid wat julle moet weet
Dit is in My
Ja sê Daddy
Liefste kinders dit is so
Mense kom vra bittermin daarna
Hulle wil maar altyd die wêreld se antwoorde hê
Oe kinders
Sê Pappa-God
Sal julle dit asseblief nie meer doen
Sal julle kom voel hoe Ek oor sekere dinge voel?
Ja kinders sê Pappa-God
Begin asseblief die waters toets
Begin sien of Ek en My hulp
Waarlik so nutteloos is soos wat jy dink
Oe kind
Jy’s verkeerd
Jy’s so so verkeerd
Pappa wil dit net graag vir jou sê
Die lewe is nie altyd ‘n lied kind
Daar gaan partymaal swaar seisoene wees
Seisoene wat julle gaan laat swaarkry
Seisoene wat julle gaan toets
Oe kinders sê Pappa
Oe kinders
Ek wil julle vra
Kom leer van My hart
Dis tyd dat julle begin sê Pappa
Om die regte vrae te vra
Kinders sê Pappa
Moenie in die verkeerdes verdwaal
Oe kinders
Sê Pappa-God
Asseblief luister vir My
Ek wil julle dieper nooi
Na dieper wyshede
Liefste kind
Na dit wat in My hart
Vir julle verborge lê
Oe kinders sê Pappa-God
Kom nader
Kom asseblief
Kom vind die skatte wat nog weggesteek lê
My hart is by julle
Liefste kinders
So naby
Kan julle My hoor?
Ek weet sê Daddy-God
Partykeer dink julle dit is swaar
Maar dit is nie te swaar kind
Nie as jy onthou wat jy alles bykry
Kind sê Pappa
My hart is diep
Waarlik diep
En Hy is mooi
Julle moet nooit sê Pappa
Veroordeel voel
Nee liefste kinders julle moet net weet
Dit is groei
Baie van My kinders
Sê Daddy
Baie van hulle wat verlore bly voel
As hulle nie My raad wil volg
Ek weet nie hoekom
Sê Pappa-God
Maar vir baie van julle wil Ek partykeer sê
I told you so
Ja liefste kinders
Baie keer
Sien sê Daddy-God
Ek het van beter geweet
Ek weet sê Pappa
Dat julle baie kere dink Ek geniet dit
Kinders dis nie so
Ek wens net julle wou die eerste keer hoor
Jip
Die eerste keer toe Ek gepraat het
Nie eers nadat jy seergekry het
En die les harde-manier-moes-leer
Ja-nee liefste kinders
Baie kere wat Ek smeek
Luister asseblief na My kinders
Die eerste keer
So baie van julle
Sê Pappa-God
Is altyd uit daarop
Om eers julle koppe ‘n keer of twee te gaan stamp
Ek weet nie hoekom
Sê Pappa
Maar dit voel vir My al-hoe-meer
Dis hoe mense wil leer
Ja-nee
Hulle wil eers gaan seerkry
Hulle wil eers ‘n keer of wat
In diep waters verdrink
Oe Ek weet nie
Sê Pappa-God
Ek verstaan nie
Maar mense wil op die harde manier leer
Dis so baie kere
Sê Pappa-God
Wat Ek oor en oor waarsku
Wat Ek oor en oor vra
Asseblief moet dit nie doen nie
Nee asseblief
Luister veel eerder na My
Maar oe kinders julle wil nie
Ore is min
Sê Pappa-God
Met baie van My kinders
Is dit presies hoe dit is
Hoeveel kere
Moet Ek ordentlik vra
Hoeveel kere kinders
Moet Ek groot wysheid aan die dag lê
Ek weet nie aldag kinders
Ek weet net nie aldag
Hoe? Wat? Waar?
Waarheen?
Dis baie baie kere My vra
Sê Pappa
Baie kere
Daar is van julle wat dit net bykans onmoontlik vir My maak
Ek weet hoe dit voel
Sê Pappa-God
As jy jou hare van frustrasie wil uittrek
As jou kinders blompotte as ore het
Oe dis so frustrerend
Sê Pappa
Ek weet
Ek weet als daarvan
Ai kinders
Sê Pappa-God
Ons sal net meer geduld en wysheid aan die dag moet lê
Anders weet Ek rerig nie
Oe kinders sê Pappa-God
Oe kinders
Ek weet, Ek weet hoe dit voel
As jou kinders glad nie vir jou in ag wil neem
Daai kere wat julle skree
Daai kere wat julle gil
Kinders Ek verstaan dit so goed
Dis hoe Ek baie male voel
Kinders groot-maak
Is moeilik sê Pappa-God
Kinders sê Pappa
Ek weet, Ek verstaan
Dis die een vloermoer na ‘n ander
Sê Pappa
Dit maak mens partymaal so moeg
Jy wil net iewers gaan wegkruip
Oe kinders
Ek verstaan sê Pappa
Ek verstaan dit so goed
Julle reis met kinders grootmaak
Dis moeilik My kinders
Ek kan nie meer saam-stem
Dis vir My baie male net so moeilik
Om My kinders groot te maak
As My kinders net wou sien
As hulle net wou verstaan
Ek is vir hulle
En nie teen hulle
Ek weet kinders, Ek weet
Julle voel baie male soos die vyande
Wat julle kinders
Nie in hulle lewens wil hê
Hoekom kan hulle nie sien
Sê Daddy-God
Dat Ek vir hulle is
Dit is iets wat Ek so baie sê
Dis swaar liefste kinders
Dis so swaar sê Daddy-God
Om baie kere hierdie verstaan
Tot kinders te laat deurdring
Hulle verstaan nie
Sê Pappa-God
En baie kere kinders
Dink Ek hulle wil nie verstaan
Ja-nee dis moeilik kinders
So ongelooflik moeilik
Om baie kere
Kinders groot te maak
Tog sê Daddy
Is daar ook die kere
Wat hulle julle hart laat smelt
Met hulle oulikgeit en warm-mens-wees van wie hulle is
Ek verstaan ook daai tye kinders
Wat julle vir hulle bly kyk
En net die heeltyd sê
Mamma en pappa is so baie lief vir jou
Ek ken die drukkies kinders
Wat hulle kom bly uitdeel
Die diep omgee
Wat baie dikwels in hulle harte is
Kinders is maar baie dikwels
Goed en sleg sê Pappa-God
Dit gaan nie altyd net goed
Dit gaan nie altyd net sleg
Oe kinders sê Pappa
Ek weet, Ek weet dat dit baie kere soos malemeul-ritte voel
Eers op, dan af
Hierdie reis van kinders groot-maak
Ek weet dis dikwels moeilik kinders
Ek weet dat julle dit nie altyd regkry
Tog kinders wil Ek net vandag vir julle kom moed gee
Pa weet waardeur julle gaan
Julle struggles met julle kinders
Dis heel dikwels Myne kinders
Ek verstaan
Dis wat Ek graag vandag vir julle wil sê
Julle is Myne
Liefste kinders
En Pappa sal julle leer
Ek sal julle leer, wys en help hoe om kinders groot te maak
Kom maak My altyd deel
Sê Pappa
Van die vrae en probleme in jou hart
Wanneer dit by kinders-grootmaak kom
Oe kinders
Sê Pappa
Ek is die antwoord
Op julle kinders-opvoed probleme
Daar’s baie hulp daarmee
In hierdie wêreld sê Daddy-God
Liefste kinders dis vir My mooi
Tog wil Ek vra hou My asseblief in die loop
Ja liefste kinders
Asseblief
Vertel vir Pa wanneer julle sukkel
Vra My ook om My Raad met jou te deel
Kind Ek weet sê Pappa
Ek weet dis partymaal swaar
Tog kan ons hierdie geveg wen
Ek en jy, saam
Baie ouers se harte
Is dikwels gebreek
Sê Abba-God
Oor wat hulle kinders aanvang
Kinders sê Daddy-God
Kan Ek julle net vra
Hou aan om vir hulle
Julle kosbare kinders te bly bid
Dis ‘n ma en pa se gebede vir hulle kinders
Sê Daddy
Wat wondere verrig
Daarom mag julle nooit ophou daarmee
Oe kinders
Sê Pappa
Ek vra julle
Hou aan daarmee
Ek ken julle seer
Sê Pappa-God
Ek ken julle swaar
Ek ken ook die plesier van kinders grootmaak
Oe kinders sê Pappa-God
Geniet asseblief elke stukkie
Saam met julle kinders
Eendag gaan hulle nog verstaan
Eendag, op ‘n dag
Gaan hulle harte so dankbaar wees
Dan gaan hulle sien kinders
Elke-keer-se-mooi-leer
Ja kinders
Sê Pappa-God
Hulle gaan dit dalk vir baie jare nie verstaan
Maar hulle gaan groot-word
Dis dan sê Pappa
Wat hulle gaan sien
Soos hulle terugkyk
Die diep waarde daarvan
Dis daarom sê Pappa-God
Kinders wat Ek vandag wil vra
Hou aan om julle kinders
So mooi te leer
Ja-nee kinders sê Pappa-God
Moet hulle nie vir die wolwe gooi
Hou veel eerder daarmee aan
Om ‘n voorbeeld te wees
Kinders sê Pappa-God
Is baie male
Die produk van hulle ouers
En dit deur hulle geinvesteer
Daarom wil Ek vra kinders
Hou aan daarmee
Moenie moed verloor
Hou aan om hulle reg te leer
Kinders sê Pappa
Julle verstaan dit baie dikwels nie
Maar dis hoe julle invest in die toekoms
Dis hoe julle ‘n legacy bou
Kinders sê Daddy-God
Ek sê so
Omdat baie min mense
Dit dikwels begryp
Nee kinders sê Pappa
Daar’s baie min mense
Wat die verantwoordelikheid besef
Van kinders groot-maak
Maak hulle groot met waardes kinders
Met beginsels
Soos Pappa van julle vra
En kinders julle sal sien dat hulle vir julle een groot seën sal wees
Soos die jare aanstap kinders
Sal julle sien
Sal julle besef
Daai groot-maak-jare was die moeite werd
Druk deur kinders
Asseblief
Vra Pappa
Druk deur
Daai moeilike dae
Wanneer hulle kom
Wanneer julle wil sê
Ag nee dit is te moeilik vir my
Nee liefste kinders
Nee sê Pappa
Asseblief hou aan daarmee
Soos julle, julle oë op My bly hou
Ek is die begin en einde kinders
Ek is die begin en einde
Van alle wysheid
Van alles wat jy nodig het om kinders groot te maak
Kom vra My asseblief gereeld kinders
Gereeld vir wysheid
Gereeld vir deursettingsvermoë
En Ek sal vir jou gee
Ja kind, ja
Dis altyd My hart
Sê ons liefste Pappa
Om julle met julle lewensprobleme te help
Dis maar een van vele
Sê Pappa
Daar’s baie aspekte van die lewe
Waar My raad vir jou goud werd sal wees
Kom vra kinders
Altyd
So gereeld
En sien hoe Ek baie dinge vir jou kan beter maak
Ek los die probleem
Dalk nie altyd dadelik op
Maar kind Ek leer en kom wys vir jou
Ons kan dit doen!
Oe ja sê Pappa-God
Oe ja
Dis hoe dit altyd is
Selfs in die donkerste nag kan My hoop helder skyn!
Dis maar wat Ek doen kinders
Dis maar wie Ek is
Kom dieper kind
Kom vra na meer
Dis baie dikwels sê Daddy-God
Wel so te sê permanent ook die vra in My hart
Nader kind, nader en meer
Dis ook wat Ek so graag van jou wil hê
Oe liefste seun, dogter
Die vra is dit
Kom
Kom groei nader aan My
Die mooiste mooi’s sê Pappa
Is opgesluit in My
Dis vir My so groot vreugde
So vreugde wanneer julle kom vra
Wys my meer Abba
Asseblief
Meer van U
Meer van wie U in en deur my wil wees
Pappa dit is en bly vir my
Die grootste vreugde in my hart
Om te weet dat U wil opdaag
Om te weet dat U met my wil gesels
Pappa dit is vir my
So beautiful
So die beste om by U te wees
Dankie Pappa vir die voorreg wat U ons gee
Pappa help ons asseblief
Om naby aan U te bly
Elke tree
En dat ons U waarlik sal hoor
Pappa-God
Dieper
Dieper en meer
Is wat ons so graag wil hê
U vertel aan ons harte
Altyd die mooiste waarheid
Woorde Pappa wat ons skoon was binne
Woorde wat ons nader aan U trek
Daddy-God
Sal U asseblief help
Dat ons altyd by U sal bly
Dat ons nie in die wêreld en haar verkeerd sal gaan verdwaal
Nee Pappa, nee
Ons wil veel eerder nader aan U groei
Ons wil laat ons harte
Een met U s’n al wees
Dieper en meer
Pappa
Sag en stadig
Dis hoe U ons by die mooiste mooi uitbring
Pappa U is so mooi vir my
Daddy om U in my lewe te hê
Dis soos ‘n leë inkleurboek
Wat lewe en kleur kry!
Oe Pappa
So, so mooi!
Sonder U kan ek nie
Sonder U wil ek nie
Elke dag
Wil ek oorgegee leef
Want Pappa ek weet
Dis wat my by die mooiste mooi wat dié lewe kan bied uitbring
Pappa leer my asseblief
Dieper-wag
Meer-innooi
Leer my en help my hoe om by U mooiste mooi uit te kom
Pappa-God
Soos Ester
Wil ek by die Koning gaan sit en vra
Waarvan hou jy?
Ja-nee liefste Pappa
Ja-nee
Ek wil nie die Koning se skatte najaag
Dit sal nie ware liefde wees
Pappa ek wil hê
So, so graag
Dat my en U hart
Een sal wees, een sal bly
Kom leer my asseblief Daddy
Die dieper mooi van hartsintimiteit met U hê
Pappa ek wil rerig weet
Waarnatoe kan ons dit neem
Is daar meer hemel
Is daar meer wag
Pappa ek weet nie
Al wat ek weet is ek wil U hê
Dieper en meer
Dieper en meer
My alles in U, U alles in my
Dit is egte ware mooi intimiteit
Vat alles van my liefste Pappa
Ek wil alles vir U gee
U verdien dit so
Ek weet U sal mooi daarna kyk
Pappa my vra is dit
Dit bly deur die jare so
Hou my hart trou
Pappa my hart gesond met liefde vir U
U is so Pappa
Die ware anker van hierdie lewe
U liefde en trou
Is vir my so baie kosbaar
Oe Pappa
U weet
U weet dat ek U so diep nodig het
Ek wil dit graag ook vir U sê
Ek wil nie fronte voorhou
Ek wil nie voorgee om te wees wie ek nie rerig is
Nee Pappa ek wil eg ek wees by U
Ek weet dit maak U waarlik bly
Dankie Pappa
Dat U ook altyd
U eg self is by my
Ek waardeer dit Pappa, dit is vir my so mooi
Dieper, meer
Waaragtige intimiteit
Met elkeen van U kinders
Pappa dit is U hart
Dankie Pappa
Dankie so baie
Dat U ons gereeld vertel
Hoe baie lief U vir ons is
Dis diep kosbaar vir ons Pappa
Diep kosbaar
U liefde
Wat ons stewige standvastige anker in hierdie lewe is
Pappa U is
U is so baie mooi
En dis vir ons waarlik wonderlik
Om tyd saam met U te hê
Dieper en meer
Pappa wil U vir ons gee
Ons wil aanteken daarvoor
Pappa ons wil dit so graag hê
Pappa
Dankie dat U ons altyd dieper nooi
Dankie dat U altyd bly vra
U genade is diep en so mooi
Nooit ooit Pappa
Het ek besef of geweet
Dat U ‘n God is
Wat hartsintimiteit met elkeen van U kinders begeer
Pappa-God
Ek is so dankbaar
So dankbaar dat ek dit kon vind
So dankbaar dat ek kon leer
U is ‘n God
Wat hou daarvan om U hart te deel
En U wil altyd so graag
Ons s’n hoor
Ja-nee Pappa
Nie kerm en kla
Dis nie waarvan U hou
U hou van ‘n eerlike oop gesprek
Ja
Soos wat een vriend vir ‘n ander sê
Weet jy wat ek sukkel hiermee
En dit is wat op die oomblik in my lewe aangaan
Te veel van Daddy se kinders
Gebruik Hom as ‘n slaan-sak
As die lewe se frustrasies
Net een te veel vir hulle raak
Kan ek julle veel eerder aanmoedig
Liefste boetie en sussie
Begin Hom eerder vra
Om jou las saam met jou te dra
Veel eerder
Sê Daddy se kind
Dat ons Hom leer ken as die krag
Wat ons bene sterk maak
Daar’s min van Pappa se kinders
Wat weet hoe dit is om saam met Hom
Op arendsvlerke in die lug rond te sweef
Daar’s min van hulle, so min
Ons moet altyd onthou
Liefste boetie, sussie
Kind van God
Dat arende nie saam met hoenders op die aarde rond-pik
Ja-nee kinders
Hulle visie is soveel groter as dit
Soveel groter,
Hulle sien baie vêr
En sien kinders, sien
Dis die visie wat Ek so graag
Aan My kinders op aarde wil gee
As hulle net ‘n bietjie hoër saam met My wil kom vlieg
Maar nou gebeur dit te gereeld
Sê Pappa-God
Dat My kinders se probleme
Hulle neus in die grond laat rondloop
Oe ja-nee sê Pappa
Dan is dit sad-stories
Dan is dit niemand gee om vir my
Oe kyk nou net wat gebeur alweer met my
Oe kinders sê Pappa
Oe kinders
Dis die verkeerde houding om te hê
Jy gaan nie baie vêr met hom kom
Kind kyk op!
Lig op jou kop van die grond
Begin verder kyk
Begin My sien!
Oe julle liefde
Sê Pappa-God
Oe julle liefde is so mooi
Ek wil dit so graag aan julle vertel
Julle liefste kinders
Wat al kon vind
Saam met God
Sal ek nooit moeg raak
Ja-nee
Dis mos wat Jesaja beloof
Aan almal wat op God wag
Aan die almal wat op God vertrou
Sien sê Pappa se kind
Dis mos nie iets wat ons aldag wil hoor
Nee ons raak baie male baie negatief
Sonder om te dink maar hieraan kan ons mos iets doen
Sien vir baie kinders van Abba
Is dit maklik om te baklei en negatief te wees
Sonder om ooit te sê
Maar kind van God jy het wapens waarmee jy kan oorwin!
Ja saam met God
Jesus Sy Seun
Is die Bose oorwin
Ons moet net in daardie oorwinning bly opstaan
Baie sleutels kind van God
Is in die Woord opgesluit
Sleutels waarmee ons die vyand kan oorwin
En waarlik as oorwinnaars leef!
Dis net min kind van God
So min
Dat ons daai sleutels optel
En deure begin oopsluit
Kind sê Pappa-God
My liefste-liefste kind
Is dit vir jou lekker
Om so opgesluit te sit?
Oe My kind vra Pappa
Daar’s soveel vryheid wat op jou wag
Soveel, soveel vryheid
Hoekom kies jy om toegesluit te bly sit
Nee My liefste kind
Nee
Jy moet loskom
Jy moet kom sien hoe dit is om in oorwinning te leef!
Kind van God
Asseblief
Kom sien, kom vind
Dat Ek die antwoord is!
Daar is soveel waarheid
Opgesluit in My Woord sê Pappa
Soveel
Kinders sê Pappa kom en kom vind!
Elke sleutel in My Woord kind
Is vir jou gegee
Sodat jy meer en meer vryheid
In My, Jesus, kan oopsluit
Kind hoe sê Pappa
Hoe wil jy dit nie hê
Kind asseblief
Begin wys-raak
Begin jou Bybel lees
Liefste, liefste kind
Begin sien
Hoe Ek deur hom met jou kan praat
Julle sal dadelik begin ervaar
Kinders
Hoe vryheid meer en meer julle deel-raak
Soos julle dit begin doen
Liefste kinders
Sê Pappa
Ek soek julle vry
So vry soos die arende wat hoog in wolke rondsweef
Oe kinders sê Pappa
So vry soos ‘n voëltjie
Dit is rerig hoe julle sal begin voel
As julle die deure begin oopsluit
Begin hoor My liefste kinders
Asseblief
Dat Pappa altyd vir julle is
En dat ware vryheid My begeerte vir julle is
Daar’s soveel mense
Sê Pappa-God
Wat glo dat Ek hulle met nuwe kettings vasmaak
Wanneer ons die oues losgemaak het
Oe kinders sê Pappa
In My is julle so vry
Julle sal sien
In My is geen boeie te vind
Ek weet sê Pappa
Dat baie mense My reëls en regulasies so sien
Pappa sê julle is verkeerd
Dis eintlik iets wat Ek veilige kantlyne noem
Ja-nee sê Pappa-God, ja-nee
Ek weet waar die afgronde tuimel
En dis nooit Ek wat wil hê
Dat My kinders daar hulle dood tegemoetgaan
Nee wat sê Pappa
Ek is oor die veiligheid van My kinders baie besorg
En waarsku, gaan Ek My kinders waarsku
Soos dit enige goeie ouer betaam
Ek weet nou nie lekker
Sê Pappa
Maar sê vir My is daar een van julle ouers
Wat doelbewus gaan toelaat dat jou kind hom in ‘n bloedneus vasloop
Oe ja-nee kinders
Dit is nou nie Ek
Ek kan nie sit en toekyk hoe dit gebeur
Sonder om eers ‘n vinger te verroer
Nee wat sê Abba-God
Nee wat
Dis nie iets wat Ek ooit
Lekker gaan regkry
Ek is maar van uitkyk-vir-My-kinders
Aanmekaar gesit
Sê Pappa
Net soos baie van julle aardse mamma’s en pappa’s
Oe ja-nee kyk
Sê Pappa-God
Ek moet nog ‘n ouer ontmoet
Wat homself verlekker in sy kinders se seerkry
Sulke ouers is nie ouers nie
Sê Pappa
Of hulle moes nooit wees
Dalk moet hulle ‘n les of twee by ons kom leer
Ja-nee kyk sê Pappa-God
Dit is nou maar een maal so
Julle moenie so skaam wees
Om ‘n ordentlike ma en pa te wees
Julle dink partykeer
Sê Pappa-God
Dat die kinders lelik van julle gaan dink
As julle te streng met hulle is
Kinders sê Pappa
Daai lessie moes Ek ook al leer
Daai enetjie waar Ek moes besef
My kinders gaan nie altyd te lief vir My wees as Ek boundaries van veilig-wees om hulle sit
Kinders sê Pappa
Ek moes daai enetjie maar opweeg
En vir Myself uitmaak
Ek gaan nie altyd My kinders se verwagtinge tevrede stel
Dis of sê Pappa
Ek gee My kinders nie hulle sin
Of Ek laat toe dat hulle
Vir die afgronde van die lewe gaan kuier
Nee-wat sê Pappa-God
My kinders se veiligheid het vêr gewen
As Ek ‘n bietjie van hulle likeability van My moes inboet
Is dit dan nou maar so
Ja-nee sê Pappa-God
Ja-nee
My kinders se veiligheid
Wen by vêr
En ja sê Pappa
Dis nou nie asof ‘n mens
Hulle van alle gevare kan beskerm
Maar ‘n mens probeer tog mos maar steeds 😉
Ja-nee sê Pappa
My kinders se veiligheid sal altyd vir My ‘n prioriteit bly
Partykeer sê Pappa
Sal Ek wel toelaat dat hulle ‘n klip of twee stamp
Ja julle weet mos
Sê Pappa
Dis daai lewenslesse
Wat elke kind nodig het om te leer
Dit is partymaal nodig
Sê Pappa
Dit is
Dat ‘n mens streng en ernstig bly met sekere reëls
Mens kan nie kinders
Mens kan nie toelaat dat jou kinders
Al die boundaries overstep
Al probeer hulle ook hoe
En hulle moet kinders
Hulle moet in-toom gehou word
Met riglyne
Wat na beter en mooier lewens lei
Oe kinders sê Pappa-God
Ek is seker dit is iets wat julle kan verstaan
Dis in elk geval iets sê Pappa-God
Wat elke goeie ma en pa weet
Hulle kan nie
Hulle kan nie elke dag
En vir als
Vir hulle kinders ja sê
Dis hoe mens bedorwe brokkies kry
Sê Pappa
Daai kindertjies
Waarvan niemand eintlik hou
Oe kinders
Sê Pappa-God
Maak julle kinders verantwoordelik groot
Met ‘n goeie sin van wat is reg en verkeerd
Oe ja kinders
Sê Pappa-God
In hierdie wêreld waar soveel lyne geblur is
Het hulle nodig om duidelik te weet
Ken My kinders
Asseblief
Ken My in julle weë
Van kinders groot-maak
Ek wil graag liefste kinders
So graag vir julle
Meer van My
Diepe mooi wysheid daaroor leer
Dankie kinders, dankie
Vir julle wat My daaromtrent kom vra
Julle wat My deel-maak daarvan
Julle wat My raad aanneem
Amen.
Dis vir my altyd so lekker om te ontdek hoe God so goed vereenselwig met wat ons hier op aarde deurgaan. Dis vir my mooi, hoe Hy rerig verstaan. Hoe het die stuk 😉 lees jou hart geimpakteer? Ek hoor graag van jou boetie/sussie! Letitia x