Etiket: ontdek+God

  • Nooit sal God enige iemand wegwys!

    Ek wil graag die volgende met julle deel, diamantjies wat my hart bekruip het een Stiltetyd oggend.

    Daar is ‘n skat in WARE SOEK, dit is WARE VIND.

    Dit geskryf het ek aan die volgende begin dink…

    • Geen soek lewer geen resultate = Koud
    • Half-hartige soek lewer net halwe resultate = Lou
    • Heelhartige soek lewer volle resultate = ‘n Hart aan die brand

    Daar is mos ‘n vers in die Bybel wat sê … was jy maar eerder warm of koud maar nou omdat jy lou is moet Ek jou uitspoeg (Openbaring 3 vers 16).

    In my verstaan het iets ewe skielik begin kliek … ons sal nooit die volle amazingness wat moontlik is in verhouding met God kan vind as ons nie heelhartig daarna soek nie. Halfhartig en lou-wees werk mos nooit lekker vir lang-termyn nie. Dit behou mens se aandag net totdat iets wat meer aanloklik vertoon verby geflikflooi kom.

    Julle ek hoop hierdie woorde, net soos vir my, spoor julle aan om daagliks die dieper dinge in God te wil ontdek.

    Daar is eindelose wonderskone horisonne in ons God se hart. Hulle vra sal julle ons wandelpadjies saam met die Koning der konings kom bewandel?

    Met my hele hart glo ek, ons het nog net die bodem aangeraak. Daar is grond in God wat nog omgedolwe moet word. Vars rou diamante wat hierdie huidige generasie uitnooi. Gaan ons dit ontgin of gaan ons sê ag nee wat, los dit maar vir die volgende geslag.

    Ek wil beslis sê nee … Ons sal hierdie offer nie deur ons vingers laat glip nie. Ons sal aanmeld en aanteken vir die wonderskone God elke dag meer ontdek en die wonders van Sy hart met die wêreld deel! 

    Ai julle dis die warmste mooiste uitnodiging.

    Kom ons sê ja. Nie uit vrees maar betowering. Dit is wat Jesus se Hy-het-dit-nie-verdien maar vir-ons-het-Hy-dit-gedoen Golgota-prys regkry. Nie?

    Tonne liefde en baie mooi bly tot ons weer gesels! x

    Hierdie blog is ook gepubliseer op https://voelgoed.co.za/blogs/.
    Gaan loer gerus in, dis volop inspirasie!
  • Skrywers van God

    Skrywers van God

    Jullle maak My so trots
    Sê Abba
    Almal van julle wat altyd so bereid is
    Om julle agendas neer te lê vir Myne

    (meer…)

  • Hemelse brood

    Die wat wag op My
    Nuwe krag sal hulle kry
    Krag wat hulle sal deurdra
    Krag wat nuwe hoop aan hulle gee

    (meer…)