As vertroue wankel

So min mense
Wat My vertrou
In donker tye
Hoekom is dit so?

Kinders asseblief
Ek wil julle vra
Om te onthou
Ek is ‘n getroue God

Dit gebeur so gereeld
Sê Daddy-God
Dat julle na mense en dinge kyk
Julle hoop op hulle bou

Kinders asseblief
Sê Daddy
Hou julle oë op My
Die enigste waaragtige God

Liefste kinders
Daar is niemand soos Ek
Sê ons liefste Pappa-God
Niks of niemand kan met My vergelyk

Partykeer is dit swaar
My liefste kinders
Swaar om julle oë op My te bly hou
Maar dis so die moeite werd

Dis die moeite werd
Liefste kinders
Om julle vertroue in My te belê
Dis so die moeite werd

Liefste kinders
Asseblief vra Daddy-God
Hou aan om My in die donkerste tye van jou lewe
Veral dan te vertrou

Dis hoe Ek dit dan regkry
Om julle deur die
Swaar van hierdie lewe
Te bly dra

Ja liefste kinders
Daddy se kinders
Dis hoe Ek dit regkry
As jy jou oë op My bly hou

Julle moet asseblief nooit twyfel
Aan My goedheid teenoor julle nie
Daddy se kinders
Ek is en bly ‘n goeie God

So goed is Ek
Sê Daddy
In al My weë
In al My weë so getrou teenoor al My kinders

Liefste seun
Liefste dogter
Daddy wil julle vra
Asseblief vertrou My meer

Vertrou My in goeie tye kinders
Asseblief doen
Maar vertrou My asseblief ook
Wanneer swaar tye vir ‘n wyle klop

Hulle bly nooit lank nie kinders
Nie vir altyd en altyd
Onthou dit asseblief
Ek kan die swaar soet maak

Ja liefste kinders
Ek kan dit mooi maak
Die seerste seer
Iets waarna jy met dankbaarheid sal kan terugkyk

Dis omdat jy sal kan sien
Sê Daddy-God
So duidelik
Wie Ek is en wat God kan doen

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Dis hoekom Ek altyd vra
Deel julle seer asseblief gerus met My

Moet My nie uit jou hart uitsluit kinders
As donker en swaar tye kom
Hou aan vashou aan My
Moet asseblief nie julle rûe op My draai

Oe sê Daddy-God
Die wonderskone toekoms
Wat Ek instoor vir julle hou
Dis altyd die moeite werd kinders om My te bly vertrou

Hou aan om My te vertrou
Asseblief liefste kinders
Al is dit nie altyd maklik
Hou aan daarmee

Ek is die Standvastige Rots
Liewe kinders
Wat julle nooit in die steek kan laat
Al lyk dit ook partymaal vir julle so

Nee liefste kinders
Assebief
Julle moet My leer ken vir wie Ek is
Dan sal julle nooit daaraan kan twyfel nie

Ek is goed
Liefste kinders
So so goed sê Daddy
So so goed

Daarom dat Ek vra asseblief
Hou aan om My te vertrou
Liefste kinders
Selfs en veral in julle donkerste dae

Daar’s min kinders wat vind
Sê Daddy-God
Die ware anker wat Ek in tye van moeilikheid vir hulle kan wees
Daar’s min van julle

Ek wil julle altyd aanmoedig
Asseblief liefste kinders
Moet dit nie doen
Moet My nie dan uitsluit

Al hoe Ek pyn en seer kan beter maak
Liefste kinders
Is as julle My deel-maak daarvan
As julle dit vir My gee

Liefste kinders
Asseblief
Weet dit altyd
Daar is hoop vir die moeilike pad wat jy loop

Daar is altyd hoop kinders
Dit is wie Ek is
Soveel hoop
Is in My te vind

Dis hoekom Ek altyd vra
Kinders hou aan
Om na My julle Pappa te kyk
Dis hoe hoop die geleentheid kry om te groei in julle harte

Hou aan opkyk
Liefste kinders
Altyd op na My
Julle God wat vir julle omgee

Omdat Ek leef
Liefste kinders
Hoef julle nooit te vrees
Ek is in beheer

Altyd groter
As die stryd wat julle op aarde omring
Altyd groter kinders
Altyd groter

Daddy eer julle
Liefste kinders
Julle wat altyd bly glo in My
Julle wat bly opkyk

Dit beteken baie
Liefste kinders
Dit beteken baie
Dit beteken dat Ek julle krag en rotsvesting bly

Dankie dat julle aanhou
Sê Daddy-God
Om te kom wegkruip by My
Dit is vir My baie spesiaal

Dit beteken Ek kan julle
Bly beskerm kinders
Dit beteken Ek kan julle bly oppas
Julle wat op My weë bly

Dankie dat julle nooit afdwaal kinders
Dankie dat dit in julle harte is
Om naby My te bly
Om My liewer te kry

Julle harte is vir My
So kosbaar kinders
Ek wil julle vra
Kyk mooi daarna

Moenie net toelaat
Kinders
Dat die verkeerd sy intrek neem
En dan veraltyd daar wil bly

Nee liefste kinders
Die oë van julle harte moet altyd oop wees
Bewus daarvan as iets verkeerds
‘n Huisie daarbinne wil bou

Julle moet dit nie toelaat kinders
Asseblief
Julle moenie aanhou om die verkeerd in julle lewens
Kos te gee

Laat hulle asseblief begin hongerly
Liefste kinders
Sodat hulle krag kan verloor in julle lewens
Uit kan sterf

Versterk julle eerder in My julle God
Versterk julle eerder in My sê Daddy-God
Oe kinders daar is net niks beter
Wat jy in die lewe kan doen

Het julle geweet
Liefste kinders
Dat dit die mooiste vrugte afwerp
Vrugte wat vir altyd bly

Dit beteken vir My baie
Liefste kinders
Lê My so naby aan die hart
Julle wat in alle tye vir My ja bly sê

Ja sê Daddy-God
My kinders
Julle kies nie
Julle bly altyd getrou

Bly weg van die verkeerd
My liefste kinders
Asseblief kom altyd nader aan dit wat reg is
Hou vas aan die nie-verkeerd

Dis wanneer julle dit bly doen
Liefste kinders
Dat julle lig vir My so helder skyn
En dat julle rerig groot verskil in hierdie wêreld maak

Kinders so baie dankie daarvoor
Julle liefste kinders
Wat net altyd so bereid is
Om My liewer te kry

Dit beteken soveel
Die wêreld en meer vir My
Kinders dankie daarvoor
Julle maak Pappa se hart baie bly

So trots is Ek op julle
Elkeen van julle
Wat bly glo
Nie opgee

Kinders dankie
Julle sal altyd sien
As julle bly vashou
Ek is getrou

Ek kan julle nie in die steek laat nie
Ek wil nie
Dit is wat Ek so graag wil hê
Julle moet begin raaksien

Vertrou My asseblief
In die donker dae van julle lewens
Asseblief kinders hou aan
En kyk wat gebeur

Daar is geen ander een soos Ek
Ek is die lewende waaragtige God
Die Een wat ewig is
Kinders dit is Ek

Geen een is bo My
Geen een sal ooit bo My wees
Dit is hoe dit is
Dit is hoe dit altyd sal wees

Onvergelykbare God
Dit is wie baie My noem
Dit is presies wie Ek is
Die een met wie niks of niemand ooit sal vergelyk

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment