My hartsgeheimpies
Is veilig by U
Pappa ek wil dankie sê
Dat ek U daarmee kan vertrou
Pappa
Daar’s te veel mense wat wonder
Wonder of U goed is
Of waarlik-mooi
Pappa se kinders
Die van julle wat wil hoor
Ek gee so baie om
Dit beteken soveel vir My
Ek wonder sê Pappa
Partykeer oor die seer
Die seer in julle harte
Wat vir My bly wegkruip
Kinders van Pappa
Ek wil julle maar net vra
Kom gee als vir My
Ook die seer wat binne wil bly
Daar’s soveel vryheid
Liefste kinders
In deel-met-My
Ek wens julle wou dit glo, kom probeer
Oe Pappa se kinders
Ek wonder
Ek wonder of julle weet
Ek gee daaroor om
Dis te gereeld liefste kinders
Sê Pappa-God
Dat julle daaroor wonder of nie weet
Maar ALS kan julle waarlik met My deel
Oe Pappa se kinders
Wonder sê Daddy-God
Doen julle te veel
Ek wil hê julle moet waarlik begin weet
My liefde dogter, seun
Is so genoeg
Om julle deur die donkerste
Valleie op aarde te help
Dogter, seun
Sê Daddy-God
Julle moet net nie opgee
Julle moet My bly vertrou
Deur die donkerste waters
Kind
Seun, dogter van God
Sal Ek self by julle wees
Is dit nie liefste kinders
Wat My Woord aan julle beloof
Wees asseblief bly seun, dogter in My
Wanneer moeilike dae julle pad kruis
Julle moet altyd toelaat
Liefste kinders
Dat julle hart God bly soek
In die donker dae wat Ek in julle lewens toelaat
Pappa se kinders
Asseblief
Dogter, seun
Julle moet net sterk wees in My
Dogter, seun
Julle sal so sien
Die toekoms is blink
Blink vir die wat nie opgee
Bly in My
Sê Daddy-God
Soos wat Ek liefste kinders
Deur My Seun in julle bly
Julle moet net aanhou
Liefste kinders
Asseblief
Om die pad saam met Pappa-God te loop
Julle moenie opgee nie liefste kinders
Selfs nie eers in die donkerste dae
Nee asseblief Pappa se kinders
Hou net stywer vas Pappa se hand
Moet nooit dink aan laat los nie
Pappa se kinders
Moet asseblief nooit
Dink aan opgee
Pappa se kinders
Sê Daddy-God
Ek weet julle wonder gereeld
Hoe gaan ek hierdeur kom, hoe gaan die uiteinde lyk?
Pappa se kinders
Ek vra julle asseblief
Hou net aan asseblief
Om die pad saam met My te loop
Partykeer raak julle harte seer sê Daddy-God
Dit gebeur gereeld
Kinders Ek sal deur My liefde
Als bly genees
Bly net naby My sê Daddy-God
Bly net naby My
Kinders sê Daddy-God
Net nie opgee
Partykeer sê Daddy
Voel die pad so swaar
En dan dink julle
Hoe lank nog, hoe lank nog?
Oe Pappa se kinders
Ek wonder
Sal julle My glo as Ek sê
Amper is ons daar
Amper, amper
Sê Daddy-God
Die pad is veel korter vorentoe kinders
As wat alreeds agter lê
Fokus net op vandag
Liefste kinders
Asseblief
‘n Tree op ‘n slag
My liefde vir julle is so groot
So groot sê Daddy-God
Dit is hoekom liefste kinders
Julle My kan bly vertrou
Bly vertrou liefste kinders
Sê Daddy-God
Bly vertrou
Dat Ek by en vir julle is
Julle moenie opgee nie
Asseblief liefste kinders
Hou net aan
Asseblief om die pad van geloof, saam met My te loop
Oe weet julle sê Pappa
Besef julle waarlik
My kinders
Die groot geluk wat op julle wag
Julle besef en weet nie aldag
Sê Pappa-God
Dat die oorwinnaarskroon wag
Vir die wat nie opgee
Liefste kinders
Vra Pappa-God
Asseblief hou aan
Om julle oë op My te hou
As die pad lank en swaar voel
As jy begin wonder maar wanneer?
Kinders dan vra Ek julle
Kyk op!
Kyk op
Kyk op na My julle getroue Hemel-Vader
En weet
Ek sal deurkom vir jou
Liefste kinders
Sê Daddy-God
Dit kan nooit-ooit anders wees
Ek is die getroue God
Hou julle oë net op My
Asseblief liefste kinders
Daai dae wat julle vreugde steel
Kyk op!
Hou julle oë net op My
Kinders
Sê Daddy
Dit is genoeg
Die kere wat julle voel
Rerig?
Kinders sê Pappa
Kyk op!
Ek’s veel groter
Kinders
Veel groter
As dit wat nou teen julle kom
Julle vreugde moet in My lê
Sê Daddy-God
In My, altyd
Dis hoe julle dit bly maak
Ek is veel groter kinders
As dit wat julle vreugde wil steel
Daarom moet julle altyd
My in oog bly hou
Dinge van hierdie wêreld
Sê Abba
Sal altyd probeer
Om teen julle te kom
Oe Pappa se kinders
Vra My asseblief
Gereeld
Daddy hoe om te oorwin?
Ek sal julle leer kinders
Ek sal julle sterk maak
Teen die wêreld
En haar maatjies se aanslae
Ek sal julle wys
Ek sal julle altyd bly leer
Hoe om sterk te bly in My
Hoe om nie in te gee
Die vreugde van hierdie wêreld
Kinders dit is nie konstant
Dit is hoekom Ek altyd veel eerder vra
Kom probeer Myne
Kom liefste kinders
Kom asseblief
Kom vind gerus
Julle vreugde in My
Dis mooi kinders
Dis waarlik-waarlik mooi
Hou net altyd
Aan daarmee
Ek’s by julle liefste kinders
Tot en met die voleinding van die wêreld
Kinders sê Daddy
Ek het beloof
Ek sal altyd by julle wees
Tot en met die einde
Hou net aan glo liefste kinders
Hou net aan glo
Nooit sê Pappa
Nooit aan Sy kinders
Sal Ek julle ooit
In die steek kan laat
Kinders sê Abba
Dis wyse ware woorde
Waarop julle kan staatmaak
Nou en ook altyd
Ek sal julle nooit verlaat nie
Kinders
Ek kan nie
Dit is wie Ek is
So kinders asseblief
Asseblief
Volgende keer as jy begin twyfel
Dink net weer daaraan
Dink daaraan kinders
Sê Pappa
Dat Ek trou is in al My weë
Rein en mooi altyd
Die vreugde sê Daddy
Die ongelooflike groot vreugde
Wat julle My besorg
Wanneer julle aanhou om te glo
Dit bly vir My die mooiste geskenk sê Abba
Die mooiste-mooiste geskenk
Kinders wat aanhou glo
Maak nie saak wat hulle omstandighede sê
Daai vertroue sê Abba
Kinders!
Wat julle in My bly wys
Dit bly vir My die mooiste geskenk
Kinders sê Pappa
Kinders
Dis hoekom Ek wil bly sê
Dankie daarvoor
Dankie dat julle julle diepste hartsgeheime
Met My bly deel
Dankie dat julle die waarde daarvan ontdek het
Dankie dat julle aanhou daarmee
Dit beteken vir My waarlik soveel
Dat julle My nie meer uitsluit
Maar deel maak
Van elke tree wat julle op aarde loop
Dis al wat Ek nog altyd wou hê
Sê Daddy-God
Ek en jy
Een in alles
Dankie Pappa se kinders
Dankie daarvoor
Dit beteken vir My meer
Meer as wat jy ooit sal kan glo
Hou daarmee aan kind
Asseblief
Altyd en altyd
Moet nooit ooit ophou daarmee
Deur die diepste waters
Sal Ek julle veilig lei
Kinders totdat julle saam met My
Op die oewer van oorwinning staan
Hou net aan liefste kinders
Hou net aan
Saam met My julle God
Kan julle, kan julle altyd-deur
Amen.