Etiket: pad+van+geloof

  • Oorwinnaarskroon

    Oorwinnaarskroon

    My hartsgeheimpies
    Is veilig by U
    Pappa ek wil dankie sê
    Dat ek U daarmee kan vertrou

    Pappa
    Daar’s te veel mense wat wonder
    Wonder of U goed is
    Of waarlik-mooi

    Pappa se kinders
    Die van julle wat wil hoor
    Ek gee so baie om
    Dit beteken soveel vir My

    Ek wonder sê Pappa
    Partykeer oor die seer
    Die seer in julle harte
    Wat vir My bly wegkruip

    Kinders van Pappa
    Ek wil julle maar net vra
    Kom gee als vir My
    Ook die seer wat binne wil bly

    Daar’s soveel vryheid
    Liefste kinders
    In deel-met-My
    Ek wens julle wou dit glo, kom probeer

    Oe Pappa se kinders
    Ek wonder
    Ek wonder of julle weet
    Ek gee daaroor om

    Dis te gereeld liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dat julle daaroor wonder of nie weet
    Maar ALS kan julle waarlik met My deel

    Oe Pappa se kinders
    Wonder sê Daddy-God
    Doen julle te veel
    Ek wil hê julle moet waarlik begin weet

    My liefde dogter, seun
    Is so genoeg
    Om julle deur die donkerste
    Valleie op aarde te help

    Dogter, seun
    Sê Daddy-God
    Julle moet net nie opgee
    Julle moet My bly vertrou

    Deur die donkerste waters
    Kind
    Seun, dogter van God
    Sal Ek self by julle wees

    Is dit nie liefste kinders
    Wat My Woord aan julle beloof
    Wees asseblief bly seun, dogter in My
    Wanneer moeilike dae julle pad kruis

    Julle moet altyd toelaat
    Liefste kinders
    Dat julle hart God bly soek
    In die donker dae wat Ek in julle lewens toelaat

    Pappa se kinders
    Asseblief
    Dogter, seun
    Julle moet net sterk wees in My

    Dogter, seun
    Julle sal so sien
    Die toekoms is blink
    Blink vir die wat nie opgee

    Bly in My
    Sê Daddy-God
    Soos wat Ek liefste kinders
    Deur My Seun in julle bly

    Julle moet net aanhou
    Liefste kinders
    Asseblief
    Om die pad saam met Pappa-God te loop

    Julle moenie opgee nie liefste kinders
    Selfs nie eers in die donkerste dae
    Nee asseblief Pappa se kinders
    Hou net stywer vas Pappa se hand

    Moet nooit dink aan laat los nie
    Pappa se kinders
    Moet asseblief nooit
    Dink aan opgee

    Pappa se kinders
    Sê Daddy-God
    Ek weet julle wonder gereeld
    Hoe gaan ek hierdeur kom, hoe gaan die uiteinde lyk?

    Pappa se kinders
    Ek vra julle asseblief
    Hou net aan asseblief
    Om die pad saam met My te loop

    Partykeer raak julle harte seer sê Daddy-God
    Dit gebeur gereeld
    Kinders Ek sal deur My liefde
    Als bly genees

    Bly net naby My sê Daddy-God
    Bly net naby My
    Kinders sê Daddy-God
    Net nie opgee

    Partykeer sê Daddy
    Voel die pad so swaar
    En dan dink julle
    Hoe lank nog, hoe lank nog?

    Oe Pappa se kinders
    Ek wonder
    Sal julle My glo as Ek sê
    Amper is ons daar

    Amper, amper
    Sê Daddy-God
    Die pad is veel korter vorentoe kinders
    As wat alreeds agter lê

    Fokus net op vandag
    Liefste kinders
    Asseblief
    ‘n Tree op ‘n slag

    My liefde vir julle is so groot
    So groot sê Daddy-God
    Dit is hoekom liefste kinders
    Julle My kan bly vertrou

    Bly vertrou liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Bly vertrou
    Dat Ek by en vir julle is

    Julle moenie opgee nie
    Asseblief liefste kinders
    Hou net aan
    Asseblief om die pad van geloof, saam met My te loop

    Oe weet julle sê Pappa
    Besef julle waarlik
    My kinders
    Die groot geluk wat op julle wag

    Julle besef en weet nie aldag
    Sê Pappa-God
    Dat die oorwinnaarskroon wag
    Vir die wat nie opgee

    Liefste kinders
    Vra Pappa-God
    Asseblief hou aan
    Om julle oë op My te hou

    As die pad lank en swaar voel
    As jy begin wonder maar wanneer?
    Kinders dan vra Ek julle
    Kyk op!

    Kyk op
    Kyk op na My julle getroue Hemel-Vader
    En weet
    Ek sal deurkom vir jou

    Liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Dit kan nooit-ooit anders wees
    Ek is die getroue God

    Hou julle oë net op My
    Asseblief liefste kinders
    Daai dae wat julle vreugde steel
    Kyk op!

    Hou julle oë net op My
    Kinders
    Sê Daddy
    Dit is genoeg

    Die kere wat julle voel
    Rerig?
    Kinders sê Pappa
    Kyk op!

    Ek’s veel groter
    Kinders
    Veel groter
    As dit wat nou teen julle kom

    Julle vreugde moet in My lê
    Sê Daddy-God
    In My, altyd
    Dis hoe julle dit bly maak

    Ek is veel groter kinders
    As dit wat julle vreugde wil steel
    Daarom moet julle altyd
    My in oog bly hou

    Dinge van hierdie wêreld
    Sê Abba
    Sal altyd probeer
    Om teen julle te kom

    Oe Pappa se kinders
    Vra My asseblief
    Gereeld
    Daddy hoe om te oorwin?

    Ek sal julle leer kinders
    Ek sal julle sterk maak
    Teen die wêreld
    En haar maatjies se aanslae

    Ek sal julle wys
    Ek sal julle altyd bly leer
    Hoe om sterk te bly in My
    Hoe om nie in te gee

    Die vreugde van hierdie wêreld
    Kinders dit is nie konstant
    Dit is hoekom Ek altyd veel eerder vra
    Kom probeer Myne

    Kom liefste kinders
    Kom asseblief
    Kom vind gerus
    Julle vreugde in My

    Dis mooi kinders
    Dis waarlik-waarlik mooi
    Hou net altyd
    Aan daarmee

    Ek’s by julle liefste kinders
    Tot en met die voleinding van die wêreld
    Kinders sê Daddy
    Ek het beloof

    Ek sal altyd by julle wees
    Tot en met die einde
    Hou net aan glo liefste kinders
    Hou net aan glo

    Nooit sê Pappa
    Nooit aan Sy kinders
    Sal Ek julle ooit
    In die steek kan laat

    Kinders sê Abba
    Dis wyse ware woorde
    Waarop julle kan staatmaak
    Nou en ook altyd

    Ek sal julle nooit verlaat nie
    Kinders
    Ek kan nie
    Dit is wie Ek is

    So kinders asseblief
    Asseblief
    Volgende keer as jy begin twyfel
    Dink net weer daaraan

    Dink daaraan kinders
    Sê Pappa
    Dat Ek trou is in al My weë
    Rein en mooi altyd

    Die vreugde sê Daddy
    Die ongelooflike groot vreugde
    Wat julle My besorg
    Wanneer julle aanhou om te glo

    Dit bly vir My die mooiste geskenk sê Abba
    Die mooiste-mooiste geskenk
    Kinders wat aanhou glo
    Maak nie saak wat hulle omstandighede sê

    Daai vertroue sê Abba
    Kinders!
    Wat julle in My bly wys
    Dit bly vir My die mooiste geskenk

    Kinders sê Pappa
    Kinders
    Dis hoekom Ek wil bly sê
    Dankie daarvoor

    Dankie dat julle julle diepste hartsgeheime
    Met My bly deel
    Dankie dat julle die waarde daarvan ontdek het
    Dankie dat julle aanhou daarmee

    Dit beteken vir My waarlik soveel
    Dat julle My nie meer uitsluit
    Maar deel maak
    Van elke tree wat julle op aarde loop

    Dis al wat Ek nog altyd wou hê
    Sê Daddy-God
    Ek en jy
    Een in alles

    Dankie Pappa se kinders
    Dankie daarvoor
    Dit beteken vir My meer
    Meer as wat jy ooit sal kan glo

    Hou daarmee aan kind
    Asseblief
    Altyd en altyd
    Moet nooit ooit ophou daarmee

    Deur die diepste waters
    Sal Ek julle veilig lei
    Kinders totdat julle saam met My
    Op die oewer van oorwinning staan

    Hou net aan liefste kinders
    Hou net aan
    Saam met My julle God
    Kan julle, kan julle altyd-deur

    Amen.

  • Een groot avontuur!

    Die mooiste lesse
    Kon ek al leer
    Dat Jesus getrou is
    Selfs al is Sy tyd nie myne

    (meer…)

  • Deurdra-God

    Wanneer jou hart seer is
    En jy voel
    Moed-verloor
    Hou vas, hou vas, hou vas

    (meer…)

  • My lewensliedjie

    Glorie aan U Naam alleen Amen
    Dit wil ek altyd sing
    U is goed Abba
    En sooo wonderlik

    (meer…)

  • Oorgegee

    Ek bring U my hart Koning Jesus
    En Ek vra U
    Om nog meer van U waarheid
    Daarop te skryf

    (meer…)

  • Pad van Geloof

    Lewe en Lag
    Liefde en Blydskap
    Dit is wat julle
    In My en My weë sal vind

    (meer…)