Wanneer jou hart seer is
En jy voel
Moed-verloor
Hou vas, hou vas, hou vas
Ons Koning en God
Is die ewige Ek Is
En deur elke storm in hierdie lewe
Sal Hy jou bly dra
Hy is nie vêr
Hy is altyd naby
Kom ons hou ons oë op Hom
Die Een wat ons bly deurdra
Nooit hoef ons
Moed te verloor
Ons Koning en Rots
Hy is altyd in beheer
As ons harte seerkry
As ons verkeerde keuses maak
Hy is daar
Hy sal ons genees
Kom ons vestig
Ons oë op Hom
Die Ewige Rots
Die Een wat altyd maar altyd is
Nooit sal Hy ons verlaat
Altyd gee Hy om
Dit sal ek bly glo
Dit is hoe dit is
Amen.