Skaduwees

Met liefde sag
Roep U my altyd nader
Vertel my so gereeld dat U lief is vir my
En dat ek nooit bang hoef te wees

Daddy partykeer
Kom die vrese van die wêreld
Om ons te pak en moedeloos te maak
Maar U sê so gereeld Ek is groter as elke een

Kinders sê Pappa
Julle van die wêreld ook
Julle hoef nie bang, bevrees of vol angs te wees
As Ek die God van die wêreld Koning oor alles is

Kinders Ek weet sê Pappa
Dit raak partymaal donker in hierdie wêreld van julle
Julle het seer en swaar
Julle weet nie aldag waarheen

Kinders Pappa wil julle net vra
Om altyd te onthou
Dat Ek in die storm so naby is
En dat julle in die vallei nooit alleen is

Pappa se kinders
Die van die wêreld ook
Julle moet asseblief julle harte gerusstel
Met die woorde wat julle in Psalm 23 raak lees

God se kinders
Myne
Ek sal altyd-altyd naby wees
Selfs al gaan julle deur dale van dood-skaduwees

Ek weet sê Pappa-God
Dat dit gereeld gebeur
Kinders wat bly glo
Tot als donker raak

Kinders van Abba
Sê Hy
Dis in die donkerste valleie
Wat julle My hand vas moet hou

God se kinders
Sê Pappa
Dit gebeur gereeld
Dat julle hoop verloor as julle na als om julle kyk

Kinders Ek wil julle asseblief vra
Kyk veel eerder boontoe
Na My sê Pappa-God
En kyk hoe Ek die onmoontlike moontlik maak

Dit gebeur ook gereeld
Sê Abba-God
Dat julle geloof en moed verloor
As Ek nie naby is

Kinders julle moet asseblief altyd weet
Ek het woorde van hoop nodig
Woorde wat sal sê
God ek glo U

God se kinders, asseblief
Altyd-altyd sê Pappa is Ek naby
Sal julle asseblief ook julle deel doen
En nader aan My groei?

Pappa se kinders
Myne
Dis altyd wat Ek nodig het
Om julle geloof en hoop te laat groei

Kinders van Pappa
Asseblief julle moet hoor
Ek glo in God
Moet op julle lippe wees

Daar is heelwat van julle
Sê Pappa-God
Wat altyd so gereed is om My hand te los
Wanneer moeilike tye aan julle deur kom klop

Kinders van Pappa-God
Sê Hy
Hoekom vra Hy
Wil julle altyd dan My hand los

Kinders van Abba-God
Ek vra julle sê Hy
Laat toe dat julle geloof in My groei
Laat toe dat Ek ook dan julle hande stywer hou

Daar’s te veel van My kinders
Sê Pappa-God
Wat My hande los sodra tawwe tye aanbreek
Hoekom is dit so?

Glo julle nie meer gereeld
Sê Abba-God
Dat Ek groter is, dat Ek als kan doen
En dis dalk wat Ek jou in hierdie stormtyd van die lewe kan leer

Oe kinders Ek glo in julle
Sê Pappa
Ek glo in julle
Ek weet ons kan saam die mooiste lesse leer

Ek glo in julle sê Abba-God
Veral julle My kinders
Wat in diep, donker dae
Julle oë op My bly hou

Ek weet nie of julle weet
Sê Abba-God
Maar dis hoe Ek julle deurtrek kinders
Deur julle wat julle oë op My bly hou

Kinders altyd sê Pappa
Altyd sal Ek daar wees om julle deur te trek
As julle net sal aanhou om te glo
En sal aanhou om julle oë op My te hou

Kinders, kinders van Abba-Vader
Hou julle oë op My
In die storm kind
Net op My

Liefste wêreld
Julle wat nog nie soos My kinders in My glo
Ek weet nie hoe julle deur die storms kom
Maar Ek wil vra kyk asseblief ook na My

Liefste kinders
Kinders van die wêreld
God gee om oor julle seer
Sal julle dit asseblief begin glo?

Ja sê Abba-God
Van soveel seer in julle harte
Tot julle sorge in bottels van wyn verdrink
Tot ek glo nie daar is ‘n God

Daar is baie dinge sê Abba-Vader
In hierdie wêreld
Waarop mense
Hulle hoop sonder My bou

Kinders Ek wil julle net kom vra
Asseblief
Glo in God
Glo … dat Hy waarlik omgee vir jou

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment