Wie is die een
Wat ons in die donkerste nag kan bly vertrou?
Kind van God ek wonder
Weet jy wie dit is?
So baie kere dink ek
Wat ons dit te gou bely
En dan wanneer die storms kom
Dan wonder ons hieroor
Pappa se kinders
Kinders van Abba-God
Ons moet veel eerder sterker word
In dit wat Pappa van ons wil hê
Hy wil hê liefste kinders
Dat ons sal weet
Dis Hy wat in die vallei saam met ons stap
En ons hand bly vashou
Hoe wonderlik is dit om te weet
Hierdie Pappa-God van ons
Hy is waarlik wonderlik
En Hy is by ons elke tree
Pappa-God se kinders
Ons moet dit altyd-altyd onthou
Nooit is dit vir ons nodig
Om ooit ‘n donker nag te vrees
Dis omdat liewe boetie en sussie in Jesus
Ons nooit eintlik alleen is
Pappa-God is altyd daar
Gereed om die donker nag vir ons op te helder
Pappa-God, Abba
Ek weet nie hoe dit is
Ek weet nie hoe dit werk
Maar U gee altyd om
Hoe goud is dit vir ons
Om te weet
Ons God gee om
En dis Hy wie by ons is
Pappa-God se kinders
Pappa-God se kinders
Ons God is groot
Hy is te wonderlik!
Daar is te min mense
Wat Hom vertrou in die donker dae
Daar is te veel mense
Wat dan veral hulle eie plannetjies maak
Pappa-God se kinders
My kinders
Hoekom is dit so?
Pappa wil graag weet
Liefste kinders
Pappa se kinders
Kinders van My hart
Julle moet dan veral sterk in geloof staan
Oe Pappa se kinders
My kinders
Ek wil vir julle die Rooi See kloof
Ek wil hê julle moet op droë grond kan deurloop
Ja liefste kinders, ja
Ek weet dat situasies van die lewe
Dikwels julle geloof steel
Ek weet dis dan moeilik om julle oë op My te hou
Kinders asseblief
Ek wil hê julle moet verstaan
In donker dae veral
Moet julle My die heelmeeste vertrou
Ja liefste Pappa se kinders
Ek weet dis dan swaar
Maar julle moet geloof behou
En na My bly kyk
Ja liefste kinders
Pappa se kinders
Geloof is swaar
Wanneer julle nie julle oë op My bly hou
Pappa se kinders, Pappa se kinders
Ek wil julle wys
Ek wil julle leer
Om geloof te behou
Ja liefste Pappa se kinders
Julle moet My kan vertrou
Vir die donker dae
Wat nog voorlê
Liefste kinders
As julle geloof nie nou gelouter en getoets word nie
Sê My
Hoe sou dit op die einde standhou?
Pappa se kinders
Ek is altyd besig
Altyd besig
Om julle die mooiste lesse van My trou te leer
Pappa se kinders
Pappa se kinders
Kan julle verstaan
Wat Ek van julle vra?
Ek gee so baie om sê Pappa
Om julle die mooiste lesse te leer
Om julle standvastig in My te kry
Die dat Ek toetse toelaat
Pappa se kinders
So baie dankie
Dat julle in tawwe tye
Bly opkyk, bly vashou
Kinders van Pappa se hart
Julle maak My so so trots
So trots om julle My hart te leer
So trots om te weet dat julle My ken
Ja daar is heelwat sê Pappa
Heelwat mense wat dink dat hulle vasstaan
Dat hulle vertrou
Tog as toetse kom is hulle die eerstes wat val
Pappa sê liefste-liefste kinders
Sal julle My asseblief toelaat
Om julle mooier te leer
Om julle geloof dieper vas te maak
Ja sê Daddy, Pappa-God
My liefste-liefste kinders
Ek wil hê julle geloof moet geanker wees
Ek wil hê niks moet dit kan laat wegbeweeg
Ja Pappa-God se kinders
Rotsvas sê Hy
Rotsvas en geanker in My
Die ewige altyd Rots
Niks maar niks
Sê Pappa
Moet julle kan laat wegbeweeg
Vertrou My
Laat toe dat julle geloof groei kinders
Laat toe dat dit sterk word in My
Laat toe dat Ek julle die mooiste lesse leer
Laat toe dat Ek julle leer presies hoe getrou Ek is
Amen.