Kristalwater

Kind kan ons asseblief oor-begin
Wil Pappa-God graag weet
Pappa se kind, My kind
Ek praat met jou die verlore een

Daar is baie van My kinders
Sê Abba-God
Wat hierdie aarde bewandel
Maar My nie as hulle Pappa wil leer ken

Kinders sê Daddy
Julle verlorenes
Die wat My nog nie in hulle harte het
Sal julle My asseblief nader nooi

Kinders van Pappa-God
Ja die van julle wat nogsteeds
‘n Plekkie in My hart het
Al wil julle My nie ken

Kom asseblief
Gerus
Nader aan My
Dis wat julle Pappa in die hemel vra

Ek weet sê Pappa-God
Dat baie van My kinders wat op aarde wandel
My nie wil leer ken
Omdat hulle verkeerd oor My bly glo

Ja sê ons liefste Pappa-God
Kinders julle wat so gereeld
Julle rug op My draai
Weet asseblief dat Ek jou nogsteeds ewig liefhet

Ja sê ons liefste Pappa-God
Aan Sy verlore kinders
Ek wens My liefde was genoeg
Om julle terug te bring na My

Liefste Abba se kinders
Julle wat My nie wil ken
My hart breek gereeld
Oor dat julle nie die waarheid omtrent My wil vind

Julle gaan so gereeld op hoorsê
Op dit wat ander mense van My sê
Hoekom is dit dat julle nie self kom vind
Hoekom is dit dat julle bly nee sê?

Oe God se kinders
Sê Pappa-God
Julle wat verlore is
Asseblief kom klop aan My hart

Kom vind net ‘n bietjie uit
Sê Pappa-God
Of die dinge wat Ek vir julle sê
Of dit nie dalk die waarheid is

Kinders julle is so, so gereeld
Verkeerd oor My
En julle Daddy in die hemel
Ek wil dit baie graag nie meer so hê

Nee My liefste kinders
Pappa-God soek soveel meer
Soveel meer van jou
Daar is soveel wat ons saam kan hê

God se kinders
Die verlorenes
Die wat nie wil ja sê
Sal julle nie maar naderkom?

Dis tyd sê Abba-God
Ons liefste God in die hemel
Dat julle die waarheid oor My kom vind
Dat julle ja sê vir die ware God

Ja sê ons liefste Abba-God
Julle is verkeerd
Julle is verkeerd oor My sê Abba-God
Ek is nie wie julle sê Ek is

Kinders van die wêreld
Sê Abba-God
Julle is verkeerd
Julle is besig om in al die leuenstories van My te verdwaal

Kinders asseblief
Kom vind die waarheid oor My
Kom vind wie Ek waarlik is
Nie net wat die wêreld sê

Julle glo so verkeerd
Wanneer julle die wêreld se leuens oor My glo
Julle gaan My nooit ooit so vind kinders
Asseblief sê Pappa kom vind My

Begin ‘n bietjie vir ‘n slag
Sê Daddy-God
Om die mooi oor My te glo
Begin glo dat dit nie net oordrywing is

Nee liefste kinders
Nee sê Pappa-God vir die wêreld se mense
Wat nie in Hom wil glo
Julle glo verkeerd oor My

Pappa-God sê kinders
Ek is beautiful vêr verby
Ek is die mooiste een
Wat daar ooit kan wees

Kinders van die wêreld
Sê Pappa-God
Luister asseblief
Kom nader aan My

Kom vind die waarheid oor My
Sê Abba-God
Moenie net elke dag
Aan die leuen wil vashou

Daddy se kinders
Julle wat nie glo
Kom vind asseblief uit
Hoe beautiful Ek inderwaarheid is

So mooi kinders, so mooi
Sê Pappa-God
Oor en oor en oor sal julle bly sê
Ons het nooit geweet

Dis tyd dat julle vir die regte mense begin luister
Sê Abba-God
Die wat My liefhet
Die wat die waarheid praat

Oe kinders sê Pappa-God
Die bronne, die bronne wat julle die leuens oor My bly voer
Julle moet begin nee dankie sê
Dis soos fonteine modderwater

Oe die kristal-water van My waarheid
Kinders dis tyd dat julle by hulle fontein kom aandoen
Hulle is so mooi, hulle is so skoon
Hulle is so rein

Julle moet net begin dink aan die feit
Sê Abba-God
Dat Ek sonder sonde is
Dat Ek nie verkeerd kan doen

Ek is die mooiste God wat daar ooit kan wees
Liefste kinders
Asseblief luister na My sê Abba-God
Daar gaan nie na My nog een wees

Nee liefste kinders, nee
Sê Pappa-God
Van die begin tot einde
Bly Ek die ewige een

Is dit nie dalk tyd sê Abba-God
Dat jy hand in boesem steek
En self die waarheid omtrent My
Begin navors

Ja-nee sê Abba-God
Ja-nee kinders
Dis tyd dat julle dit begin doen
Dis tyd dat julle My waarlik vind

En kinders kan Ek vra
Ja kinders julle wat verlore is
Hou op om bevooroordelend te wees
Begin al die opsies oorweeg

Wat as sê Pappa-God
Wat as
Dis iets wat julle gereeld sê
Wat as dit wat Ek nou vir julle sê, wat as dit die waarheid is?

Oe kinders sê Pappa-God
Verlore kinders van My hart
Julle moet die opsie oorweeg
Wat as, julle verkeerd is?

Kinders die ewigheid in die hel
Kinders dis ‘n te duur prys om te betaal
Veral as ‘n mens dink
Ek het die prys reeds met My Seun se lewe betaal

Oe kinders sê Abba-God
Oe kinders
Dis nou tyd om seker te maak
Daar’s nie tyd wanneer jy jou oë vir goed toemaak

Nee liefste kinders, nee
Dan gaan dit vir goed
Vir altyd te laat wees
Glo My julle wil dit nie hê

So gereeld sê Abba-God, so gereeld
Elke dag wat mense in die hel bly inval
En bly sê hoekom maar
Hoekom het ek nie seker gemaak

Kinders sê Pappa-God
Julle verstaan nie maar Ek is besig
Om die mense in die hel se bede te beantwoord
Wanneer Ek hierdie briefies van waarskuwing vir julle stuur

Oor en oor sê Pappa
Wat hulle bly skreeu
Asseblief waarsku hulle
Waarsku die mense wat nie in God wil glo

Liefste kinders
Hulle wil so toesien
Dat nie ook julle na die plek gaan
Waar hulle alreeds is

Die plek van pyniging
Pappa-God se kinders, die verlorenes
Dit is wat die hel
Nou alreeds vir soveel mense is

Ek weet sê Pappa-God
Dat julle dikwels vra
Hoe kon ‘n God van liefde so plek maak
En dan nog boonop mense daarnatoe stuur

Kinders, liefste kinders
Sê Pappa-God
Na die sondeval was dit die plek waarnatoe julle moes gaan
Maar Ek kon dit nie oor My hart kry

Toe stuur Ek Satan en sy demone daarna
En gaan met hulle ‘n ooreenkoms aan
Ja sê Pappa-God Ek het gesê dat Ek ‘n plan sou maak
Om julle weer julle vryheid te gee

Kinders sê Pappa-God
My kinders
Julle moet verstaan
Dat Ek altyd by julle is

Julle is die prys werd
Sê Daddy-God
Die prys wat Ek en My Seun moes betaal
Sodat julle weer vry kon wees

Ek is die deur
Sê Pappa-God se Seun
Ek is die deur
Uit die hel se tronk

Kinders die mens het gesondig
Daarom het hy die dood verdien
Net soos Satan en sy demone
Toe hulle vir die sonde ja sê

Sonde se prys
Was nog altyd die dood
Kinders dis wat die Bybel sê
Gaan lees dit gerus

Kinders van die begin
Sê Pappa-God
Moes iets of iemand vir sonde betaal
Dit is hoe dit is, was en altyd sal wees

In die begin sê Pappa-God
In die Tuin van Eden
Het Ek die eerste lammetjie geslag
Wat vir Adam en Eva se sonde moes betaal

Kinders sien julle sê Pappa-God
Regdeur die Ou Testament sal julle dit bly lees
Die offers wat My volk moes betaal
Om rein en skoon voor My te kon staan

Kinders sien julle sê Pappa-God
Sien julle Ek het nog nooit My rug op julle gedraai
Van voor die begin van die wêreld
Het Ek ‘n plan gehad om sonde les te laat opsê

Pappa se kinders
My liefste-liefste kinders
Verlorenes
Die wat nog nie hulle plekkie in My hart volstaan

Sien julle, sien julle
Dat Ek hierdie wêreld nooit sou formeer
Nooit sou geskep het as Ek nie geweet het
Dat Ek julle ‘n regverdige kans gee

Die Ou Testament bly getuig
Sê Pappa-God
Van die volmaakte Lam, Jesus wat sou kom
Dit is hoekom daar nie meer of nog offers vir sonde is

Die volmaakte prys is betaal
Kinders van Pappa-God
Almal wat glo en die nog nie
Toe die volmaakte Lam aan die kruis van Golgota hang

Kinders sê Pappa-God
Almal van julle
Almal wat altyd soveel vrae en onsekerhede
Oor die ewigheid, hemel en hel het

Kinders sê Pappa-God
Die hel moes nog van altyd af bestaan
Sodat almal wat ooit sou asemhaal
‘n Keuse tussen lewe en dood sou hê

Kinders Ek is die Lewe
Sê Pappa-God
Ek en die hemel
Dit is hoe dit is

Maar kinders daar is ook ‘n ander opsie
Julle kan die dood kies as julle dit sou wil hê
Selfs al breek dit My hart
Selfs al is dit nie iets wat Ek ooit wil hê moet gebeur

Liefste liefste kinders
Die dood wat mense kies
Dit is die plek van hel
Want dit is wat dood is, die hel

Kinders dis nooit-nooit Ek
Wat mense hel toe stuur nie
As julle dit glo, glo julle so verkeerd
Ek is die Een wat vir almal lewe wil hê

Dis hoekom sê Pappa-God
Ek altyd, oor en oor sê
Kies die Lewe
Sodat jy kan lewe

Van die begin sê Daddy-God
Was daar nog altyd ‘n keuse
Lewe of dood
Kind jy kies

Oe Ek wens
Ek wens dit was nie nodig vir mense
Om ja te sê vir die hel en nee vir My
Maar dan sou die mensdom nie ‘n vrye keuse hê

En Ek dink sê Abba-God
Ek vermoed dit baie sterk
Dat julle dit nog baie meer teen My sou hou
Die verwyte van hoekom kon ek nie ‘n keuse hê

Kinders Ek weet sê Pappa-God
Ek weet dat dit nie vir julle almal
Maklik is om aan te hoor
Maar tog is dit die waarheid en Ek vra jou om te hoor

Besef julle al sê Pappa-God
Besef julle met hierdie stukkie
Dat Ek nie uithou op jou
En dat daar ‘n rede is hoekom Ek vra

Kinders Ek vra
Ek vra julle om My beter te leer ken
Omdat Ek julle welstand op My hande dra
Dit is mos maar wat ware liefde is

Ware liefde is altyd
Om meer om te gee oor die ander een
As wat jy omgee oor jouself
Kinders dis maar al wat Ek besig is om nou te doen

Kinders Ek vra julle asseblief weer
Julle wat so, so verlore in hierdie wêreld is
Begin glo daar is ‘n God
Begin glo dis Hy wat nou met jou praat

Ja Ek roep julle sê Abba-God
Julle mense wat sê dat julle nie glo
Ateïste
Kom sien julle is verkeerd

Julle glo verkeerd
Sê Daddy-God
So so verkeerd
En dis tyd dat julle dit sien

Oe kinders sê Pappa-God
Oe kinders
Julle moenie meer toelaat
Dat Satan julle sinne met leuens oor My verblind

Julle sien verkeerd
Julle glo verkeerd oor My
Ek wil vra dat dit nie meer so sal wees
Nee liefste kinders asseblief, kom vind eerder die LEWE waarvan Ek praat

Ek is die Lewe kinders
Waarvan die hemel praat
Dis Ek wat daarbinne woon
Dit is My huis

Kinders die uitnodiging
Was nog altyd daar
Van die begin sê Pappa-God
Van die begin wat dit reeds staan

Julle het die eerste keer nee gesê
Toe sonde aan julle deur kom klop
Nou wil julle weer nee sê
Deur Jesus Christus nie te aanvaar?

Oe kinders Ek weet nie
Ek verstaan nie
Hoe kan julle die donker so bly liefhê
Bo die liefde wat God vir julle het

Ek het My liefde bewys
Sê Abba-God
Aan die kruishout van Golgota
Toe My Seun, wie Ek is, aan ‘n kruishout hang

Julle verstaan so, so verkeerd
Julle glo Ek stuur mense hel toe wat nie in Jesus glo
Hoekom glo julle nie eerder
Dis julle sonde wat julle bo My bly stel

Julle is so verkeerd
Doerie-tyd sê Pappa-God
Het julle aan die verkeerde boom se vrugte geeët
Nou nog wat julle dit doen en My daarvoor blameer

Ja-nee sê Pappa-God
Tot vandag kinders
Wat Ek die God van hemel en aarde
Die prys moet betaal van die sonde se seer

Ek is nie sonde nie
Ek is nie seer nie
Sê die Heer
Ek kinders is die LEWE

Gaan lees bietjie kinders
Gaan lees bietjie
Die effekte wat lewe-kies
Op jou, jou kinders en nageslag sal hê

Oe kinders sê Pappa-God
Dit is nie te laat
Vandag is ‘n pragtige nuwe begin
Vir elkeen wat sal sê ja

Ek gee om sê Daddy-God
Ek gee om oor elke liewe mens se siel
Dit is hoekom Ek deur al die eeue heen
Bly vra

Bly vra wie sal My kies bo-oor sonde
Wie sal My offer van genade en liefde aanneem
Wie sal ja sê vir Christus
Wie sal nee sê vir al die verkeerd

Kinders, kinders sê Pappa-God
Vandag is ‘n splinternuwe begin
Vir elkeen wat dit sal aanneem
Asseblief moenie die offer van die tafel afstoot

Kinders, kinders sê Pappa-God
Julle verstaan nie wat julle wegwys
As julle vir My en die Lewe bly nee sê
Julle het net g’n idee

Begin nader beweeg kinders
Nader en nader en nader
Sodat julle die hele volle waarheid kan sien
Nie net ‘n gedeelte daarvan

Kinders Ek het julle lief
Sê Pappa-God
Dit is hoekom Ek aanhou vra
Julle moet nader kom aan My

Begin nee sê vir die leuens van die wêreld
Begin My glo
Meer en meer
Dit is wat Ek vra

Kinders daar is ‘n begin
En ‘n einde aan My genade
Ek wil hê jy moet dit weet
Dinge gaan nie vir altyd so aangaan

Daar gaan ‘n tyd kom
Liewe kinders, verlorenes
Dat die Ark van Genade
Se deur gaan toeslaan

Ja liefste kinders
En net soos met die tyd van Noag
Gaan dit vir vele
Te laat wees

Spyt kom altyd te laat sê Abba
Altyd te laat
Hy is ‘n baie goeie ding, hy kom net te laat
Kinders is dit nie wat julle altyd sê

Oe kinders van God
Sê Abba-God
Ek vra jou moenie toelaat kind
Dat spyt te laat by jou huis arriveer

Begin eerder om jou huis
Vandag op die Rots Jesus te bou
Begin eerder om Hom vandag
Meer en meer in te nooi

In jou hart en lewe in
Laat Hom toe om jou alles te wees
Om jou alles te word
Dit is die mooiste ding wat jy ooit kan doen

Liefste, liefste kinders sê Pappa-God
Ek vra julle weer
Veral julle sê Daddy-God
Wat konstant met iets in julle hart teenoor My sit

Begin My vergewe
Begin My vryspreek
Van dit wat tussen ons lê
Van dit wat jy nie kan vergeet

Jy sal vind sê Abba-God
Soos wat jy My beter leer ken
Ek was nooit te blameer daarvoor
Nie als is soos die wêreld sê

Ek het nou genoeg gesê
Sê Abba-God
Genoeg, genoeg vir een dag
Jy het genoeg om aan te dink, om op te weeg

Dankie kind
Dat jy jou Pa in die hemel se hart hoor
Dat jy inneem
Wat Ek hier en nou vir jou sê

Eendag gaan jy so baie dankie sê kind
Selfs al maak dit vir ‘n oomblik seer
Sal jy self sien en erken op die dag wat jy terugkyk
God het geweet

God weet altyd kind
Pappa weet wat Hy doen
Hy is altyd-altyd in beheer
Hy wat ewig God en Koning is

Op ‘n dag gaan jy so bly wees
So dankbaar jy het ja gesê
Die dag waarop jy sal kan erken
Ek weet nou wie God is

Ek het Hom gesoek
En gevind
Dit sal jou woorde wees seun, dogter
Jy wat nou hier lees en met alles in jou sê ja

Ja kind
Die waarde van die woorde wat jy hier lees
Dis ewig, dis mooi
Dis gestuur om jou te help om My te vind

Kind begin net om na te spoor
Die mooi in My hart
Jy sal vind
Soos wat jy bly soek

Bly soek kind, bly soek
Totdat jy vind
Seun, dogter
Moenie moeg-raak

Die pad van
Ontdek-My-hart
Ontdek wie Ek is
Kind dis altyd mooi

Moenie ophou kind
Soek
Soek
En jy, sal vind

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment