Etiket: soek+vind+God

  • Nooit sal God enige iemand wegwys!

    Ek wil graag die volgende met julle deel, diamantjies wat my hart bekruip het een Stiltetyd oggend.

    Daar is ‘n skat in WARE SOEK, dit is WARE VIND.

    Dit geskryf het ek aan die volgende begin dink…

    • Geen soek lewer geen resultate = Koud
    • Half-hartige soek lewer net halwe resultate = Lou
    • Heelhartige soek lewer volle resultate = ‘n Hart aan die brand

    Daar is mos ‘n vers in die Bybel wat sê … was jy maar eerder warm of koud maar nou omdat jy lou is moet Ek jou uitspoeg (Openbaring 3 vers 16).

    In my verstaan het iets ewe skielik begin kliek … ons sal nooit die volle amazingness wat moontlik is in verhouding met God kan vind as ons nie heelhartig daarna soek nie. Halfhartig en lou-wees werk mos nooit lekker vir lang-termyn nie. Dit behou mens se aandag net totdat iets wat meer aanloklik vertoon verby geflikflooi kom.

    Julle ek hoop hierdie woorde, net soos vir my, spoor julle aan om daagliks die dieper dinge in God te wil ontdek.

    Daar is eindelose wonderskone horisonne in ons God se hart. Hulle vra sal julle ons wandelpadjies saam met die Koning der konings kom bewandel?

    Met my hele hart glo ek, ons het nog net die bodem aangeraak. Daar is grond in God wat nog omgedolwe moet word. Vars rou diamante wat hierdie huidige generasie uitnooi. Gaan ons dit ontgin of gaan ons sê ag nee wat, los dit maar vir die volgende geslag.

    Ek wil beslis sê nee … Ons sal hierdie offer nie deur ons vingers laat glip nie. Ons sal aanmeld en aanteken vir die wonderskone God elke dag meer ontdek en die wonders van Sy hart met die wêreld deel! 

    Ai julle dis die warmste mooiste uitnodiging.

    Kom ons sê ja. Nie uit vrees maar betowering. Dit is wat Jesus se Hy-het-dit-nie-verdien maar vir-ons-het-Hy-dit-gedoen Golgota-prys regkry. Nie?

    Tonne liefde en baie mooi bly tot ons weer gesels! x

    Hierdie blog is ook gepubliseer op https://voelgoed.co.za/blogs/.
    Gaan loer gerus in, dis volop inspirasie!
  • Blye versekering

    Aan die begin van my verhouding-bou met God het ek regtig gewonder of Hy my sien, of Hy omgee dat ek elke dag tyd uitkerf om saam met Hom te spandeer. Wou Hy regtig hê ek, gewone ek, moet Hom, die Koning van die Heelal, beter leer ken?

    Hy het so verskriklik vêr gevoel en ek so klein soos ‘n miertjie teen Sy grootheid. Was Hy werklik aangeraak deur my en my nader-tot-God-treë? Ja, nou ken ek Hom en Sy Woord veel beter maar daardie jare was ek nat agter die ore, ‘n ware groentjie in die geloof of ‘n pad saam met Jesus bewandel.

    Dalk kan jy jouself vandag met my destydse penarie vereenselwig. Dalk maak dit vir jou ‘n bietjie sin. Dalk sit jy ook vandag op dieselfde denkbeeldige stoel waarop ek daai tyd gesit het. Jy wonder gaan tyd maak vir God waarlik vrugte afwerp?

    ‘n Mens wonder daaroor né want daar is geen flikkerende vuurwerke wat in ekstase begin rondspring of engele wat ‘n koninklike rooi tapyt in verwelkoming voor jou uitrol soos jy die deur vir Stiltetyd agter jou toemaak nie. Wel, blinkoog bekyk hulle die okkasie seker beslis … ons is net nie fisies van hulle bewus. 😉

    Vandag wil ek jou kom bemoedig met dié woorde. Glo. Dit is regtig ‘n saak van geloof. Om tot God te nader. Hou aan en moenie stop. Kort voor lank sal jy smaak die ongelooflike ontmoetings van God se treë soos Hy ook tot jou begin nader. Nes die versie in die Bybel sê:

    Nader tot God en Hy sal tot julle nader.

    Jakobus 4:8

    Sien, dis my storie. My presiese storie. Ek het Hom begin soek, deur Sy groot wonderlike genade alleen, en het ek gevind! Wow, sjoe, jô … ek kan vir jou beloof. Te veel stories daarbuite bevestig ook presies wat ek nou hier met julle deel. Sou my woord nie genoeg vir jou wees. 😉 (Gaan Youtube CBN Testimonies)

    Ek weet boetie en sussie dis dikwels so, so moeilik om deur te druk, om te glo totdat jy ervaar maar ek wil hê jy moet vandag hoor, met die diepste plekkie van jou hart se ore … God sien. Hy sien, sien, sien jou soeke na Hom en Hy sal jou beloon.

    Moenie opgee nie. As jy partymaal faal as gevolg van watter rede ookal. Weet en onthou … God vergewe en Hy wil jou so graag naby, teenaan Hom en Sy praghart hê. Ek wens jy kon sien wat ek vandag weet, span jou geloofsoë in toe … Jesus self wat jou aancheer … “Kom kind, kom, nog ‘n entjie nader, kom, kom kyk wat is vir jou voorberei. Jy kan, jy kan!” met die grootste afwagting op Sy gelaat.

    As jy ‘n dag mis, as jy tien dae mis … om by Jesus uit te kom. Klim net weer op die ‘fiets van verhouding-bou’ en trap aan. Hou aan, hou aan, hou aan. Dit is die woorde wat suksesvolle vrugte afwerp in enige area van hierdie lewe. So sal dit ook vir jou wees met die treë wat jy opreg in Sy rigting bly gee.

    Ja ek het al baie vir myself gesê … “Letitia as jy net vroeër met God verhouding begin bou het” … tog is ek so dankbaar dat ek dit kon ontdek en dat dit nie eers veel later in my lewe my beskore was nie. Ek het nie woorde om te verwoord die mooi wat Hy al in my hart kom plant het nie. Wel laat ek dit so stel, daar is te veel en hulle is almal basies sinonieme van hemelse vreugde.

    Aaahh wel, hier is ons nou weer aan die einde van ‘n kuber briefie. Ek stuur vir julle liefde. Onthou, jy hoef dit nooit weer te bevraagteken …

    GOD SIEN.

    Ons gesels weer, waardeer julle! ♥

    Wat sê jy?

    Is die bogenoemde iets wat vir jou ‘n uitdaging is of was? Motiveer hierdie briefie jou om aan te hou treë nader aan God gee? Altyd lekker om julle harte te hoor! 🙂

  • Prag-God

    Prag-God

    Die waarde wat elkeen van ons
    In God se hart dra
    Oe dit is so baie diep
    Ek dink nie eers ek besef dit aldag baie lekker nie

    (meer…)

  • Wegkruipertjie-pret

    Wegkruipertjie-pret

    Oe kinders van Pappa-God
    Asseblief
    Kom verken My hart
    Ek wag vir julle

    (meer…)

  • Kristalwater

    Kind kan ons asseblief oor-begin
    Wil Pappa-God graag weet
    Pappa se kind, My kind
    Ek praat met jou die verlore een

    (meer…)

  • Beter as die beste droom

    Van die begin
    Is Ek God
    Sê Abba-Heer
    Daar is net niemand soos Ek

    (meer…)

  • Soek & Vind

    Soek en jy sal vind sê Abba
    Soek
    En jy sal vind
    Dit is altyd hoe mense My vind

    (meer…)

  • God se waarheid

    Genade onbeskryflik groot
    Het ons Hemelse Vader aan ons bewys
    Ek wens meer mense wou dit glo
    Ek wens meer mense wou kom ja sê

    (meer…)

  • Hartsgeklop

    Saggies klop Pappa-God
    Aan jou hart se deur
    Asseblief liewe kind
    Sal jy My innooi

    (meer…)

  • ‘n Goeie gebed

    ‘n Goeie gebed

    Kinders julle moet nooit
    Ophou soek nie
    Daar is altyd meer sê Abba-God
    Daar is altyd meer

    (meer…)

  • 2de Kanse

    Die Rots in hierdie lewe
    Is Jesus Christus
    Jesus Christus
    Dit is Sy Naam

    (meer…)

  • Luister asseblief

    Ek wil hê julle moet
    Terugkom liewe wêreld
    Ek wil hê julle moet
    Terugkom na My

    (meer…)