Saggies klop Pappa-God
Aan jou hart se deur
Asseblief liewe kind
Sal jy My innooi
Dis tyd sê Abba-God
Dis tyd
Om My te vertrou
Ek het rerig vir jou gekom
Sal jy asseblief begin
Deur ja te sê
Sal jy jou hart vir My oopmaak
Selfs al is dit net ‘n skrefie
Die tyd het gekom
My liefste kinders
Kinders van die wêreld
Om ja te sê vir My en My Koninkryk
Die tyd het aangebreek
Om te soek
En te vind
Kinders julle kan nie so aangaan
Ek verlang sê Abba-God
Om My hart – wie Ek waarlik is
Met julle te deel
Sal julle My ‘n kans gee
Moet My asseblief
Nie meer wegwys nie
Kinders dis nie vir My lekker
As Ek konstant in die toe deur moet vaskyk
Gee My ‘n kans
Sê Abba-God
Asseblief maak oop
Laat My toe om in te kom
Liefste kinders van God
Kinders van die wêreld
Ek gee so baie om
Ek hoop dat julle My noodkreet hoor
Liefste kinders
Die tyd om My te leer ken
Die tyd om jou hart vir My te gee
Word bittermin
Kinders asseblief
Begin My innooi
Maak oop julle harte
Ek wil rerig saam met julle maaltyd hou
Kinders van God
Kinders van die wêreld
Daar is niks wat naby My en My Koninkryk kom
Ek wil hê julle moet dit weet
Kinders asseblief
Gee My ‘n kans
Beantwoord asseblief
Die klop aan jou hart se deur
Om vir My oop te maak
Bly die beste besluit
Wat enige iemand
Ooit kan neem
Dankie liefste kind
Dat jy dit doen
Dat jy jou vertroue in My plaas
My ‘n ware kans gee
Dit beteken vir My
Voorwaar baie
Dat jy kom
Dat jy glo
Vandag het jou lewe verander
Vir goed
Vir soveel mooi
Nou moet jy net groei
My elke dag ‘n bietjie liewer kry
Ek sal jou leer
Maak seker
Dat ons tyd saam spandeer
Alles wat jy nodig het
Om die pad saam met My te loop
Dit gee Ek vir jou
Weet dat Ek in jou glo
Jy is goed genoeg vir My
Jy moet dit weet
Dit moet altyd
Jou anker bly
My liefde en genade
Is meer as genoeg vir jou
Dit sal jou staande hou
Dit sal jou altyd deurdra
Dankie dat jy in My glo
Dat jy jou vertroue in My plaas
Niks sal jou ooit weer
Van My vergifnis en liefde kan skei
Vandag het Ek jou nuutgemaak
Jy is vry
Om waarlik – sonder sonde
Vir My te leef
Dankie dat jy dit
Jou prioriteit maak
Om Jesus en Sy manier
In jou lewe na te streef
Om net soos Hy
Te begin dink oor dinge
Om dit toe te pas
Om dit deel van jou lewe te maak
Dankie liefste kinders dat julle
Kom
Glo
My ‘n ware kans gee
Dit is vir My altyd lekker
Om nog meer mense
Deel van My Koninkryk te maak
Daarvoor het My Seun gekom
Dankie liefste kinders
Vir wie julle is
Uniek, hand-gemaak
Deur julle Abba-God
Ek glo in julle
Ek weet wie julle is
Verby-spesiaal is julle vir My
Weet altyd dat Ek ‘n mooi plan vir julle lewens het
Begin asseblief om My elke dag
‘n Bietjie meer te vertrou
Om elke dag ‘n bietjie meer
Oor te gee
Saam moet ons die pad loop
Saam sal ons hom voltooi
Kinders julle moet net julle oë op My bly hou
Nooit dink aan opgee
Hou elke dag
Net nog ‘n stukkie stywer aan My
So groei jou geloof
So word jy sterk in My
Liefste kind
Jy is baie kosbaar
Dankie vir jou ja-sê
Dankie vir jou hart-se-oopmaak
Amen.