Kom tog nader aan My

Ek het jou vergeef
Om vir My te leef
Asseblief liewe kind dis al wat jy hoef te doen
Nou en al jou dae

Alleen gaan jy nooit
Staande hoef te bly
Groei in liefde vir My
Elke dag net meer en meer

Dis wat julle staande hou
In die storms van die lewe
Julle liefde en vertroue
Vir en in My

Dankie dat julle aanhou glo
In die donkerste tye bly vashou
Ons gaan dit maak liefste kinders
Jy gaan dit beslis maak

Hou julle oë net op My
Moenie ooit terugkyk
Dit wat verby is, is agter jou
Nou moet jy deur My genade vorentoe bly kyk

Liefste kind jy is gered
Om saam met My
‘n Groot verskil in hierdie wêreld te maak
Kyk dan net altyd vir My

Ek sal jou lei
Ek sal jou wys hoe en waar
Ek sal nog meer geleenthede
Om My liefde te wys jou pad laat kruis

Liefste kind van God
Dankie dat jy bereid is
Om My hande en voete te wees
‘n Bruikbare instrument

Liefste kind
Dit is vir My so wonderlik
As Ek sien hoe jy groei
Deur net liewer te word vir My

Dis al wat nodig is
Sê Abba
Om die duisternis te oorwin
Om die Lig liewer te kry

Dankie liefste kinders
Dat julle My liefhet
My en alles wat van My is
Dankie dat julle vir die wêreld en haar manier nee sê

Die bloed van My Seun
Het julle sonde weggewas
Sodat julle kan nastreef
‘n Lewe van geregtigheid

Wat is geregtigheid
Wil mense altyd weet
Dit is om lief te kry en te hê
Alles wat van My is

‘n Lewe van geregtigheid beteken
‘n Lewe van mooi
‘n Lewe van alles
Wat goed en waar is

Liefste kinders
Dit is wat My Woord julle leer
Dis hoekom julle hom moet liefkry
Hom elke dag moet lees

Laat toe dat My Woord
Julle harte besny
Laat toe dat Ek julle
Die mooiste waarhede uit hom leer

Liefste kinders
Julle moet begin glo soos Ek
Dit is so belangrik
As julle julself kinders van God wil bly noem

Kinders asseblief
As julle op My weë loop
Sal almal sien en weet
Dat Ek julle Koning is

Dis so belangrik vir julle
Om te weet
Dat julle soos julle Koning
Oor dinge moet begin dink

Kinders julle moet leef
Soos Ek sou
Met groot barmhartigheid
Genade en eer

Liefste kinders asseblief
Hou julle oë op My
Laat toe dat Ek julle leer
Word asseblief liewer vir My

My hart smag
Om julle na die dieper wonders
In My Woord te neem
Wanneer sal dit wees

Kinders asseblief
Kom groei in liefde vir My
Maak seker dat jou hele
Hart en lewe aan My behoort

Totale oorgawe van jou menswees
Gees, siel en liggaam
Maak dit asseblief Myne
Lê neer jul eie weë

Kinders asseblief
Luister vir My
Dis tyd om lief te word
Vir alles waarvoor Ek lief is

Julle kan nie aanhou
Om My met soveel halfhartigheid te dien
Kinders Ek wil nie hê
Dat julle lou sal wees

Eks opsoek na kinders
Wie se harte brandend is vir My
Kinders wat net nie genoeg
Van My kan kry

Liefste kind is dit dalk jy?
Ek wil hê jy moet weet
Dit kan nog so wees vir jou
Dit is nie te laat

Begin net om My
Aangesig te soek
Elke dag meer en meer
Wees ernstig daaroor

Liefste kind
Begin om tyd met My te spandeer
Hou aan
Moenie ophou

Die wat My soek
Hulle sal My vind
Hou net aan liefste kind
Moenie opgee nie voor jy vind

Liefste kinders
Asseblief weet dit
Weet dat Ek altyd die Antwoord is
Weet dat Ek in beheer bly

Kinders glo in My
Asseblief
Moenie opgee nie
Hou aan

Weet asseblief
Dat die wie volhard tot die einde toe
Hulle oorwin
Hulle gaan krone dra

Kinders asseblief
Glo in My
Tot die einde toe
Moenie tou opgee

Al raak dit moeilik
Al is dit nie altyd maklik
Hou asseblief aan
Om aan My vas te hou

Kinders van God
My kinders
Ek sal dit vir julle voleindig
Ek wil hê julle moet dit weet

Vertrou My dan
Met al julle harte
Moenie moed verloor
Liefste kinders Ek is in beheer

Ek ken die einde
Van die begin
En daar is niks wat Ek nie kan doen
Of waarvan Ek nie weet

Ek is die Vrede
In julle harte
My kinders dis waaraan
Ek wil hê julle moet vashou

Smag na My
Smag na verhouding met My
Groei elke dag
Net in liefde vir My

Ek is soveel meer sê Abba
Soveel meer
As hierdie wêreld en haar dinge
As mense tog net wou glo

Hulle weet nie
Waarop hulle uitmis nie
Sê Abba Vader
Hulle het geen idee

As mense net wou nader kom
Nader aan My
Nader aan My hart
Dan sou hulle sien

Die wêreld se bevrediging
Is NIKS teenoor Myne nie sê Abba
Met My sal jy nooit weer
Dors of honger kry

o Kom sê Abba-Vader
Kom asseblief net nader aan My
Kom vind asseblief
Dit waarvan Ek nou hier praat

Kinders asseblief
Glo in My
Dit is wat die Koning en Vader van die Heelal vra
Glo My

Kinders daar is soveel
Soveel meer
As dit waarvoor julle
Elke dag ja sê

Kom soek na meer
Kom soek dieper
Dit is My hart vir elke liewe kind
Wie gaan My glo?

Kinders daarbuite
Hoor julle My geroep
Hoor julle hoe julle Vader roep
Kinders kom soek na meer!

Meer My liefste kinders
Daar is soveel meer
As julle net wou ja sê
Julle bekers sal van vreugde oorloop

Kinders assseblief
Glo in My
Glo wat Ek vir julle sê
Daar is soveel meer

Elkeen van julle kan kom
Voor My Troon sê Abba-God
Moenie wag vir ‘n Pastoor
Dominee of ander een

Liefste kinders asseblief
Kom nader
Julle elkeen
Vind uit wie Ek is, vir jouself

Kinders Ek wil vra
Dat julle asseblief sal glo
Dat julle sal hoor
Ek is lief vir julle

Meer en meer
My liefste kinders
Dit is wat Ek julle Hemelse Vader
Vir julle wil gee

Meer van My
Meer van My Koninkryk
Sal julle asseblief
Ja daarvoor sê

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment