Van die begin
Is Ek God
Sê Abba-Heer
Daar is net niemand soos Ek
Daar is niemand
Wat met My kan vergelyk
Liefste wêreld
Al is dit dikwels wat julle dink
Nee sê Abba Vader
Nee My kinders
Ek is soveel meer
As wat jy ooit kan dink
Beter as die beste droom
Wat jy ooit kan droom
Dit is wie Ek is
Amen
Sal jy vir ‘n slag
Asseblief begin om dit te glo
Sal jy waarlik begin moeite doen
Om My te vind
Kind daar is soveel
Waarmee jy jou besig hou
Soveel
Tog weet jy nie veel van My
Kind sal jy asseblief begin
Om tyd met My te spandeer
Sal jy vir My begin wys
Dat jy waarlik omgee
Ja asseblief My kind
Dit is wat Ek so graag wil hê moet gebeur
Jy wat net kom
Sodat jy kan vind
My kind jy hoef nie meer skaam te wees
Dit is nie meer nodig
Kom net deur My Seun
En weet Ek wag vir jou
Kom altyd deur My Seun
My kind, altyd
Daar is GEEN ander een soos Ek
Sê Hy
Ek is die Begin
Ek is die Einde
Ek is die Een wat dit vir jou moontlik maak
Om tot ons Pappa Vader te kom
Ja My Seun sê Pappa
Het die volmaakte prys
Vir sonde betaal
Vir jou en elkeen
My kinders Ek is lief vir julle
Dit sê Ek so gereeld
Sê My glo julle dit waarlik
Of is dit net iets wat julle hoor
Abba se kinders
Julle moenie dat dit meer so wees
Nee My kinders
Asseblief nie
Glo in My
Sê Abba Vader
Asseblief net soos wat jy in My Seun glo
En kom net nader aan My
Weet jy sê Abba Vader
Dat Ek vir jou wag
Om My hart te kom ontdek
Om te kom vind wat daarbinne lê
Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Julle moet nie meer aanhou uitstel nie
Nee asseblief kom net nader aan My
Abba sê My kind
Ek glo in jou
Ek weet jy kan dit doen My kind
Doen net ‘n bietjie moeite
Wys vir My dat jy wil
Asseblief
Wys vir My dat jy belangstel
En weet dat Ek jou ontmoet waar jy is
Ja sê Abba Vader
Net waar jy is
Is waar Ek jou sal kry
En dan kan ons net die pad verder loop
Kinders van My hart
Kom nader
Kom nader aan julle Pappa se hart
Ek wil julle wys wat daarbinne lê
My kinders julle moet nie uitstel nie
Nee asseblief
Kom wag op My en weet
Ek sal jou ontmoet
Ek doen altyd
Sê Abba Vader
As Ek sien dat mense tyd maak
Om saam met My te wees
Dit is altyd vir My so mooi
Dankie My liefste kind daarvoor
Dat jy in My glo
Dat jy vir My kom wys dat jy omgee
Amen.