Luister asseblief

Ek wil hê julle moet
Terugkom liewe wêreld
Ek wil hê julle moet
Terugkom na My

Ek wil hê ons moet
Die strydbyl begrawe
Ek wil hê julle moet
Kom en My waarlik kom vind

Liefste kinders
Sal julle asseblief
Julle weë neerlê
En Myne begin volg

Begin vandag
Asseblief
Sê Vader
Begin soek na My

Begin vandag
Liefste kinders
Liefste wêreld
Om My aangesig te soek

Lê neer julle weë
En kom stap op Myne
Ek wil julle so baie leer
Asseblief kom vra daarna

Begin oorgee soos jy
Nog nooit oorgegee het aan My
Begin asseblief luister
Wanneer Ek vra

Liefste kinders
Wanneer gaan julle ooit
Die liefde in My hart ontdek
As julle nie kom en kom uitvind nie

Begin My asseblief glo
Liefste kinders
Liefste wêreld
Asseblief luister na My

Begin oorgee
Begin luister
Begin vandag
Dis al vra Hy

Jy soek al
Jou hele lewe lank
Na soveel meer
Dit is wat ons Koning sê

Liefste wêreld
Liefste kinders
Kom asseblief nader
Ek kyk wat Ek verborge hou

Meer liefste kinders
As wat julle kan droom
Meer as wat julle dink
Dit wil Ek gee vir julle

Liefste kinders
Liefste wêreld
Ek nooi julle om te kom uitvind
Ek nooi julle om te kom luister vir My

Gee asseblief oor
Luister vir My
Die tyd raak so min
Om te kom na My

Daar is nie meer
Baie tyd nie
Asseblief liefste wêreld
Luister vir My

Gee oor
Wees wys
Begin nou
Luister asseblief vir My

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment