Wegkruipertjie-pret

Oe kinders van Pappa-God
Asseblief
Kom verken My hart
Ek wag vir julle

Kinders sê Daddy-God
Die skatte is weggesteek
Hulle vra kom soek na my!
Net soos wanneer julle wegkruipertjie speel

Oe kinders
Sê Daddy-God
Die waarde van die skatte wat op julle wag
Sal julle harte so verbly

Asseblief liefste kinders
Moenie meer aanhou nee sê
Ek soek so graag
Iemand wat saam met My sal kom speel!

Oe Pappa-God se kinders
Oe Pappa-God se kinders
Kom asseblief nou
Kom gou!

Ek’s so lief vir julle kinders
En Ek wag
Ek wag om vir julle te wys
Die skatte wat in My hart woon

Dit gebeur so min sê Daddy-God
So min
Dat mense My kom vra
Sal U ons asseblief meer wys

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Kan Ek julle aanmoedig
Kom soek na My

Ek het al soveel kere tot 100 getel
Steeds sê Daddy-God
Het niemand My nog kom blok
Of geskreeu ek het jou!

Ja-nee liefste kinders
Met baie van julle
Is dit die presiese geval
Weet asseblief … Ek wag nogsteeds vir jou!

Ek wil so graag
Dat jy My sal kom haal
Dat jy sal belangstel om
Om te gee

Oe kinders
Sê Daddy-God
Vir baie van julle is die speletjie al lankal verby
Al het julle nog nie ‘n enkele skat opgespoor

Ek skat Ek sou ook dan
Nie meer wou saam-speel
Maar kind kan Ek jou vra asseblief
Moenie so gou opgee

Kom soek nog ‘n bietjie meer sê Daddy
Ja asseblief kinders
Agter daardie boom
En ja ook agter daardie een!

Sjoe julle maak My hart so opgewonde
Hier waar Ek agter die boom staan
En wonder
Oe toggie, Ek’s agter die volgende boom!

Oe kinders
Sê Daddy-God
Dis vir My altyd so lekker
So lekker as julle saam-speel en sê ek gaan jou kom kry!

Ja liefste kinders sê Daddy-God
Net soos wat klein kinders hierdie game geniet
Wanneer hulle agter iets wegkruip
Net so ook met My

Ek wens daar was mense
Wat ook partykeer ‘n bietjie aan wou wees
Mense wat gesê het
Jy kan nou maar bietjie gaan wegkruip

Want dit gebeur ook gereeld
Sê Daddy-God
Dat Ek die een is wat konstant aan is
En dan die res moet gaan kry

Sjoe Ek wens julle kon sien
Sê Daddy-God
Ek is al vir jare en jare
En baie jare aan met party van julle

Dit bly vir My moeilik
Sê Daddy-God
Want Ek hou oor en oor sê Ek het jou!
Tog ignoreer jy My

Ja-nee
Liefste kind
Dogter, seun
Net nooit maak jy jou hartsdeur oop vir My

Kind Ek het al aan die kruis gesê
Ek het jou
Ek het daardie dag al gesê
Jy was spesiaal genoeg vir My om jou te kom kry

Kinders Ek mis dit
Sê Daddy-God
Ek mis daardie uitgelatenheid
Wanneer jy My uitbundig kry

Ek weet dat dit vir julle baie beteken
Kinders julle wat aanhou om te kom vind
Ek weet dat julle dit baie geniet
Tog wens Ek net daar was meer

Ek wens ons was baie maatjies wat wou saamspeel
Sê Daddy-God
Dis mos maar altyd lekkerder 😉
‘n Groter groep

Oe die wonder
Die wonder van My ontdek
Kinders dis ‘n voorreg wat Ek julle elkeen gee
Asseblief, asseblief kom soek My!

Ons kom speel gereeld
Sê Daddy-God se kinders
Maar dis nie asof ons ooit iets kry
Nee dit gebeur altyd met ‘n ander een

Kind sê liefste Daddy-God
Ek wil jou aanmoedig
Hou asseblief aan met soek, totdat jy My kry
Moenie oppad na die boom ophou

Kind sê Daddy
Kind
Ek wag vir jou
Ek wil so graag hê jy moet My agter die boom kom uithaal

Kind of dalk sê Daddy-God
Moet Ek jou tot by die blok-punt resies
Ja dit sal nou ‘n affêre afgee
Dalk een waar ons met die gras kennis-maak 😉

Kind dit maak nie saak
Sê Daddy-God
Dit maak nie saak
Ek wil net so graag hê ons moet pret saam beleef

Oe kinders sê Abba
Oe kinders Ek wil so graag vra
Moenie ophou, moenie ophou
Nie totdat jy My vind

Jy sal sien dat dit so die moeite werd is
Kind al jou gesoek
Jy gaan sien en sê
Oe dit was so nie verniet!

Dis mos maar wat altyd gebeur
As julle lank na ietsie soek
En dit uiteindelik opspoor
Jy is so baie bly!

Ja-nee liefste kind
Met My sal dit beslis ook so wees
Jy sal oor en oor sê
Kan ons weer, kan ons weer wegkruipertjie speel

Ja liefste kind
Sê Daddy-God
Dit is hoe dit vir jou sal wees
Jy sal net nie genoeg van My kan kry!

Dit is hoe wonderskoon Ek is My kind
Wondersoet sou party van My kinders sê
Ja liefste kinders
Hulle wat My deur die jare net liewer kry

Oe dit beteken vir My soveel
Die liefde waarmee party mense My liefhet
Dis vir My wonderskoon
So wondermooi

Oe kinders dankie, dankie
Julle wat kom bly soek
Julle wat altyd bly opdaag
Kinders, Daddy sê … dankie daarvoor

Ek lief dit, lief dit so baie
Julle wat kom bly soek
Julle wat bly sê
Ek wonder waar’s die volgende skat

Kinders
Dis soos geocaching
Ja soos daardie ander speletjie
Wat baie van julle dikwels speel

Wanneer kom soek julle liefste kinders
Bietjie na die skatte wat My hart en Woord verberg
Daar’s baie van julle wat regoor die wêreld reis om hierdie skatte op te spoor
Tog gebeur dit nie gereeld met My

Ek wens julle kon vind kinders
Die opwinding van wanneer julle ‘n skat van My opspoor
Oe kinders sê Daddy-God
Geen ander skat kan vergelyk

Julle soek na papiertjies
Sê Daddy-God
Hoog en laag na papiertjies wat sê
Jy het my gekry!

Oe kinders sê Abba
My Woord is vol skatte
Vol papier wat sê
Vind My, vind Christus tussen die woorde wat jy lees

Hoekom kom soek jy My nie bietjie kind
Hoekom kom soek jy My nie bietjie
Tussen die Woorde
Wat in jou Bybel lê

Ek wag vir julle om op te daag kinders
Altyd-altyd
Sê Daddy-God
Is dit My begeerte

As van julle sê Daddy-God
Net halfpad so hard gesoek het na My soos na geocaching skatte
Sou julle My al lankal
In soveel waarheid en diepte opspoor

Kinders sê Daddy
Kinders
Daar is soveel-soveel opwinding in My Woord opgesluit
Ek wag so om vir julle te wys

Kom soek net kinders
Kom vra
Daddy waar’s die skatte
Asseblief wys my

Ek’s hier om te soek
Ek’s hier om op te spoor
Ek’s hier om te vind
Kind laat dit jou woorde wees

Ek weet dat julle sal vind
Kind Ek kan dit beloof
Die wat soek
Altyd sal hulle vind

Kind dis ‘n belofte in My Woord
Sê Daddy-God
Dis ‘n belofte
Waarop Ek nie kan teruggaan

Nie ooit kind
Nie ooit
Daddy wil dit net graag
Vir jou sê

Hou aan vind kind
Hou aan soek
Jy sal so gou sien
Geen aardse wegkruipertjie of geocaching kan met die hemel s’n vergelyk!

Ek wag kinders
Daddy wag om julle tussen die Woorde van Lewe in julle Bybels op te spoor
Ek wag om waarheid vir julle te openbaar
Om vir julle die skatte te wys

Kinders sal julle vra sê Daddy
Sal julle vra
Asseblief doen
Asseblief kom soek na die skatte wat My Woord verberg

Kinders net soos met geocaching
Net soos met wegkruipertjie
Is dit nie voor-die-hand-liggend
Nee kind jy moet ‘n bietjie moeite en tyd belê

Ek veronderstel
Sê Pappa
Dat dit die belangstelling is
Wat min nuuskierigheid toon

Kinders sê Daddy
Kan Ek net sê, vat My woord
As jy een skat opgespoor het, waarlik-waarlik
Sal jy beslis! nog een wou hê

Ja-nee kind
Dit is so
Dis hoe Ek dit gekonstrukteer het
Dit is hoe die wonder van My Woord bly werk

Hulle wat genoeg belangstelling sou toon
Om te kom vind
Om te kom soek
Oe hulle sou wonder op wonder opspoor!

Dis net die aanhou sê Daddy
Dis net die aanhou-soek wat skipbreuk lei
Julle gee dikwels, baie dikwels
Net te gou moed op

Nee liefste kinders
Asseblief vra Pappa
Moenie dit meer doen
Asseblief leer deur-druk

Dit gaan die moeite werd wees kinders
So die moeite werd
Julle gaan net soos Olimpiese Wenners voel
Wat op die podiums staan

Kinders hou aan
Asseblief
Hou aan om julle Hemelse Pappa se hart na te spoor
En dit liewe kinders is die pryse wat julle sal ontvang

Pryse onvergelykbaar groot
Onvergelykbaar kosbaar
Onvergelykbaar prysloos
Net soos die een in die hemel wanneer jy jou kroon ontvang

Wanneer Ek gaan sê
Goed so, welgedaan
Getroue dienskneg, geliefde kind van God
Jy kan maar in die glorie van jou Koning ingaan

Oe kind sê Daddy-God
Sal dit nie wonderlik wees
Die dag wat jy sal kan sê
Dit is so die beste ding!

Om aan God te kon behoort
Om my lewe vir Hom te kon leef
Om Hom te kon soek, om Hom te kon vind
ALLES, ALLES was sooo die moeite werd!

Dit is wat julle hemel-boeties
En sussies ook al sê
Hulle wat die prys betaal het
Om My op aarde te ken

Oe kinders sê Abba
Dis maar dieselfde geleentheid
Wat Ek ook nou vir julle bied
Julle wat sê ek wonder kan dit wees?

Kinders dit kan
Dit kan so wees!
Al wat julle moet doen
Is sê ek glo!

Ek glo van harte
God kan doen wat Hy hier beloof
Ek glo, ek glo
Ek sal die pad loop, wat dit wys

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment