Duik saam met God

U is die goud
Daddy
Wat in my hart woon
Hoe diep dankbaar is ek daarvoor

Dankie Daddy
Abba-God
Dat U altyd bly omgee
Om saam met ons te wees

U lief dit so baie
Abba-Vader
As ons net by U kom stil-sit
U teenwoordigheid waardeer

Dankie Daddy
Liefste God
Dat U hart mooi bly
Selfs deur stormweer

Van U kan ons nie genoeg kry
Daddy
Ons wil net meer hê
Van U wonderlike mooi skoonheid

Dankie Daddy-God
Dat U mooi bly
Selfs deur stormweer bly U sê
My kind probeer net weer

Ek weet liefste kinders
Sê Daddy-God
Dat julle deur tough tye gaan
Tye wat julle wonder hoe gaan ek kop bo water hou

Kinders
Sê Daddy-God
Hou julle oë net asseblief op My
Selfs al is die waters hoe rof

Liefste kinders
Sê Daddy-God
My kinders Ek sal julle leer
Hoe om bo te bly

Soos ‘n duikklas sê Daddy-God
Waar die instrukteur julle wys
Wat om onder water te doen en wat nie
So sal Ek dieselfde doen

Dis altyd My spesialiteit
Liefste kinders
Om julle op te lei
Vir die see van hierdie wêreld

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek weet julle kom dikwels haaie teë
Haaie wat julle geloof in My grootliks toets

Kinders net soos wat hulle julle leer
In ‘n duik-instruksie-klas
Wil Ek dieselfde kom doen
Kind Ek wil vir jou kom sê dat jy dan veral kalm moet bly

Ja-nee liefste kinders
Asseblief
Moenie dat die gevare van die see
Julle koers bepaal

Nee My liefste kinders
Asseblief
Julle moet saam met My
Asseblief op die regte roete bly

Liefste kinders
Ek weet
Ek weet dis tough om bo te bly
Maar saam met My kan julle beslis julle asemhaling onder beheer kry

Dit gebeur te gereeld liefste kinders
Sê Daddy-God
Dat julle hiper-ventileer
En dit liefste kinders help nie onder die water nie

Hou julle asemhalings asseblief egalig
Liefste kinders
Veral daardie kere wat julle dink
Nou gaan ek verdrink

Nee liefste kinders
Die situasie lyk net gewoonlik erger
Dis nie altyd so
Dis jy liefste kind wat net weer ‘n bietjie perspektief moet kry

Liefste kinders
Sê Pappa-God
Julle moet asseblief onthou dat Ek veel groter is
As enige gevare wat hierdie wêreld se see vir jou kan inhou

Ja-nee liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek is die beste duik-instrukteur
Wat daar ooit sal kan wees

Net soos wat hulle liefste kinders
Onder die see vir julle die rigting aanwys
Net so is Ek nog tot en met vandag
Besig om dieselfde te doen

Ek ken die korale en riwwe van die wêreld
Liefste kinders
Daar is nie ‘n enkele ding wat julle My daaroor kan vertel
Ek weet als alreeds

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek is so ervare
Ek het al baie duike in die see van die wêreld onderneem

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek wil nie spog
Ek is maar net besig om My ondervinding vir julle op te noem

Ek weet als kinders
Van als
Sê Daddy-God
Ek weet dit klink verwaand maar kinders dit is so

Ek is nie besig
Liefste kinders
Om stertjies aan te las
Nee liefste kinders dit is wie Ek is

Ek is jammer vir die wie Ek ontstel
Eks jammer as Ek dit sê
En jy begin twyfel aan jou eie vermoë
Maar kind dit is so

Ek wil julle altyd aanmoedig
Liefste kinders
Om vir My raad te kom vra
Net soos wat julle doen met die duik-instrukteur wanneer hy julle leer

Ja liefste kinders
Sê Abba-God
Vra maar julle vrae
Daar is nie ‘n dom een

Eks altyd so bereid
Sê Daddy-God
Om die harte te leer
Wat wil groei saam met My

Sien sê Daddy-God
Dit is ook mos maar so
Julle sit letterlik op aandag wanneer mense van die wêreld julle iets soos duik wil leer
Tog is dit nie altyd vir My so

O nee liefste kinders
Sê Daddy-God
Wanneer dit by My-manier-leer kom
Lei baie mense aan aandag afleibaarheid

Kinders dit is so
Ek bedoel dit as ‘n grappie
Net jammer
Dis sooo waar

Oe as Ek hierdie wêreld net kon kry
Om met meer aandag na My te luister
Wat ‘n wonderlike plek
Sou hierdie wêreld nie wees

Liefste kinders sê Pappa
Liefste kinders
Ek wil julle vra
Kom leer saam met My hoe om in die wêreld se see te duik

Nie die een waarin julle elke dag duik
Nee liefste kinders
Die een van die gees
Die een wat Ek nou met prentjies vir jou probeer skep

Sien sê Daddy-God
Dit is so
Daar is baie ooreenkomste
Tussen die wêreld se see en die een van die gees

Ek dink
Ek het die natuurlike een vir julle gegee
Sodat julle kan verstaan
Wat baie kere in die geestelike een gebeur

Liefste kinders sê Pappa-God
Dit is so
Julle is duikers van die lewe
Wat ook nie vir altyd moet onder bly

Ja-nee liefste kinders
Sê Pappa-God
Dat ‘n kind van My onder die water verdwyn
En dan nooit weer bo water verskyn

Oe nee liefste kinders
Sê Pappa-God
Dis beter dat julle My raad volg
Net soos wat julle met aardse duik-instrukteurs doen

Dis omdat julle weet sê Daddy-God
Dis omdat julle besef
Dat julle lewens daarvan afhang
Né liefste kinders

Ek wens meer mense
Het die erns besef van geestelike duikery
Hulle gaan hulle in die grootste gemors bevind
As hulle nie begin om te luister na My

Oe liefste kinders
Sê Daddy-God
Oe liefste kinders
Julle is besig om goed te verdwaal tussen die waters van die lewe

En wat meer is
Sê Daddy-God
Julle is besig om al My instruksies
Te verontagsaam

Eks besig om vir julle te sein kinders
Eks besig om vir julle te wys
Kom terug
Moenie jou eie kop wil volg

Kinders sê Daddy-God
Julle wat so braaf is om alleen te gaan duik
Sê My
Hoe weet julle, julle is veilig?

Dis beter
Om by die groep te bly
Kinders is dit nie so
Is dit nie hoe hulle julle leer?

Liefste kinders
Sê Pappa-God
Hoekom wil julle altyd verkeerde rigting inslaan
Hoekom wil julle tussen die donker waters verdwyn

Kinders sê Daddy-God
Ek sal vir julle wys
Wanneer ons in veilige waters is
Ek sal vir julle wys wanneer kan julle bietjie op julle eie gaan verken

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
By My is daar ook altyd tyd
Vir speel en bietjie baljaar

Dis mos maar ook hoe mens jou vriende leer ken
Nie waar?
Jy vra het jy tyd
Kom ons gaan doen gou ‘n iets

Oe kinders sê Abba
Ek wens julle kon sien
Die baie ooreenkomste wat daar is
Tussen die geestelike see en die een wat jy kan sien

Kinders dieselfde gevare is in beide
Dieselfde skatte ook
Die wat blink en kleurvol wag
Die wat sê kom soek na My

So kleurryk
Sê Daddy-God
Soos wat die wêreld onder die see is
So ook met My

Kinders
Sê Daddy-God
Van pêrels tot seeperdjies
Van seekatte tot dit wat jou in sy kloue wil kry

Julle moet net altyd versigtig wees
Waaksaam sê Daddy-God
Op jou hoede
Is dit nie ook maar wat Ek julle altyd leer

Kinders sê Daddy-God
Die lewe is vir baie van julle
Een groot partytjie
Julle kan nie omgee wat môre gebeur

Oe kinders
Sê Daddy-God
Het julle maar besef
Die waarde wat in julle lê

Ek wil julle bemoedig liefste kinders
Aanmoedig
Kom soek asseblief na My
Die beste duik-instrukteur wat daar ooit kan wees

Ek wil julle rerig vra
Sê Daddy-God
Om My instruksies te begin volg
Dit sal julle in My Woord vind

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Asseblief moet My seine nie verontagsaam
Ek weet altyd hoekom Ek vra

Ek gee om kinders
Oor julle lewens
Dis hoekom Ek julle vra
Om ook om te gee

Oe kinders
Sê Abba-God
Oe kinders
Ek wil nie hê julle moet wegraak

Ja-nee sê Abba-God
Baie duikers van die lewe
Het al verdwaal geraak tussen die donker waters
Om nooit weer terug te keer

Bly by My kinders
Sê Daddy-God
Ek wil julle na die mooiste plekke neem
Ek wil julle vra vertrou My

Net soos die vertroue
Wat jy in jou duik-instrukteur het
Niks minder, niks meer
Ek sal daarmee tevrede wees

Oe kinders
Sê Daddy-God
Oe kinders
Ek wag vir julle, Ek wil gaan duik!

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment