Jy’s meer as jou foute

Vergifnis teenoor self
Jong dis ‘n moeilike ding
Dis iets wat ek nie aldag
Self regkry

Oe want ons is vinnig
En dis so maklik
Om vir ander te preek
Maar wat daarvan as jy self daarmee sukkel

Oe ja want ook ek val gereeld
Ook ek het tye waar ek vir myself sê
Rerig?
Hoe kon jy?

Kinders van Abba-God
Ek ken daai gevoel
Ek was al ‘n paar keer daar
Ek dog ek moet dit dalk net vir julle sê

Want kyk sê Daddy-God se kind
Dis so maklik
Dis so maklik om vir ander te sê
As dit darem lyk asof jy self alles regkry

Ek wens ons wou besef
Sê Daddy-God se kind
Dat liefde teenoor self
Eintlik ‘n wonderlike ding is

Ja-nee liefste kind van Abba-God
Boetie, sussie
Weet dit gerus
Daddy wil hê jy moet jouself kan vergeef

Ja daar kom tye in ‘n kind van die Here se lewe
Dat jy gaan moet erken
Ek het ‘n fout gemaak
Ek is nie al een wat perfek is

Oe kinders
Sê Daddy-God
Dis eintlik ‘n pragtige plek
‘n Plek waar jy kan erken ek mag maar foute maak

Oe kinders
Sê Daddy-God
Daar’s te veel van julle My kinders
Wat dink julle moet foutloos deur die lewe gaan

Besef julle die enorme druk
Sê Daddy-God
Wat julle
Op julle eie twee skouers plaas?

Kinders
Dis onnodig sê Daddy
Dis nie nodig om so te wees
Julle maak dit vir julleself baie moeilik

Ja My liefste kinders
Ek verstaan
Sê Daddy-God
Julle wil perfek wees soos Ek perfek is

Kinders besef julle nie
Ek is die volmaaktheid in jou
Ek is die perfekte een
Jesus wat jy elke dag liewer kry

Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Solank Ek die een is wat waarlik in jou leef
Sal jy altyd perfeksie nastreef

Ja-nee liefste kinders
Sê Pappa-God
Nie om nooit foute te maak
Maar om elke dag meer soos Jesus te wees

Dis al sê Daddy-God
Wat Ek eintlik van My kinders verwag
Harte wat bereid is om te sê
Ek wil meer soos Jesus wees

Kinders julle hoef nooit skaam te kry
Julle hoef nooit te wonder
Het Ek julle nog lief
As julle foute maak

Kinders sê Daddy-God
Het julle al gehoor
Dat Ek julle perfek liefhet
En dat My liefde vir julle nooit sal verflou

Ja-nee liefste kinders
Selfs nie eers die meeste foute
Wat ‘n mens kan maak
Kan dit laat gebeur

My liefde is ewig perfek
Sê Daddy-God
Vir elkeen van julle
Vir altyd

Oe kinders
Sê Daddy
Is dit nie mooi
Gee dit julle harte nie baie hoop

Julle moet altyd weet
Sê Abba-Vader
Dat geen fout wat julle op aarde maak
Julle ooit kan skei van My

Dit sal nooit so wees
Liefste kinders
Nooit ooit
Nie eers met ‘n enkele geval

Dis baie kere sê Daddy
Wat julle daaroor wonder
As julle ‘n fout gemaak het
En dan nie verskriklik baie lief is vir julleself

Kinders sê Daddy
Asseblief
Julle moet ophou wonder
En altyd weet

Julle is so goed genoeg vir My
En kinders
Selfs julle foute
Kan nie julle waarde bepaal

Oe hulle probeer gereeld sê Daddy-God
Om dit reg te kry
So gereeld
Maar julle moet hulle asseblief nie meer toelaat

Kinders die tye wat julle foute maak
Asseblief
Bely dit, erken dit
Beweeg aan

Julle moet julleself vergewe
Kinders asseblief
Sê Daddy
So gou soos wat julle kan

Julle voel baie kere verpligtend
Sê Abba
Om ‘n paar dae van lyding deur te gaan
Voordat jy reg voel om jouself te vergeef

Liefste kind
Sê Daddy-God
Wat help dit jou
Rerig?

Dis asof julle probeer
Om dan ook ‘n bietjie van Jesus se prys te betaal
Kinders besef julle nie
Dit is nie nodig nie

Jesus se prys was volmaak
Liefste kinders
Julle het nie nodig om ‘n enkele iets
Daarby te voeg

Oe nee kinders sê Abba
Die prys wat die volmaakte Lam betaal het
Was vir altyd genoeg
Julle hoef nie iets daar by te voeg

Eintlik sê Daddy
Is dit bietjie van ‘n belediging
Wanneer julle kies om dit te doen
Want dit is glad nie nodig nie

Ek besef sê Daddy
Baie van julle bedoel goed
Baie van julle is opreg jammer
En voel rerig julle moet op-maak daarvoor

Kind sê Daddy-God
Die beste geskenk wat jy My kan gee
In die tye, is om te glo
Jesus se kruisdood was meer as genoeg!

Kind Hy het die lyding op Hom geneem
Hy het jou verkeerd-doen op Hom geneem
Sodat jy kan glo
Dit is regtig waar

Kind as jy opreg bely het
As jy opreg jammer is
Wil Ek hê jy moet rerig weet
Dit is genoeg

Dit is genoeg kind
Dit is genoeg
Dit help nie jy stort trane liefste kind
Maar jy glo nogsteeds nie

Asseblief glo sê Daddy
Asseblief glo in die volmaakte prys
Vir jou
Aan die kruis van Golgota

Dit beteken vir My baie kinders
Sê Daddy-God
Regtig baie
Wanneer julle My glo

Dankie vir die wat dit bly doen
Dankie vir die wat omgee
Dankie vir die wat My vergifnis
In tye van verkeerd-doen raaksien

Kinders sê Daddy
Kinders
Weet net Ek sien raak
Ek sien raak die begeerte om My waarlik te dien

En dit beteken vir My so baie
Meer as die foute wat jy maak
Ek sien die val en opstaan kind
Ek sien die weer-probeer

Daar’s niks meer wat Ek nodig het
As juis net dit nie
Net dit kinders
‘n Hart wat My in volle oorgawe bly-liefhê

Oe dis vir My mooi
So baie sê Daddy
So baie mooi
Harte wat My wil vereer

Kinders sê Daddy
Ek weet nie of julle besef
Maar dis die volmaaktheid waarvan Ek praat as Ek sê
Wees volmaak soos jou Pappa in die hemel volmaak is

Dis die liefde waarvan Ek praat kind
Die liefde waarmee jy My moet liefhê
Die liefde wat Ek verdien
Die liefde wat jy in jou hart vir My moet hê

Kind asseblief
Sal jy My volmaak liefhê
Sal jy elke dag groei in die liefde wat Ek vir jou het
Dit is hoe jy daar uitkom

Kinders asseblief
Vra Abba
Weer
Moenie dat foute julle waarde bepaal

Vergewe gou sê Abba
Asseblief
Vergewe gou
Dit is wat Ek vra

So kan genesing kind
En oorwinning
Bly deurvloei
Na jou

Vergewe jouself gou
As jy sukkel
Vra My kind
Om jou te help

Ek glo in julle sê Abba
Ek glo in julle
Weet dit vandag
Asseblief, weet dit altyd

Amen.

Dis so bevrydend vir my om te weet God vergewe, Hy vergewe gou en Hy verstaan, Hy verstaan rerig die val van ons foute. Ek hoop dat dit ook vandag jou hart kom bemoedig het. Laat weet ons gerus!

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment