Hoekom hou jy terug My kind
Hoekom wil jy dikwels
Nie jou hart met My deel
Vra Pappa God
My liefste kind
Jy moet verstaan
Ek hoor in elk geval wat aangaan in jou hart
Sal jy asseblief kom deel
My liefste kind
Seun en dogter van Abba God
Om My te vertrou en kans te gee
Is so die beste ding wat enige een kan doen
My kind
Kom vertrou My asseblief
Kom gee My net ‘n kans
Om waarlik jou hart te verken
Ja sê Pappa God
Ek verstaan
Dit is dikwels moeilik om te doen
Want jy bly wonder is Ek te vertrou
My kind
Hoe gaan jy ooit uitvind
Hoe gaan jy ooit weet
As jy My nie net ‘n kans wil gee
Gee My die kleinste kans
Vra Abba
Asseblief My kind
Kan ons net begin om iewers te probeer
My liefste kind
Dogter, seun van God
Ek weet dit is vir jou moeilik
Maar asseblief My kind ons moet saamwerk
Ons moet iewers begin
My kind
Om jou hart gesond te kry
Jy kan nie My kind meer so aangaan
Kan jy nie sien My kind
Kan jy nie ervaar
Hoe al die seer in jou hart
Soveel vreugde uit jou lewe steel
My kind
Jy is nie net gemaak vir bestaan
Jy is gemaak vir soveel meer
My kind!
Begin My asseblief glo
Liefste seun en dogter van Abba God
Moenie meer vir ‘n oomblik
Terughou
My kind
Jy sal dan begin ervaar
Hoe Ek wat self Lewe is
Deur jou are begin vloei
Ja My kind
Dit is hoe dit vir jou sal voel
Jy sal begin ervaar hoe nuwe lewe deur jou are pomp
Jy sal dink nuwe lewe het ek sopas ontvang
Ja My kind
Dit is wat gebeur
Wanneer mense hulle harte vir My oopmaak
En net My Raad probeer
Kom asseblief
My liefste kind
Weet dat My begeerte vir jou is
Om waarlik te leef
Dit gaan neem My kind
Dat jy My
Met die kleinste treetjies van jou lewe
Begin vertrou
Ja sê Pappa
Ja
Asseblief begin dit doen
Asseblief nou
Ja My liefste kind jy moet weet
Daai seer kan jy nie ingeprop hou
Dis soos gif My kind
Wat elke dag net meer steel
Hou op om dit te drink
My kind asseblief
Laat toe dat My liefde, genade en hoop
Jou binneste verlig
My kind
Ek weet jy kan
Ek weet jy besef
Jy kan nie meer terughou
My liefste kind
Jou totale menswees
Moet jy voor My begin ontbloot
Nie meer ‘n enkele ding terughou
Ja My kind Ek besef
Dit is oorweldigend wat Ek nou hier vra
Maar tog moet jy weet
Ek vra die kleinste begin
Ek vra jou kleinste tree My kind
Begin net asseblief
Om vir My te sê
Ja ek het wel seer
Daai harde kors om jou hart My kind
Gaan Ek met My perfekte liefde afbreek
Jy gaan sien My kind
Dit is die moeite werd
Begin net vandag
My kind asseblief
Om net nader aan My te beweeg
En dan net nog ‘n bietjie
Dankie liefste kind
Dat jy leer om My elke dag net meer te vertrou
Dat jy kom
My waarlik ‘n kans gee
Amen.