Weet julle liefste wêreld
Waarvoor julle vra
Weet julle waarvoor julle
Nee sê
Julle wil niks van My weet
Oe julle is so verkeerd
Julle glo vir jare leuens oor My
Tog is julle nogsteeds so verkeerd
Julle glo nie reg nie
Julle het dit nie reg nie
Ek is nie wie julle dink Ek is
Ek is skoon, Ek is wondermooi
Liefste wêreld
Liefste kinders
Begin My asseblief glo
Vir wie Ek rerig is
Moenie net alles glo
Wat mense vir jou vertel nie
Kom glo vir My
Kom vind uit wie Ek rerig is
Hoe kan jy saampraat
Sê Abba
As jy dit so verkeerd het
Hoe kan dit wees
Ek is nie die hartelose persoon
Wat julle My maak om te wees
Ek is Genade
Ek is Sag
Dat Ek ‘n God van Regverdigheid is
Is so
Ek is als
Wat Heilig is
Daarom het Ek My Seun gestuur
Sodat jy in en deur Hom
Alles kan wees
Wat jy nie self is
Ek het My Genade uitgestort oor jou
Vergifnis uitgedeel
Al wat Ek vra is dat jy nou
Jou lewe vir My sal leef
Ten volle
Met alles wat jy is en het
Dit is
Wat ons Vader vra
My liefste kinders
My oog sal op julle wees
Dit het Hy gesê
Toe Hy na die Hemel opvaar
Deur My Gees is en sal Ek
Altyd naby aan julle wees
Moenie vrees
Julle is nie alleen
My liefste kinders
Sonde het so baie gesteel
Tog maak Ek alles nuut
Ek is in totale beheer
Haal julle oë van mense af
Haal dit van julle omstandighede af
My liefste kinders
Hou julle oë op My en weet ons gaan saam daardeur
Vir geen storm
Hoef julle bang te wees
Ek is altyd daar
Om die golwe in en om jou stil te maak
My liefste kind
Ek het jou lief met ‘n ewige liefde
So sal dit altyd wees
Dit sal nooit verflou
Daarop kan julle staatmaak
Sê Abba-God
Altyd-altyd tot aan die einde
Sal My Liefde julle rots bly
Ek wil hê julle moet groei
Tot volwassenheid in Christus
Julle moet weet dat Ek
Julle nooit in die steek laat
Al wankel die aarde in sy fondasies
Al gaan als verby
NOOIT
Sal My liefde vir jou afneem
Dit is nie wie Ek is nie
Ek sê nie iets
En dan voer Ek dit nie deur
Dit is nie hoe Ek is
Julle kan My hart vertrou
Liefste kinders
Julle kan die mooi in My hart
Met alles in julle vertrou
U is die Lig
U is die Lewe
Wat ons harte verbly
En ons sê baie dankie daarvoor
Aan U al die glorie
Van nou af tot in ewigheid
Glorie Halleluja
Nou tot in Ewigheid
U is die Een
Wat op die Ewige Troon sit
Dit maak ons harte baie bly
Baie dankie Hemelse Koning vir wie U is
Amen.
Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!