Ek weet wie julle is
Ek weet wat julle glo
Julle kan My nie bedrieg daarom sê Ek
Asseblief liefste kinders kom net soos wat jy is
Nooit sal Ek
Enige iemand wegwys
Ek is dan die Een
Wat so graag wil hê jy moet kom
Die skaamte en min-dink van jouself
Dit sal Ek vervang
Met die waarheid
Van wie jy eintlik is
‘n Kind
Van die Ewige Koning
‘n Kind
Van die Een wat jou Sy eie noem
My liefste kind
Ek wil hê jy moet dit weet
Dat jy soveel-soveel oneindige waarde in My oë dra
Jy is ‘n ware diamant
Ongeslyp dalk
Maar nogsteeds ‘n diamant
Jou sonde maak jou nie minder waardevol
Dit verdoesel net met vuilheid wie jy rerig is
Maar My liefste kind
Ek wil hê dat jy moet weet
My Seun se bloed
Kan die vuilste sonde wegwas
Wegwas sê Abba-Vader
Asof dit nooit daar was
My liefste kind kom asseblief en glo My
As Ek sê dat dit vir jou is
Glo My woorde
Asseblief bo jou eie redenasies
Hoekom jy nie goed genoeg is
Hoekom jy nie mag kom
My liefste, liefste kind
Ek weet alles-alles van jou
Tog wil Ek nogsteeds hê jy moet kom
Asseblief My liefste kind glo vir My
Soos jy is, soos jy is
Asseblief
Kom net soos wat jy is
Hou op om aan jouself te werk
My liefste kind
Verstaan jy dat dit goeie werke is
En dat dit jou nooit
In die hemel gaan bring
Asseblief My liefste kinders
Hou op daarmee
Ek weet wie en wat julle is
Ek haat dit as julle My probeer beindruk daarmee
My liefste kinders
Ek gee nie om of dit jou
Beter oor jouself laat voel nie
Dit is nie wat moet gebeur
Jy is besig om soveel skulde
Op jou skouers te laai
Dit raak so swaar
Dit is nie van My
My liefste kind
Wanneer gaan jy daarmee ophou
Dit beindruk My glad nie
Dit sê eintlik jy sit nie jou vertroue in My Seun
My liefste, liefste kind
Hou asseblief op daarmee
Weet dit dat net soos jy is
Jy meer as goed genoeg is vir My
Dis nou al so lank sê Abba Vader
Dat die duiwel jou bedrieg
Jy glo sy leuens
Jy glo alles wat hy sê van jou
My liefste, liefste kind
Ek glo in jou
Ek weet dat jy kan kom
Die regte keuse kan neem
Asseblief My liefste kind
Maak My deel van daai besluit
Kom asseblief
Kom asseblief
Ek verstaan nie hoekom mense
Altyd aanhou uitstel nie
Onthou hulle nie, weet hulle dan nie
Van uitstel kom afstel
En dit is presies wat gebeur
Met soveel van My kinders
Vir jare hou hulle uitstel
Totdat hulle daarvan vergeet
Dis NOOIT ‘n goeie ding
Om van jou saligheid te vergeet nie
Dis altyd goed
Om te onthou
My liefste kind
Die tyd is NOU
Die aangewese tyd is NOU
Asseblief kom net soos wat jy is
Asseblief liefste kind
Asseblief
Al is dit klein en skraal
Ek nooi jou om voor My die knie te buig
My liefste kind
Verstaan jy nie
Dit gaan soveel beter voel as dit klaar is
Jy sal dit skaars kan glo!
My liefste kinders
Dit is wat My vergifnis en liefde
My aanvaarding en die bloed van My Seun
In die harte van My kinders doen
Dit maak alles nuut
Sê Abba Vader
Dit maak alles maar alles
Splinternuut!
Prys ons Abba-Vader God
Vir die grootste wonderwerk
Nooit ooit gesien of gevind
Wanneer iemand sy hart vir die Here gee
Dit is iets so mooi
Dit is iets so vêr by spesiaal verby!
Dankie My liefste kind
Dat jy gekom het
Dat jy geglo het
Dat dit vir almal is
Daar is geen uitsondering by My nie
Sê Abba-Vader
Geen uitsondering
Wat Ek doen vir een
Wil Ek doen vir almal
Dit is wat Vader sê
My liefste kinders
Sal julle asseblief kom
Sal julle asseblief glo
Net soos wat julle is
Mag vandag die dag wees
Waarop jy kies
Om nie meer aan te hou uitstel
Mag jy kom net soos wat jy is
Net soos wat jy is
Liefste kind
Kom asseblief
Net soos wat jy is
Asseblief liefste, liefste kind
Hou op uitstel
Besef jy dat vandag dalk jou laaste kans is
Daar mag dalk nie ‘n môre wees
Besef jy
Dat jy so bang gaan wees
Besef jy
Dat Ek nie wil hê dit moet so wees
Daar is niks wat My banger maak
Sê Abba-God
As wanneer Ek weet dat een van My kinders
Die Ewigheid sonder My ingaan
Dit is My bangste bang
Sê Abba-God
Dit is My bangste bang
Dit is wat Vader sê
Besef julle dat My hart so seerkry
As julle aanhou nee sê
Ek smeek letterlik op My knieë
Tog hou julle aan om My weg te wys
My liefste, liefste kind
Asseblief wat moet Ek nog doen
Ek weet nie meer sê Abba-Vader
Ek weet nie meer
My liefste kind My hart BREEK elke liewe keer
As iemand sonder My die Ewige Lewe betree
Ek kan die trane nie keer
Ek weet nie meer
Liefste kind asseblief
Asseblief, asseblief
Begin My glo
Ek weet van jou
Die verkeerde prentjie van My aanhou glo
Dit gaan vir jou so verskriklik wees
Asseblief My liefste kind
Asseblief kom nou
Weet jy
Dat Ek jou liefhet
Woorde kan nie verwoord
Presies hoeveel
Ek dink dis vêr by die grootste
En diepste hemel verby
So groot soos die uitspansel
So groot is dit
Daar is geen, geen einde daaraan nie
Sê Abba
Ek kan My liefde vir jou nie help
Ek kan dit nie keer
Ek weet dis moeilik om te begryp
My liefste kinders
Wat julle voel en ervaar
Is maar ‘n dowwe weerspieëling daarvan
My liefste kind
Glo My net
Glo My net
Sonder einde is dit beslis
Hoe kan jy aanhou nee sê hiervoor?
My liefste kind asseblief
Laat toe dat My warm liefde
Jou koue hart kom smelt
Al die seer van die verlede
Al die seer in jou hart
Ek gaan dit draai vir goed My liefste kind
Ek gaan dit draai vir soveel goed
Asseblief glo My
Asseblief glo My
Kom nou My liefste, liefste kind
Net soos wat en wie jy is
Halleluja,
Amen.
Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!