Troontjie van die hart

U is die lewe wat binne my leef
My asem
My hartklop
Ek gee U alleen grote Koning al die eer

Soveel kere Pappa
Sing ons hierdie woorde vir geliefdes
En dis mooi Pappa
Maar hoort dit so?

Ek dink nogals
Gereeld daaraan Pappa
Wat sê U daarvan?
Wat dink U daaroor?

Is dit ‘n goeie ding
Pappa
As ons hartklop en asem
Afhang van ‘n mens?

Pappa dit ontstel my partykeer
Maak my baie bang
Want dan dink ek
Besef die wêreld watter toestemming hulle die duiwel daarmee gee?

Oe Pappa se kinders
Nooit ooit is dit ‘n goeie idee
Om Satan soveel mag te gee
Met die woorde wat jy sing

Julle sing dit vir mekaar
Liewe wêreld
Oor en oor
Keer op keer

Julle moet dit asseblief nie doen
Asseblief
Julle moet begin besef
Dit is so verkeerd

Daai woorde
Liefste kinders van die wêreld
Pappa se kinders
Behoort aan die enigste een wat waarlik waardig is

Ons Pappa in die hemel
Jesus Christus
Dit is hulle alleen
Wat die hoogste bewondering verdien

Ons maak dikwels verkeerd
Liewe vriende
Ons besef nie
God is groot en Hy is ware lewe

Ons sing dikwels
Oor en oor
Vir mense die verkeerde woorde
Woorde wat nie eg of waar kan wees

En ek besef liewe wêreld
Ek besef sê Pappa se kind
Julle sê daar is niks met dit verkeerd
Dit is maar hoe ons liefde wys

Pappa se kinders
Myne, Myne, liefstes
Hoor asseblief wat Pappa sê
Dis verkeerd

Myne
Asseblief sê Pappa-God
Wanneer gaan julle verstaan
Wanneer gaan julle sien God is groot?

Kinders sê Pappa
Dit gebeur net te dikwels
Dat julle mense plaas op die troontjie
Wat eintlik aan My behoort

Julle gee julle geliefdes
Dikwels die eerste plekke in julle harte
Met die woorde wat julle sing
En julle besef nie eers dit is so

Kinders sê Pappa-God
Liefste liefste kinders
Asseblief julle moenie meer so maak
Kom leer van My

Julle harte My liefste kinders
Wil Ek so graag hê
Moet heel eerste aan My behoort
Ek heelbo aan jou prioriteitslysie

Daddy sê dit gebeur gereeld
My liefste kinders
Dat julle tyd saam met My opgee
Om konstant saam met julle geliefdes te wees

Is dit so
My liefste kinders
Is dit so
Pappa wil net vra

Julle weet diep binne
My liefste kinders
Wat die waarheid is
Julle weet of die eerste plekkie in julle hart aan My of ‘n ander behoort

Ek wil graag hê sê Pappa-God
Dat julle sal begin besin
Dat julle sal begin wys raak en julleself vra
Is God rerig heelbo vir My?

Kinders sê Pappa
Vra My
Ek sal julle sê
As dit waarlik so was sou julle moeilik daai woorde kon sing

Ja My liefste kinders
Dit sou onmoontlik wees
Want julle sou diep binne besef
Dis afgodery, dis nie reg

Oe dis so die probleem
Sê Pappa
Daar is soveel-soveel mense
Wat verkeerd doen as dit hierby kom

Oe Pappa se kinders
Myne
Liefstes
Ek vra julle, raak slim

Raak wys dogter, seun
Raak wys met wat julle doen
Wat julle doen
Pappa vra weer

Dit gebeur net te gereeld
Sê Pappa-God
Dit gebeur net te gereeld
En Ek wil dit graag nie meer so hê

Oe Pappa se kinders
Luister asseblief vir My
Niemand kan ooit die hoër plek as Ek
In jou hart besit

Pappa se kinders
Myne, liefstes
Dit kan nie gebeur
Dit mag nie gebeur

Julle kan dit nie toelaat
Liefstes
Dis so gevaarlik
Dis hoe julle ‘n oop deur vir die vyand gee

Om love-songs liefste kind
Vir jou man of vrou te sing
Dit bly mooi, Ek stem
Wees net versigtig met die woorde en die mag wat julle Satan daardeur gee

Sien kinders
Sê Pappa-God
Julle is besig om glaskastele te bou
Hoop wat kan vergaan as die verhoudings nie standvastig bly

En sien
Sê Pappa
Dit is waar die probleem lê
Met die tipe liedjies wat julle sing

Oe Daddy-God se kinders
Dit is die probleem
Julle wat moed-verloor met die lewe en nie meer wil aangaan daarmee
Wanneer die verhoudings skipbreuk ly

Lees meer hier…

Sien sê Daddy-God
Sien
Dis dan wanneer julle sommer hand aan eie lewe wil slaan
En nie meer wil probeer

Kinders hoe sê Daddy-God
Hoe moet Ek dan voel
Ek wat kamstig
Jou rots, anker en alles was

Sien
Sê Pappa-God
Sien
Julle doen so verkeerd

Julle harte is nie vir My sê Pappa
Nie rerig-erig nie
Julle bedoel dit nie waarlik
Want kyk hoe vinnig wil julle moed opgee

Kinders
Sê Pappa
Asseblief verstaan
Jy kan geen een mens ooit soveel mag oor jou lewe gee

Nie geliefdes nie kinders
Ook nie jou eie kinders nie
Nee sê Pappa
Ek moet jou rots en anker bly

Daar’s party van julle sê Pappa
Wat dit ken
Julle ken daai diep moed-opgee-gevoel
Wat in jou hart kom lê wanneer nog ‘n verhouding vou

Jou belê julle hoop
In die verkeerde plekke
Liefste kind
Dit moenie in man, vrou, kind of ander dinge lê

Solank as wat daar kinders
Ander dinge bo My is
Moet julle weet
Julle staan gevaar om so seer te kry

Oe Pappa se kinders
Asseblief, luister vir My
Ek wil jou hart bewaar
Ek wil hê jy moet hom veilig belê

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
In My hande
Is jou hart altyd die veiligste

Plaas jou hoop op alles in hierdie lewe
Liefste kind
Asseblief
Altyd in My

Altyd en altyd
Sê Pappa
Altyd en altyd is dit so
Ek is die een wat die beste na jou hart sal kyk

Oe sê Pappa
Julle harte glo dit nie werklik
Julle dink dis beter
As julle vir julle geliefde daai plekkie in julle harte gee

Oe Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Julle is so verkeerd
Julle moet julle vertroue en als in My belê

Mense vou sê Pappa
Wanneer die dinge en goeters
Waarop hulle hulle hoop bou vou
Oe kinders sê Pappa moet dit nie meer doen

Ek wil julle bring op daai plek
Sê Pappa-God
Waar julle vertroue en rustigheid
In My en geen ander sekuriteit in julle lewens lê

Kinders sê Pappa
Liefstes
Ek is die enigste konstante een
Die ware een wat niks of niemand kan kniehalter nie

Luister asseblief na My raad
Sê Pappa-God
Ek wil jou hart vir altyd
In veilige bewaring hou

Dis hoekom Ek altyd sê
Liefste-liefste kinders
Vertrou My
Kyk eerste van alles en altyd vir My

Oe Pappa se kinders
Ja dit is genoeg
Dis genoeg om te weet
Ek sal nooit My hart op julle draai

Nooit sê Pappa
Nooit ooit
Dis wanneer julle harte veilig in My bewaring is sê Pappa
Wat die storms maar kan kom

Geen kind
Geen storm, wind of weer
Sal julle bootjie kan sink
In die golwe wat die wêreld se probleme stuur

Oe kinders sê Pappa-God
Ek soek julle huisies gebou
Op vaste grond
Met ‘n sterk fondasie daaronder

Oe kinders
Sê Pappa
Om julle harte op enige ander fondasies behalwe My te bou
Is so bitter baie gevaarlik vir jou

Oe ja kinders
Sê Pappa-God
Dis nie nodig om ooit
Te twyfel of te wonder as Ek naby is

Kinders sê Daddy
Altyd en altyd sal jy dit bly maak
As Ek die stewige fondasie is
Waarop jy jou huis bou

Kinders
Sê Pappa-God
Dink aan opgee
Sal dan nooit ‘n opsie wees

Ja sê Pappa-God
As Ek die rede vir jou lewe was
Kinders
Sou jy altyd weer wou aangaan

Sien kinders
Sê Pappa-God
Ek wil nie vir julle fabelagtige hoop gee nie
Iets wat net altyd lugkastele in die wolke bou

Oe nee kinders
Sê Pappa-God
Ek wil julle ‘n konkrete rotsvaste anker
Onder julle voete gee

Pappa se liefde is genoeg
Liefste kinders
Altyd-altyd genoeg
Ek wil dit graag vir julle sê

Geen mens se liefde sê Pappa
Kan ooit ‘n huisie langs Myne opsit
Nee sê Abba
Myne is die enigste, standvastigste, onvoorwaardelikste liefde wat jy ooit kan kry

Hoekom nie vanuit hierdie plek
Van volmaakte liefde
Sê Pappa-God
Liefde aan die res van die wêreld en jou geliefdes uitdeel

Kinders sê Pappa-God
Laat toe dat My liefde
Julle wese vul
En dan sal julle waarlik sien hoe dit is om ander lief te hê

Kinders sê Pappa
Liefde vra ‘n prys
‘n Prys wat nie altyd maklik is om te betaal
As jy Myne nie as anker het

So ja sê Pappa
Dis maar al wat Ek wou sê
Ek wil hê jy moet al jou vertroue en hoop in My belê
Sodat jy nie ooit nodig sal hê om waarlik hopeloos te voel

Want dis wat gebeur
Liefste kinders
Wanneer julle julle hoop en vertroue
Op ander dinge bo My stel

Nee sê Pappa
Nee
Ek vra weer
Moenie daai diep oorgee-liedjies vir julle geliefdes sing

Nee liewe wêreld
Nee Pappa se kinders
Wees bewus
Asseblief doen wat Ek vra

Julle is letterlik besig
Om julle lewens in die van ‘n mens te sit
En kinders sê Pappa
Dit is nie so goeie idee

Maak altyd seker sê Pappa-God
Dat die woorde wat julle vir hulle sing
Die tweede plek wat hulle in julle harte het
Weerspieël

Ja-nee kinders
Sê Pappa-God
Dis altyd
‘n Soveel beter idee

Kinders sê Pappa-God
Prioriteite op die regte plek
Dis altyd beter
Asseblief vertrou My

Ja-nee liefste kinders
Altyd-altyd is Ek daar
Ek wil julle vertel
Kom asseblief nader aan wie Ek is

Ek wil julle so graag vertel
Ek wil julle so graag wys
Kinders daar is meer
Soveel meer vir die wat sal sê ja

Julle harte is baie maal seer
Sê Pappa
Julle dink dat Ek uithou op julle
Maar kinders dis nie so

Ek’s altyd gereed
Sê Pappa-God
Altyd gereed
Om julle dieper en meer van My te leer

Ek wag altyd sê Pappa-God
Altyd
Om te sien
Wie gaan opdaag as Ek vra

Julle harte is sag sê Pappa-God
Baie kere sag
Maar kinders julle moet verstaan
Ek wil julle so graag meer van My gee

Meer sê Pappa
Altyd meer
Dis is My hart vir julle
Kinders asseblief kom nader aan My

Ek vra so gereeld
Sê Pappa-God
So gereeld
Maar kinders julle bly bang

Kinders sê Pappa
Om te vrees
Is nie van My
Ek wil dit graag vir julle sê

Om vreesloos
In My teenwoordigheid te wees
Kinders sê Pappa
Dit is so My hart vir julle

Dikwels sê Pappa
Sukkel julle daarmee
Julle weet net nie sê Abba-God
Hoe om sonder vrees dieper in My teenwoordigheid in te beweeg

Ek wil so nie hê nie
My liefstes
Dat julle moet bang wees
Dit verhoed julle om My nog beter te leer ken

Kinders sê Pappa
Ek weet
Ek weet daar lê baie vrees
Tussen My en jou hart

Ek wil hê liefste kind
So graag
Dat ons daardie skeiding van vrees tussen ons harte sal oorbrug
Dit is so My diepste hartsbegeerte

Ek wil julle kom leer
Liefstes van My hart
Dat dieper en mooier intimiteit tussen ons
So baie moontlik is

Dit is so moontlik
Liefste kinders
Dit is so nodig
Vir die pad wat voorlê

Sien My liefste kinders
Sê Pappa-God
Die dae van groter misleiding
Hulle is voor die deur

Ek wil julle so graag
So diep gewortel kry
In die waarheid van wie Ek is
Kinders dis My hart

Dis My hartklop
Sê Pappa
Dat jy My hart sal ken
Elke ritmiese klop

Ken julle My so
My liefste kinders
Ken julle My so?
Dis so Pappa se hart om julle dieper te anker in die waarheid om My

Soveel kinders sê Pappa
Van My
Gaan val, hulle gaan val in die dae wat voorlê
As hulle My nie beter en intiemer kom leer ken

Oe Pappa se hartskinders
Julle wat op die oewers staan
Julle wat nog nie lekker die diepte van wat saam vir ons moontlik is
Betree het nie

Kinders vra Pappa
Ek nooi julle
Asseblief sal julle nader kom
Julle is so versigtig besig om alles te betrag

Sal ek, sal ek nader gaan
Sal ek
Wat as ek my lewe verloor
Wat as ek dit nie maak

Oe Pappa se kinders
Asseblief kom luister vir My
Ek sal jou nader help
As jy net die treë sou gee

Ja liefste dogter
Seun van My hart
Pappa wil net sê
Ek is by jou

Skuifel-skuifel
Sê Pappa-God
Skuifel jy vorentoe
Sal ek, sal ek nie

Ek weet sê Pappa
Ek weet so baie goed
Hierdie My-dieper-leer-ken
Is vir baie van julle onbekende terrein

Baie onbekend sê Pappa
Baie onbekend
Julle is so bang, so versigtig
Julle hou alles baie groot-oog dop

Daddy is dit U
Is dit rerig U
Is dit soos U werk
Kom als van U?

Oe kinders sê Pappa
Ek weet
Ek weet dis diep
En jy is nie seker gaan jy dit regkry?

Oe sê Pappa, oe
Dis amper soos ‘n yskaatsbaan
En jy wat vir die eerste keer probeer om
Om die baan te gaan

Groot-oog sê Pappa
Groot-oog
Hou jy almal om jou dop
Wonder sal ek dit ooit kan doen

In die begin sê Pappa-God
Gaan dit maar slakkepas
Jy is baie bang vir die nuwe goed probeer
Baie versigtig vir wat voorlê

Ja sê Daddy, ja
Jy wil nie baie graag
Op jou sitvlak beland
Of is dit ‘n entjie gly op die gladde ys

Oe sê Pappa kinders Ek weet
Dis nogals vreemd aan die begin
Maar soos wat jy dit aanhou doen
Sal jy meer en meer the-hang-of-it kry

Dis maar hoe dit met My
En My diepte in die Gees ook werk
Kind Ek is ‘n onuitputlike bron
Van die heerlikste verrassings

Ek wil so graag hê
Sê Pappa
So graag
Dat mense met bewondering na My sal begin kyk

Bewondering wat bly sê
Oe God
U is so amazing mooi
So amazing mooi, ek het nooit geweet!

Mense sê Pappa
Word so baie kere bang gepraat oor God
Daar word vertel hoe kragtig en groot Ek is
Maar nooit oor hoe sag My hande ‘n babatjie s’n vashou

Oe Pappa se kind
Asseblief luister vir My
Ek wil julle vra
Begin om meer die wonder van wie Ek is te ontdek

Julle liefde vir My is so kosbaar
Liefste kinders so kosbaar
En Pappa wil julle vra rerig
Kom asseblief nader aan My

Nader
En nader
En nader
Totdat nie ‘n stukkie vrees oorbly

Oe My hart is sê Pappa
Dat jy saam met almal
Wat voor jou op die skaatsbaan was
Sal begin saamskaats

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Daar is wonderlike dinge
Wat die skaatsbaan van My hart vir julle inhou

Ek wil vra liefste kinders
Ek wil so graag hê
Dat julle sal begin gemaklik raak
Met die skaatse wat julle aanhet

Van wankel-wankel
Sê Pappa-God
Tot skaamteloos in die rondte draai
Dit is so My hart vir jou

Ja liefste kind
Ja
Pappa wil so graag hê jy moet vrylik en onbevange
Net jouself wees

Ja begin ophou
Om terug te hou sê Pappa
Wees jy net jou lieflike wonderlike self
Kind van Abba-God

My liefde is so diep
Sê Pappa
So diep en mooi
Vir elkeen van julle My wonderlike kinders

Oe sê Pappa-God
Dis vir My so mooi
So die beste
Wanneer julle meer en meer begin om julleself te ontdek

Ja sê Daddy
Die wonderbare jy wat Ek gemaak het
Maar wat die wêreld julle partymaal leer
Om weg te steek

Oe kinders sê Pappa
Julle is in warm liefde gemaak
En dis vir My so lekker
Wanneer julle dit meer en meer ontdek

Oe kinders
Sê Pappa-God
Julle lewens dra soveel-soveel waarde
Asseblief julle moet dit net nooit betwyfel nie

Ek weet dis partykeer swaar
Ek weet dis dikwels moeilik
Om te laat gaan van wêreldse opinies
Maar oe kinders dit is so baie nodig

Dis bevrydend
Sê Pappa-God
So baie
Om te ontdek wie jy in Christus Jesus is

Oe kinders
Sê Pappa
Kom nader en kom ontdek
Ek is baie minder vreesaanjaend as wat baie mense dink

Oe kinders sê Pappa-God
Ek is grooooot
Ek is baie baie groot
Tog klein genoeg om in jou hart te woon

Liefste seun
Dogter van My hart
Is dit nie wat daai oulike kinderliedjie julle leer
Liefstes dit is so

Dit is so
Sê Pappa
Dit is so
Ek weet

Ek weet sê Daddy-God
Ek weet dat daar as gevolg van dit
Groot bewondering vir My in baie mense se harte lê
Tog weet Ek daar is mense wat as gevolg daarvan rerig vrees

Ja hulle vrees My grootheid
Hulle vrees wat Ek as gevolg daarvan
Aan hierdie wêreld
En ook aan hulle kan doen

Ek verstaan dit
Sê Pappa-God
En dis is seker nodig vir mense om ‘n gesonde prentjie van My te hê
Maar Ek wil nie hê julle moet My as gevolg daarvan vrees

Kinders sê Pappa
Kan Ek nie eerder vra
Sal julle My grootheid eerder bewonder
As wat julle bang is daarvoor?

Sien sê Daddy-God
Dit is waar bewondering vir My in julle harte inkom
Daar waar julle besef
Ek is ook klein genoeg om in julle harte te woon

Oe kinders sê Pappa
Is dit nie die mooiste mooi
Die God van die heelal
Ook klein genoeg om ‘n mensehart te bewoon

Kinders vra Pappa
Vertel dit nie in dit self
Die mooiste verhaal
Van liefde, trou en My sagte hart

Ek My kind
Ek wat so groot en magtig is
Ek wil verhouding met jou bou
Ek wil so graag hê jy moet My ken

Ek het die mooiste storie
Liefdesverhaal kinders
Aan die kruis van Golgota kom vertel
‘n God wat Homself kon red maar nie het nie omdat Hy so lief is vir jou

Hoekom vergeet julle
Daardie stukkie altyd so gou
Hoekom vergeet julle so gou
Dat Ek ‘n God van wonderbare trou is

Oe Pappa se kinders
Liefstes van My hart
Dis nodig, so nodig
Dat julle My leer ken as die mooiste God

Aangename kennis
Sê Pappa-God
Aan almal wat Hom nie reg ken
Dit is kinders wie Ek rerig is

Om My lief te hê kinders
Om My lief te kry
Vir wie Ek is
Kinders dis so wat julle nodig het

Leer My ken kinders
Sê Pappa
Asseblief
Leer ken wie Ek waarlik is

Dit is die vinnigste
Liefste kinders
Wat die vrees in julle harte
Voete sal kry

Oe liefstes
Sê Pappa
Asseblief luister vir My
Luister na My grootheid wat vir jou bewondering vra

Oe kinders sê Pappa
Oe kinders
Dis die vra van My hart, rerig
Dat julle sal nader kom aan My

Nog ‘n bietjie nader vra Pappa
Nog ‘n bietjie nader
Stadig maar seker
Totdat jy vir daai skaatse wys waar het Dawid die wortels begrawe

Dis My hart
Liefste seun
Liefste dogter
Dis My vra

Laat gaan van die versigtig-wees liefste kinders
Laat gaan ‘n bietjie
Laat gaan
Sodat julle die vryheid in My kan ontdek

Vryheid wat weet
Hy kan alles doen
Maar vryheid wat al slim genoeg is
Om te besef nie als is goed vir my

Oe sien kinders
Oe sien
Dis die ware mooi van My hart
Die hart wat sooo graag wil hê jy moet hom kom ontdek

Dieper en meer
Liefste kinders
Dis die vra in My hart
Die vra wat so graag wil hê jy moet hom beter kom leer ken

Dis wanneer sê Pappa
Julle My waarlik-waarlik ken
Wanneer julle julself toegelaat het om My waarlik te vind
Dat julle teen die wolwe se leuens bestand sal wees

Die beste wapen
Liefste kinders
Teen die wolwe se leuens
Is die waarheid oor My wat jy waarlik ken

Oe ja kinders sê Pappa-God
Dis nou genoeg
Ek wou julle maar net kom waarsku
Dit is wat voorlê

Die hoer van hierdie wêreld
Sê Pappa-God
Se plan is so om ons twee
Van mekaar te bly verwyder

Sy het altyd planne
Sê Pappa
Altyd
Maar Myne is beter

Ja liefstes
Sê Pappa-God
Ek vra julle net bly naby My
Sodat julle kan onderskei

Julle het nodig
Liefstes van My hart
Elkeen van julle
Om aan die einde van dae My hart self te ken

Dis die voorreg kinders
Wat julle elkeen het
Moenie aan die buitewyke bly staan
Nee liefste kinders spring in

Spring in en sê
Daddy-God hier is ek
Vertel my asseblief meer
Leer my asseblief meer wie U rerig is

Die uitnodiging is hier
Liefstes
Asseblief neem hom aan
Leer My self ken

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment