Hemelse Herder

Daar is ‘n lied
Hierbinne in my hart
Wat vir altyd
Die lof en eer van my Koning wil besing

Al raak die pad
Soms moeilik
Al raak hy swaar
Wil ek daarmee aanhou

Want dis die Koning
Van my hart
Wat my deur die felste storms dra
Hy is altyd daar

Hy sal nooit opgee op my nie
Dit gee my hart
Soveel hoop en genade
Om met die pad aan te hou

Nooit sal Hy my
Sommer net los nie
Of op ‘n dag sommer net sê
Weet jy dit is nie die moeite werd

Altyd sal Hy aanhou
Om die mooi in my
Na vore te bring
Altyd werk om my te versterk

Liefste kind
Selfs al gaan jy
Deur donker dieptes
Wil Ek vra hou jou oë op My

Trek nader aan My
Vra Vader
In die moeilike tye
Trek nader aan My

Moenie opgee nie
Liefste kinders
Hou vas
Hou vaster aan My

Ek sal dit voleindig
Vir die wie hulle oë hou op My
Moenie laat gaan nie liefste kinders
Hou vas, trek nader aan My

Ek sal aan die wat
Hulle oë op My bly hou
Krag en genade gee
Om deur die storms te trek

My liefste kinders
Weet dit
Julle is nooit alleen
Selfs die slegste sleg kan Ek mooi maak

Behou geloof
Wees manlik, wees sterk
Stry die goeie stryd
Weet Ek is altyd naby

My oë sal Ek nooit
Van julle afhaal nie
Liefste kinders
Want julle is te kosbaar vir My

Ek is lief vir julle
My liefste-liefste kinders
En Ek sal julle
Deur die storms van die lewe dra

Moenie ooit dink aan opgee nie
My kinders
Met My aan jou sy
Hoef dit nooit ‘n opsie te wees

Hou vas My liefste kinders
Bly naby aan My
Weet dit Ek is en bly in beheer
Selfs al lyk dit nie altyd vir julle so

Ek sal julle deurtrek
Ek sal My oë op julle bly hou
Ek wat die Herder is
Julle wat die kudde bly

Ek weet hoe om My kudde te beskerm
Sê Abba-God
Ek is hulle veilige vesting
Die Een wat hulle huis toe bring

Nie een wil Ek hê
Moet ooit verlore gaan
Hou vas aan My, My liefste kinders
Weet dit Ek is en bly naby

As een van My skape
Afgedwaal het
Sal Ek die res los
Om hom te gaan vind

Dis die liefde wat Ek vir hierdie wêreld het
Sê Abba
Ek hou net aan en aan
Ek is konstant besig om hierdie wêreld in te bring

Kan julle dit nie sien nie
Hoekom kan julle dit nie sien nie?
Liefste kinders asseblief maak oop julle oë
Begin My raaksien

Begin My raaksien
Vra Abba
Begin My asseblief met ‘n opregte hart soek
En weet Ek is altyd naby

My hart is altyd
My liefste kinders
Om julle in die moeilikste van tye by te staan
Julle nooit ooit te verlaat

Sal julle dus
My liefste kinders
Julle oë op My bly hou
Nie ooit daaraan dink om My te verlaat

Want Ek soek kinders sê Abba
Wat vasbeslote is
Om net soos Ek
Ons verhouding te bly bou

Ek wil dieper en meer
Vir julle gee
Julle moet net vra daarvoor
My hart kom opspoor

Hou moed
My liefste kinders
Hou moed en weet
Ek is altyd so naby

Moenie moed opgee nie
Kinders al raak die pad donker
Al is die pad swaar
Trek asseblief nader aan My

Ek sal julle deurtrek
My liefste kinders
Ek sal
Hou net asseblief aan om julle oê op my te hou

Nie op die storm
Wat julle omring
Op My
So sal julle genade en nuwe krag kry

Om deur te trek
Om vas te hou
Om nooit, nie vir ‘n oomblik
Te dink aan opgee

Dankie My liefste kinders
Dat julle aanhou vashou
Dat julle reg kies
Dat julle ook vir My liefhet

Ek eer julle sê Abba-God
Julle wat in die toughste van tye
Julle oë op My vestig en sê
Saam met my Koning gaan ek dit maak

Ek is die krag in jou bene
Sê Abba Vader
Wanneer dié woorde
Julle monde verlaat

Trek net nader
Hou net vas
Julle sal Ek help
Om My wil te doen

Dis omdat julle gehoorsaamheid
Bo wat julle wil hê kies
En dis vir My mooi liefste kinders
Dit is baie mooi

Dankie liefste kinders, dankie
Saam gaan ons dit beslis maak
Met My aan jou sy hoef opgee
Geensins ooit ‘n opsie te wees

My hart sal dus bly sing
Deur die storms
In die dale
Totdat ek weer op bergtoppe saam my Koning staan

Aan Sy mooiste belofte
Hou ek aan vashou
Vader-God sal dit voleindig
Woorde waarop ek kan bly staatmaak

Ek is so bly en dankbaar
Dat Sy woorde goud is
Dat dit soveel waarde dra
Dat dit nie net niks is waaraan ons vashou

Ons hou vas aan die ewige God
Hy is en bly altyd in beheer
Die mooiste Een
God bowenal

Vir Hom sal my hart
Bly sing
Deur Sy genade
Wil en sal ek getrou bly

Totdat Hy my kom haal
Totdat ons vir altyd by Hom sal wees
Tot dan
Tot dan sal ons bly vashou

Dankie Abba-God
Vir genade-groot
Wat nooit op ons U kinders opgee
U is die Een wat ons altyd deurdra

Om ons oë op U te bly hou
Om te glo U is
Dit gee ons krag
Dit gee ons genade om aan te gaan

Help ons asseblief Abba
Om aan te hou met vashou
Om nooit moed op te gee
Dankie dat U ons daarmee help

Elke dag wil ons groei in vertroue
Elke dag wil ons meer en meer van U weet
Dankie dat U ons help
Dat U ons altyd stewig vashou

Nooit sal U ons los
Altyd sal U omgee
Ons deurdra
Ons vaster hou

Ons sê so dankie daarvoor
Dankie Abba liefste God
Vir elke voorreg
Vir elke liedjie wat in my hart opspring

Ek sal U bly glo
Ek sal U bly glo
Deur die rofste storms
U hand bly vashou

Nie omdat ek goed is nie
Nie omdat ek in my eie krag enigsins kan nie
Want ek kan in myself nie
Maar met Vader-God aan my kant kan ek

Abba help my asseblief
Om my oë op U te bly hou
Om nooit op te gee
Want U alleen is die Voleinder van my geloof

Dit is wat U beloof
Wat U begin
Dit maak U altyd klaar
Vader help my asseblief om vorentoe te kyk

Vir terugkyk sien ek nie meer kans
Dit gaan my nêrens bring
Ek moet met geloof in my hart bly vorentoe kyk
Die beste lê altyd nog voor

Dis ‘n waarheid
Wat ek met my hele hart glo
Dis ‘n waarheid
Wat my deur elke dag dra

Vertroue in God
Vertroue in God
Totdat die dag en Vader se tyd
Met groot blydskap aanbreek

Tot dan hou ek my oë op Hom
Nooit ooit wil of sal ek laat gaan
Want ons God, my God
Is en bly altyd in beheer

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment