Woeste waters

Wanneer jou hart seer is
En jy dink jy kan nie meer
Hou dan vas
Met alles wat jy het

Liefste kind
Weet dit asseblief
Met Vader-God aan jou sy
Kan jy nie verloor

Hy sal die Anker wees
Wanneer jou voete
Geen vastrapplek kry
Hy self sal jou bo hou

In lewensstorms wat bly woed
Is Hy hoog beproef
Hy weet hoe om die branders
En winde stil te maak

Hoe om hulle rustig te kry
Bly Sy spesialiteit
Daar is niks wat hierdie God
En Koning van ons nie kan doen

Hy is die Antwoord
Op elke probleem
Hy is die Een
By wie ons siele rus vind

Selfs as die lewensstorms woed
Moet ons altyd onthou
Dat God ons Anker
In beheer bly

Niks kan Hom beweeg
Niks of niemand kan Hom ontsenu
Hy is en bly die Een
By wie ons kan bly wegkruip

Hy is mooier as die son
Hy is die rustigheid vanself
Om onder Sy vleuels te skuil
Is om die veiligste plek ooit te bewoon

Dankie liefste God
Dat U ons Anker bly
Selfs as lewensstorms woed
Weet ons U is altyd naby

Dankie dat U ons liefhet
Met ‘n ewige liefde Abba-God
En dat niks ons ooit
Uit U hande kan ruk

Om by U skuiling te vind
Beteken vir ons so baie
Want ons weet
Dat U rerig omgee

Daarom plaas ons, ons oë op U
Ons sê dat ons weereens sal probeer
Saam met U sal ons nog ‘n keer opstaan
Ons sal positief bely

U is en bly God
En daar is niks
Niks wat hierdie God
En Koning van ons nie kan doen

Daarom hardloop ek na U
Ek vind my skuiling by U
By U wil ek bly
Totdat die storms gaan lê

U wat die Antwoord is en bly
Ek sê baie dankie daarvoor
Wie U is beteken so baie vir my
Want ek weet dat U rerig in beheer is

U verstaan
Selfs al doen ek nie
En deur elke golf wat om my bene breek
Is U naby

Ek staan nie alleen nie
U is by my
Dankie vir die versekering
Pappa-God

Dit vul my hart met vrede
Dit vul my hart met hoop
Selfs al het die storms
Nog nie oorgetrek

Want dis in die storm
Wat U stilte gee
Dis in die storm
Wat U die Rots bly

Gee oor aan Hom
Vertrou op Hom
Selfs as dinge baie keer verborge bly
Sy hart vir ons is mooi

Dit moet ons in donker tye veral bly glo
Ons Lewe, ons Hoop, Ons Anker
Die Een by wie ons skuiling
Teen die lewensstorms vind

Ons moet ons oë op Hom bly hou
Glo dat Hy ons nooit
In die steek sal laat
Maak nie saak wat die wêreld sê

Want dis nie wie ons Koning is
Hy is Lewe, Hy is Hoop
Hy is die enigste ware Anker
In hierdie lewe

Bly glo
Bly glo
Kind van God
Kom ons bly glo

Dit is mos wat geloof is
Dit is wat ons God en Koning se hart bly maak
Ons wat bly glo al sien ons niks
Ons wat bly kyk soos hulle wat die onsienlike sien

Dit is ons God
Dit is hoe Sy Koninkryk bly werk
Dit is wie Hy is
Hy is mooi

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment