‘n Operasie van die hart
Dit het U kom doen
Die dag toe ek U
Waarlik innooi
Gesond het U my
Van binne gemaak
U lig van genesing oor my geskyn
Alles kom nuut maak binne-in
Ek het nooit
Geweet of besef
Dat ek so onmiddelik
Soveel beter sou voel
Onmiddelik was daar ‘n loslaat
Van al die swaarte
Om my hart en skouers
Laste was so lig gemaak
Alles het my liefste God
Met Sy genesingshand aangeraak
My hart is
Met Sy warm liefde vervul
Nooit het ek gedink
Dat Sy liefde, aanvaarding en vergifnis
Vir my so ‘n wonderlike
Genesingsmiddel sou wees
Sy lig het Hy
Kom aansteek in my
Soveel vreugde, blydskap
En vrede het Hy saamgebring
Sy hart is herstel
Vir elke mens wat in Hom sal glo
Vir elke mens
Wat Hom ‘n kans gee
Die mooiste herstelwerk
Het Hy in my hart en lewe kom doen
Iets waartoe ek tot vandag
Baie dankbaar is
Nooit kan ‘n mens
Ooit verkeerd gaan
Om Hom die chirurg
Van jou hart te maak
Die mooiste werk
Kan Hy in die mensehart doen
Van stukkend en gebreek
Tot heel en splinternuut!
Sal jy Hom toelaat
Liefste vriend, vriendin
Om in jou lewe
Ook dieselfde te doen
Geen beter hartoperasies
Kan enige iemand doen
En dis ook nie soos die pleisters
Wat die wêreld daaroor plak
Om ‘n pad
Van genesing en oorgawe
Met ons Koning te loop
Dit bly die mooiste ding!
Laat toe dat ons Abba-God
Die seer in jou hart genees
Laat toe dat Jesus se bloed
Nuwe lewe deur jou are pomp!
In Jesus is jy genees
In Hom is jy vergeef
Gee jou lewe oor aan die Here
En loop die pad van herstel tree vir tree saam met Hom
Genesing van die hart
Bly dikwels vêr
Omdat ons nie wil glo
Omdat ons Jesus nie ‘n kans wil gee
Moenie jy dieselfde doen
Vertrou asseblief Sy hart
Vertrou die mooi van wie Hy is
En kyk liewe vriend, vriendin hoe Hy jou ‘n nuwe hart gee
Genees van al die seer
Iets waaroor jy nie meer gaan hoef te tob
Heel in jouself
Heel in Sy wonderbaarlike liefde vir jou
Dis al wat nodig is
Om die pad van genesing te stap
Sy liefde
Sy liefde is so bitter baie groot
Amen.