God is in beheer
Dit sal my hart bly glo
Maak nie saak wat
Die wêreld en mense sê
Alle seer
Gaan draai vir goed
Dit gaan my hart en lewe
In glorie beleef
In my God se beloftes
Sal Ek aanhou glo
Een vir een
Elkeen
Vader-God voorsien
In al my behoeftes
Na die rykdom van wie Hy is
Op my sal Hy nooit opgee
Deur elke storm
En moeilike tyd in my lewe
Het Hy my gedra
Hy sal ook in die een
Vader ek vra dat U my hart
Asseblief sterk sal maak
Teen die aanslae van die vyand
Dat U my voete sal styf vashou
Abba-Vader ek wil
U eer met my lewe
Ek wil hê U moet weet
U alleen is wat my staande hou
Abba sal U my asseblief help
Om vas te bly staan
Om aan te hou glo
Wanneer die moed en vertroue min raak
Vader help my asseblief
Om in hierdie storm-tyd
Nader aan U te trek
En nie my rug op U te draai
Dankie dat U my hou
Vaster as wat enige een kan
Dankie dat ek in U hande
Bitter baie veilig is
Ek wil die teuels van my lewe
Aan U aanhou oorgee
Want ek weet
U maak iets baie mooi daarmee
Ek sal dit bly glo
Ek sal dit bly sê
Deur U genade Heer
Alles, elke storm-tyd, gaan draai vir goed
U is in beheer
U bly in beheer
Maak nie saak wat
Die wêreld of iemand anders sê
Deur U genade sal ons vas bly staan
Ons gaan dit meer as maak
Want U is die wonderlikste
Grootste krag in ons
Vader help my asseblief
Om vas te hou maak nie saak
Hoe moeilik of onmoontlik dinge lyk
Dat ek my oë op U sal bly hou
As dit donkerder raak
Weet ek dat U
My net nog meer
In U liefde en genade toevou
Ek wil bly glo
Ek sal aanhou
Deur U genade-hand
U is en bly in beheer
Amen.