Bou bakens van hoop

Ek is die Begin
Ek is die Einde
En alles tussen-in
Dit maak seer wanneer mense dit nie wil glo

Hoekom Ek nog met julle praat
Dit weet Ek nie aldag nie
So baie kere wat Ek praat
En My woorde dan net soos water van ‘n eend se rug afrol

Asseblief My liefste kinders
Asseblief
Moet dit nie meer doen
Moet dit nie meer toelaat

My kinders
Abba se kinders
Luister asseblief vir My
Daar is soveel meer as net die dooie woorde wat jy dink Ek praat

Wanneer Ek sê
Vreugde sal in jou hart ontspring
Wanneer jy My meer en meer leer ken
Bedoel Ek vreugde My liefste kinders

Vreugde soos wat julle nie ken
Vreugde soos wat julle nog nooit gehad het nie
My liefste kinders asseblief
Julle moet My vir ‘n slag ‘n bietjie kom glo

Goeie goeters gebeur
Wanneer mense My nader nooi
Goeters wat julle nog nooit
In julle binneste ervaar het nie

Ek het ‘n manier
Om die blinkste dinge
In julle harte te plaas
Goue skatte kom ons sê so

Kinders julle het nie ‘n idee
Die mooiste dinge
Wat Ek met die mensehart kan doen
Dit is omdat alles altyd gaan oor die hart

Liefste kinders
Ek wil julle vra om julle harte
Asseblief skoon te hou van buite-invloede
Dinge gestuur om net weer te verlei

Liefste kinders asseblief
Pappa vra mooi
Luister vir My
Weet dat Ek net die beste raad het

My hart is altyd om te beskerm
Sê Vader
Net soos julle aardse pappa’s s’n
Eintlik veel meer

Pappa se kinders
Julle kan nie verstaan
Hoe baie Ek omgee
Julle het net geen idee

Ja-nee sê Pappa
Dis altyd makliker om vingers te wys
Vader hoekom nie dit, hoekom nie dat
Tog vergeet julle altyd dat Ek van die Groter Prentjie weet

Kinders Ek weet wat die wêreld in sy volheid inhou
Ek weet, sê My doen jy?
Liefste kinders asseblief Ek vra net
Hou julle oë op My, asseblief vertrou My hart

Sien sê Abba
Dis hoekom Ek altyd vra
Kinders leer ken My hart
Vind uit wie Ek in karakter is

Want sien sê Abba
Dis wanneer julle My in karakter leer ken
Dat julle kan sê kom wat wil
Ek sal bly staan

Op My God se Woord
Op Sy hart en beloftes
Ek sal staande bly
Ek sal bly glo

Sien sê Abba
Dis die tipe geloof
Wat Ek in My kinders se harte wil opbou
Geloof wat bly glo, maak nie saak wat

Dis so belangrik
Dat julle by die tipe geloof in My uitkom
Want dis die geloof
Wat julle deur die donkerste nag sal bly deurdra

Kinders julle moet weet
Julle moet leer
Ek is betroubaar
En julle kan My bly glo

Geloof beteken niks
Wel nie veel sê Abba
As julle My nie in die donkerste tye
Vir deurbraak kan bly vertrou

Sien kinders
Sien sê Abba
Ons is net besig om julle geloof sterker te maak
Sterker in My

Dis nodig vir die donker dae wat voorlê
My liefste kinders
Julle moet weet, julle moes al geleer het
God is getrou

Abba se kinders
Asseblief kyk vir My
Asseblief hou aan
Moenie opgee nie, Ek weet van jou

Ek weet die lewe is somtyds moeilik
Ek weet baie kere wil julle nie meer
Maar kinders Ek wil hê julle moet weet
Ek is altyd daar en Ek gee so baie om

Kinders as julle dit
Nie in die donkerste tye
Kan bly weet nie
Wat help dit My kinders

Wat help dit as julle nie op My liefde
Aanvaarding en getrouheid
Kan staatmaak in donker tye nie
Wat help dit

Ag Abba se kinders
My kinders
Ek wil julle sterk maak
In geloof in My

Ek weet die proses is nie altyd maklik nie
Ek weet dis dikwels seer
Maar My kinders
Die lesse wat julle in die tyd leer gaan julle vir altyd so baie waardeer

Pappa se kinders dit is omdat ons besig is
Om bakens van hoop in jou lewenspadjie op te rig
Kinders bakens van hoop
Waarna jy vir die res van jou lewe sal kan terugkyk

My kinders
Pappa se kinders
Besef julle hoeveel kere hierdie bakens julle nog in die toekoms gaan bemoedig
Besef julle?

My liefste kinders
Ons moet hierdeur
Ons moet
Anders gaan julle nie die toekoms maak

Alles wat Ek doen is altyd vir julle beswil
Altyd sê Pappa
Die pad is ‘n bedekte seën My liefste kind
Teenoor dit wat nog wag

Julle ken nie die toekoms nie
My liefste kinders
Ek doen dis daarom dat Ek vra
Hou aan vertrou

Hou aan My liefste kinders
Hou aan
Selfs in die donkerste nag
Moet julle die goud van My mooi hart bely

Liefste kinders
Dis wat julle deurdra
Dis wat julle krag gee
Dis wat moed in julle harte bou

Kinders julle kan nie opgee nie
Nie nou nie, nie ooit nie
Omdat Ek kan, kan julle
Want dis altyd Ek in en deur julle

Kinders asseblief
Laat hierdie woorde toe
Om geloof en bemoediging in jou hart te plant
Saam kind, kan Ek en jy

Moenie opgee nie
Seun, dogter
Hou vas en weet
Ek is altyd so baie naby aan julle

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment