Saam met ons God
Kan ons beslis
Dit sal ek bly glo
My hart nooit op Hom draai
Kind van God
Sal jy saam met my bly glo
Asseblief nooit jou hart of hand
Vir ons Pappa in die hemel wegsteek
Want ons Pappa is te vertrou
Dit het ek al geleer
In die donker nag
In die helder dag
Nooit ooit sal Hy ons verlaat
Kinders van Pappa se hart ons moet bly glo
Nooit ooit ons rug op Hom draai
Saam met Hom, Jesus, kan ons beslis die steilste bult oor
Hou jou hart sag vir wanneer Pappa wil werk
Vra Hom altyd
Pappa wat is die lesse
Wat U wil hê ek moet in die donker nag leer?
Donker nagte is nie Sy hart vir ons nie
Maar Hy stuur hulle dikwels
Laat hulle toe
Want Hy weet watter mooi en goue lesse Hy ons daaruit kan leer
Lesse wat ons geloof in Hom
Sterker gaan bou
Lesse wat gaan maak
Dat ons Sy liefde en karakter beter kan leer ken
Kinders asseblief
Julle moenie meer aanhou
Om konstant nee dankie
Vir die negatiewe te sê
Kinders goeie situasies is goed
En dis lekker as alles altyd reg is
Maar dis nie eintlik
Waar julle die meeste groei
Seisoene van winter is nodig
In elke een van My kinders se lewens
Sodat julle kan leer
Dat Ek ware goedheid is
Abba se kinders asseblief hou vas
In die donkerste nag
In die donkerste seisoen
Waarin jy nog ooit was
Weet dat Ek jou die mooiste lesse leer
As jy net sal bly vashou
Hou vas aan die goud in My hart
Seun, dogter van God
Dis dikwels waar julle My karakter die beste leer ken
In die stormtye
Dis waarom Ek hulle toelaat
Vir jou om net naby aan My te bly
Trek nader in stormtye kind van God
Trek nader en WEET Ek is altyd daar
Als gaan draai vir goed My kind
Als gaan draai vir goed
Bly bely
Ek is daar
Ek gee om en dat jy dit saam met My
Beslis gaan maak
Triomfeer sal jy beslis
Seun en dogter van Abba-God
Want dit is wie Ek is
En dit is wie Ek altyd sal wees
Amen.