Glorie Halleluja
Tot in die hoogste hemele
Sal my hart bly sing
Ons God is groot en van my weet Hy beslis
My oë sal ek op die dinge van die wêreld nie hou
Nee my God is groter
En hulle doel is in elk geval altyd
Net om my onder te kry
Nee My God is groter
Daarom sal ek vir Hom bly kyk
In die donker nag
Altyddeur
Nooit sal ons Pappa my verlaat
Nie vir my nie
En ook nie een van Sy
Ware kinders
Hy is ‘n getroue God die God van ons
Selfs al is ons nie getrou
Ons liefste God
Hy bly getrou
Vestig jou oë op Hom
Vriend en vriendin in God
Kom ons kyk boontoe
Kom ons vertrou Sy hart
Selfs in die dorsste woestyn
Want dis Hy ons Abba God
Wat fonteine laat ontspring
In die woestyn
Ons Pappa-God is die God van Hoop
Dit moet julle altyd weet
Kinders van God julle harte en oë
Altyd onverdeeld op Hom bly hou
Deur die donkerste-donkerste nag
Hy bly getrou
Ek wou net hê jy moes dit weet
Ek wou net vir jou hoop gee om aan vas te hou
Amen.