Etiket: geloof+genade

  • Draadjie-van-Hoop

    Draadjie-van-Hoop

    Ken jy
    God se hartklop
    Het jy Sy stem
    Al vir jouself gehoor?

    Ons Pappa-God
    Wil so graag kinders hê
    Wat nie net aan tradisie
    Se rokspante vashou

    Ons Pappa wil so graag hê
    Ons moet na dieper en meer begin vra
    Alles wat Hy in die Gees
    Vir ons voorberei het

    Dikwels sê Daddy
    Is dit vir julle My kinders
    Moeilik om te verstaan
    Dis wat Ek so graag wil hê

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom
    Verhinder so baie van julle
    Die Gees se werkinge in julle lewens

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit gebeur so gou
    En so gereeld
    Ek kry dikwels nie kans om te doen wat Ek graag wou

    Julle verhinder My sê Daddy
    Om te beweeg in jou lewe
    Omdat jy nie vir My Gees se werkinge in jou lewe
    Ja sê

    Liefste sê Pappa
    Dit pla My so baie
    So geweldig
    Dis asof daar die heeltyd struikelblokke opgerig word tussen My en jou

    Liefste sê Pappa
    Liefste-liefste kind
    Pappa wil jou vra
    Sal jy My asseblief net bietjie meer vryheid in jou lewe gee

    Ek word so gereeld
    Sê Daddy-God
    Aan bande gelê
    Met wat Ek mag en wat Ek nie mag doen in My kinders se lewens nie

    Daddy U mag dit doen
    En dat
    Maar Daddy asseblief
    Dit mag nie so gebeur

    Oe ja-nee
    Baie kere
    Liefstes sê Daddy
    Word Ek vertel hoe ‘n ding mag of nie mag gebeur

    Ek word vertel
    Sê Pappa
    Ja regtig
    Baie kere

    Ek weet dis nou nie jy
    Sê Pappa
    Ja-nee Ek weet 😉
    Dis nie jy, dis al die ander

    Ja sê ons liefste Daddy
    Ek is goed
    Ek is mooi
    Ek weet wat Ek van julle vra

    Julle is so verkeerd
    My liefstes sê Daddy
    As julle My wil voorskryf
    Oor hoe iets moet gebeur

    Dis nie hoe dit moet wees
    Liefste kind van My hart
    Wag op My
    Doen wat Daddy jou vra

    Ja sê Daddy
    Daar is party kere
    Wat ‘n duidelike ja of nee van My nie nodig is
    Maar dan is daar ander kere wat dit noodsaaklik is

    Liefstes sê Daddy
    Ek wil net vra
    Vertrou, vertrou My
    Met alles wat jy het

    Ja sê Daddy, ja
    Jy kan altyd weet dat Ek van beter weet
    My liefste kind
    Dis beter so

    Daar’s te min mense sê Abba-God
    Wat verkeerd-glo hieroor
    Hulle dink of weet nie
    Hulle kan My raad vra oor enige iets

    Liefstes sê Abba
    Kom net nader
    Nader aan My
    Laat Ek jou wys hoe dit werk

    Ja sê Daddy
    Ja
    Daar is so baie
    Wat Ek julle op hierdie pad van Lig kan wys en leer

    Kinders
    Daddy vra net
    Kom en word wys
    Kom leer van My

    Julle hoef nie al die besluite van julle lewens
    Self te neem
    Rerig julle kan oorgee
    En My veel eerder vertrou

    Ek sal julle
    Die regte pad wys
    Die een wat lewe
    Die een van oorvloed

    Oe liefstes
    Sê Daddy
    Dis te min
    Dis te min dat julle My waarlik vertrou

    Laat My voorloop
    Liefstes
    Asseblief altyd
    Vra ons Pappa-God

    Julle vra te min
    Daddy loop voor
    Wys my die pad
    Waarheen, waarheen nie

    Daar is hoogstes liefstes
    In My
    Wat julle net sal bereik
    As julle vra daarna

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Daar is soveel meer
    Maar dit gaan vat dat julle saam met My op water loop

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Dit gaan partykeer geweldig diep lyk
    Maar julle gaan My moet vertrou

    Ek hou vir julle net die beste instoor
    Net die mooiste
    Ek het kinders nodig
    Wat dit saam met My sal glo

    Ja sê Daddy
    Liefstes
    Dis wat julle moet doen
    Wanneer die moeilike donker twyfel-dae kom

    Vertrou My diep
    Dieper
    Diepste
    Dis wat Ek vir My kinders wil sê

    Julle moet vertrou
    Julle moet glo
    Julle moenie opgee
    Wanneer Ek voorloop

    Sien kind sê Daddy
    Dis altyd die gedagtes
    Wat Satan kom plant
    Gedagtes wat twyfel bring

    Moenie ooit toelaat
    Sê Daddy
    Dat Satan julle vertroue in My
    Verhinder om te groei

    Ja hy gaan altyd probeer
    Sê Abba
    Maar wees bewus
    Kyk die kat goed uit die boom

    Dis sy hart sê Pappa
    Dat Ek en jy
    Nooit nader aan mekaar groei
    Dis wat hy altyd probeer verhoed

    Kom ons knielhalter
    Bietjie sy planne
    Sê Abba
    Kom ons ry dit net ‘n bietjie in die wiele

    Ja deur jy liefste kind
    Wat jou vertroue in My plaas
    En ja sê
    As Ek jou in ‘n sekere rigting wil lei

    Moenie net altyd wil vasskop
    Liefstes van My hart
    Abba s’n
    As Ek jou vra om in ‘n sekere rigting te beweeg

    Ja sê Daddy, ja
    Jy het die stappe dalk nie so geantisipeer
    Maar kind sê Abba
    Ek is nogsteeds in beheer

    Raak rustig sê Abba
    Ja rustig in julle hart
    Vertrou My altyd-deur
    Laat toe dat Ek voorloop

    My genade is altyd genoeg
    Sê ons liefste Pappa
    En wanneer Ek julle iets vra
    Weet dat Ek julle die vermoë sal gee om dit reg te kry

    Ja julle hoef nie altyd
    Sê Daddy
    In ‘n frenzie te gaan
    Te sê dinge moenie so gebeur

    Ja sê Daddy
    Ja
    Dit gaan dalk ‘n klein bietjie anders gebeur
    Maar Ek weet hoekom Ek vra

    Vertrou My net altyd veel eerder
    Sê Pappa
    Vertrou My
    Doen wat Ek vra

    Wanneer Ek in ‘n rigting lei sê Abba
    Wat jy nie rerig verstaan
    Moet jy weet dis nie altyd nodig om eers te verstaan
    Voor jy doen wat Ek vra

    Geloof is glo
    Sê Abba
    Geloof is om te doen
    Wat Ek vra

    Ja liefste sê Abba
    Wanneer Ek vra
    Doen asseblief
    Dis hoe Ek weet dat julle glo

    Moenie net doen
    Tot daar waar dit vir julle gemaklik is
    Nee kind
    Doen dit asseblief end-uit

    Ja alles wat Ek vra
    Loop asseblief die pad
    Van volle gehoorsaamheid
    Tot die einde toe

    Julle liefde is mooi
    Sê Abba
    Ek wil net vra
    Kan julle My help deur meer te groei?

    Meer te groei in julle liefde
    Sodat julle My
    Alhoemeer kan vertrou
    Dis hoe dit makliker raak

    Ja dit is so liefstes
    Hoe meer julle My ken
    Hoe makliker sal dit wees
    Om My waarlik te vertrou

    Ek wil nie net hê
    Liefstes
    Sê Daddy
    Dat dit wat tussen ons is leë hol woorde bly

    Moet asseblief nie sê
    Sê Abba-Vader
    Dat julle My vertrou
    As julle nie bereid is om ‘n tree te gee as Ek vra

    Nee liefstes
    Asseblief
    Pappa vra veel eerder
    Vertrou My asseblief, rerig

    Ja diep en uit julle hart
    Leer My ken
    Rerig-rerig erig
    Leer My ken

    Diep
    En uit My hart
    Wil Ek jou ook vra
    Sal jy My dieper vertrou

    Sal jy leer uitsien
    Na dit wat Ek verborge hou
    Selfs al kan jy dit nog nie lekker sien
    Sal jy asseblief, groot asseblief

    Ja sê Daddy
    Ek weet
    Kinders vra ook so as hulle iets graag wil hê
    Mamma, pappa groot asseblief kan ek dit kry?

    Liefste sê Daddy
    Dit is Pappa se vra vandag
    Groot asseblief
    Sal jy My liewer kry?

    Daar is ‘n liedjie
    Sê Abba
    Diep en mooi is hy
    Dalk het julle hom al gehoor

    Oceans
    Oceans is sy naam en hy sê
    Take me deeper than my feet could ever wander
    And my faith will be made stronger in the presence of My Savior

    Dit is hoe dit is
    My liefste kinders
    Pappa wil julle na veel verder plekke vat
    As wat julle ooit alleen sal kan bereik

    Ek wil julle op My skouers tel en sê
    Kinders kom nou
    Kom ons gaan verken
    Kom Ek wys julle wat is moontlik by My

    Julle geloof is maar dikwels klein
    Sê Abba
    Dikwels so klein
    Wanneer dit by My en vertrou My kom

    Oe liefste sê Abba
    Oe liefstes
    Kom net nader
    Kom sien daar is soveel wat ons saam kan bereik

    My liefde vir julle
    Is so groot en so mooi
    So grênd
    Sou kinders ook sê

    Kinders kom sê Pappa
    Kom asseblief
    Ek wil julle wys en leer
    Ek is God van die onmoontlike

    Ek wil julle aantrek
    Sê Pappa-God
    So graag
    Met die potensiaal van die hemele

    Ek wil julle aantrek
    Met groter vermoë
    Groter doelgerigtheid
    Om julle drome te bereik

    Oe liefstes
    Sê Abba
    Kom, kom laat Ek julle wys
    Daar is drome wat hierdie wêreld nog nie bereik het nie

    Ja-nee kyk kinders
    Sê Abba
    By My is groter en dieper en mooier
    Altyd nog ‘n opsie

    Asseblief kinders
    Asseblief
    Kom glo Pappa
    Die horisonne in My hart is breed

    So onbereikbaar groot
    Is die visie in My hart
    Ek hou van groot-droom sê Abba
    Ek is baie lief daarvoor

    Ek weet sê Daddy
    Dat Ek baie kere, baie van My kinders se harte
    In hulle kele laat klop
    Met die goed wat Ek vra

    Ek weet dit sê Pappa
    Ek weet
    Dit laat hulle bene bewe
    Dit laat hulle baie bewerig voel

    Oe liefstes sê Daddy
    Ek weet
    Ek weet dis baie groot
    Om baie kere die gewig van hemelse drome te dra

    Dis te groot
    Dis te groot sê My kinders dan
    Ek kan nie, ek kan nie
    Dis te veel vir my

    Dis net, kind
    Seun en dogter sê Pappa
    Ek wat jou vra om saam met My
    ‘n Hemelse droom waar te maak

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit moet ‘n droom wees
    Te groot vir jou
    Anders is dit mos nie ‘n hemelse droom 🙂

    Drome groter as hierdie wêreld s’n
    Dit is die tipe drome
    Wat Ek love om waar te maak
    Deur My kinders op aarde wat saam met My werk

    Liefstes sê Daddy
    Sien
    Sien dis net hemelse drome
    Wat op aarde ‘n weg moet kry om te gebeur

    Dis hoekom Ek altyd-altyd vra
    Kinders asseblief
    Vertrou Pappa veel eerder
    Met dinge wat Ek vra

    Ja dis nie altyd maklik
    Maar dit is altyd moontlik
    As julle My net altyd sal toelaat
    Om die voor-loop te doen

    Ja sê Daddy-God
    Ja dit is so My kinders
    My hemelse drome kan baie kere
    Net gestalte deur mense kry

    Ja mense wat sê
    Okay
    Goed Pappa, goed
    Kom ons wys hierdie wêreld ‘n ding of twee

    ‘n Ding
    Wat hulle nog nie beleef of ervaar het nie
    Kind
    ‘n Ding baie groot

    Sien, sien sê Pappa
    Ek hou van duplikate ook
    Ek hou van dinge doen wat Ek lankal terug reeds al gedoen het
    Ek hou daarvan as dit mense nogsteeds in stom-verwondering laat

    Tog hou Ek net so baie daarvan
    As Ek hierdie wêreld
    Iets kraakvars en splinternuut kan bied
    Iets nog nooit gesien of ervaar

    Dis hoekom Ek partymaal sê Daddy
    Verspotte goeters van julle vra
    En mense dan sê
    Ag jy is mal

    Mal sê Daddy
    Net soos wat mense vir Noag gesê het
    Toe hy vir jare en jare
    Gehoorsaam aan die ark bou

    Hoeveel jare lank
    Sê Abba
    Het mense met hom die spot gedryf
    Voordat die dag van reënval finaal aanbreek

    Oe kinders sê Daddy
    Ek wil hê julle moet verstaan
    Mense gaan dikwels en baie kere
    Die hemelse drome in julle harte afkraak

    Ja hulle gaan ook sê
    Hy of sy het nou finaal
    Al hulle varkies verloor
    Maar kind dis net omdat hulle nog nie kan sien

    Hulle kan nog nie sien
    Sê Abba
    Die reën wat alreeds in jou gees geval het
    En besig is om nat te maak

    Oe liefstes sê Pappa
    Asseblief onthou net
    Ek is vir julle
    Altyd-deur

    Ja, ja
    Dit gaan nie altyd maklik wees
    Die lewe is moelik
    Maar hemelse drome is moontlik saam met My

    Sal julle asseblief saam met My werk
    Kinders asseblief
    Julle wat met hemelse drome sit
    Julle wat weet dit gaan net met God se hulp gebeur

    Ja sê Daddy, ja
    Julle weet
    Julle sit al jare met hierdie swaar gewig op julle skouers
    Hoe, wat, waar, wanneer?

    Oe kinders sê Pappa
    Ek sal julle help
    Elke tree
    Hoe om hierdie hemelse plan tot uitvoer te bring

    Ja sê Daddy, ja
    Vertrou net My hart
    Weet
    Dat Ek besig is

    Julle vra so gereeld
    Here wys my
    Waarnatoe
    Wanneer

    Kind Ek sal
    Ek sal
    Ek belowe
    Hou jy jou ore net wawyd oop

    Sodat wanneer Ek spreek
    Jy dadelik sal hoor
    Net soos Samuel sal jy dan antwoord
    Spreek Here, U dienskneg luister

    Oe
    Ore ingestel op die Koning
    Vir verdere instruksies en leiding
    Hoe baie mooi is dit vir My

    Julle
    Julle geliefdes van My hart
    Sê Abba
    Ek is altyd vir julle

    Hou net daaraan vas
    Sê Abba
    Die dae wanneer die lewe moeilik is
    En mense nie altyd verstaan

    Ja sê Pappa, ja
    Mense gaan nie altyd jou journey verstaan nie
    En jy nie ‘n ander s’n
    Want julle is op verskillende plekke van julle journey

    Oe My kinders, liefstes sê Daddy
    Altyd sal Ek poog, altyd
    Om mense in jou lewe te bring wat jou journey verstaan
    Wat die pad saam met jou kan loop

    Ja vriende en familie
    Sê Daddy
    Naastes
    Is dikwels nodig vir jou om jou pad te loop

    Ek is die Een sê Daddy
    Wat dikwels verbintenisse skep
    Mense jou pad laat kruis
    Met wie jy ‘n padjie gaan loop

    Ja dis Ek sê Pappa
    Dikwels Ek
    Wat maak dat julle nuwe en vreemde mense ontmoet
    Wees op die uitkyk daarvoor

    Dis omdat Ek net weet liefstes
    Die een is nodig vir die volgende seisoen
    Waarin My kind beweeg
    Ek sal onderskraging stuur

    Oe My kind
    Dis maar hoe Ek werk
    Altyd op die uitkyk
    Vir jou My kosbare kind

    Daarom sê Daddy
    Volgende keer as julle paaie met iemand nuuts kruis
    Weet dit is heel moontlik
    Iets wat Ek in die mou voer 😉

    Oe ag kind
    Ek terg jou net
    Ek wil net hê jy moet weet
    Ek is maar altyd besig met goed wat jy nie aldag kan sien

    Ja kind, ja sê Pappa
    Altyd besig met ietsie in die lewens van My kinders
    Dis vir My so mooi
    So mooi as julle My net vertrou

    Kom vra maar altyd
    Sê Abba
    Net ‘n stukkie nuwe wysheid
    ‘n Stukkie van waarmee Ek in jou lewe besig is

    Ek sal jou altyd wys kind
    Ek sal jou altyd lei
    Pappa is vir jou
    En altyd besig agter die skerms

    Ja sê Abba
    Ja dit is so
    Julle sien dit baie dikwels
    Eers vele-vele jare later

    Oe dit is hoekom dinge so uitgewerk het
    Dit is hoekom dinge so moes gebeur
    Nou verstaan ek
    Vir die eerste keer

    Oe ja-nee sê Abba
    Oe ja-nee
    Dis maar hoe Ek baie kere
    My hemelse planne laat uitwerk

    Julle dink partykeer
    Dinge is maar niksvermoedend so
    Oe nee kinders, oe nee
    Pappa is altyd besig met ‘n plan

    Altyd maar altyd
    Het Ek ‘n plan waarvolgens Ek werk
    Ek sal nou nie sê
    Ek kry als reg wat Ek graag wil hê moet gebeur maar Ek probeer

    Ja Ek probeer altyd
    Om dinge beter te maak
    Om dinge te laat uitwerk
    Vir My kinders

    Ja, ja
    Partykeer is daar stampe en stote
    Ja partykeer is daar hobbels waaroor ons moet oor
    Maar dis asof hulle die reis net alte mooi maak

    Ja dis nie altyd lekker
    Maar kinders
    Ek het die vermoë
    Om selfs die slegste sleg mooi te maak

    Ja dis maar net wie Ek is
    Dis maar net wat Ek kan doen
    Ek twyfel
    Sal mens ooit beter kry?

    Ek is die beste-beste God
    Waarvoor hierdie wêreld ooit kon vra
    Party mense betwyfel dit nogsteeds baie sterk
    Maar dit is so

    Liefliker as lieflik
    Mooier as mooi
    Liefstes sê Daddy
    Dit is Ek die ewige God

    Ek is God
    Die ander is gode
    Ek wil net graag vir julle sê
    Ek is die enigste god wat met ‘n hoofletter-g geskryf kan word

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ja-nee
    Die ander is spring-chickens teenoor My
    Ek is die real deal

    Die realest truest deal
    Wat enige iemand ooit kan kry
    Dit is Ek
    Die ewige God

    Kom nader wêreld
    Kom leer My ken
    Toe-nou kom
    Toe-nou kom

    Ek paai en mooi-praat
    Van julle nou al vir jare
    Tog nogsteeds
    Tog wil julle harte hard hou

    Ag Ek verstaan nie
    Sê Abba
    Ek verstaan nie hoekom
    Jy jouself so hardkoppig wil hou

    Wat het dit jou in die sak gebring
    Sê Abba
    Wat het dit jou al ooit in die sak gebring
    Behalwe ‘n hengse hoofpyn?

    Ja Ek weet sê Abba
    Ek weet
    Julle kry hulle gereeld
    Migraines dis mos wat julle hulle noem

    Migraines sê Abba
    Het al half-pad van die mensdom opgeeët
    Met al sy migraine fixes
    Sal apteke nooit uit besigheid gaan

    Oe nee sê Abba
    Oe nee
    Dis een van hulle beste verkopers
    Julle het seker al gesien

    Liefstes sê Abba
    Die van die wêreld ook
    Ek wil net sê hierdie briefie skryf Ek
    Sodat ook daardie hoofpyn ligter teen jou slape sal begin klop

    Ja sê Pappa-God, ja
    Ek verstaan
    Die fisiologie van die mensdom
    Ek het julle aanmekaar gesit

    Ja sê Pappa
    Daar in die tuin van Eden
    Toe Ek die asem van lewe
    In jou longe inblaas

    Soos ‘n wafferse dokter of homeopaat
    Kan Ek ook My vinger
    Op die presiese probleem-area sit
    Ek weet waar die probleem lê

    Oe kind sê Daddy
    Oe kind
    Ek kan net sê
    Heelwat van die oorsaak is jy wat nie jou vertroue in My belê

    Ja mense van die wêreld
    Dokters en so
    Hulle sal nie baie maklik
    Dit as rede vir jou uitwys

    Oe nee sê Pappa
    Oe nee
    Dit is mos maar nou so
    Baie van hulle probeer julle mos oortuig dat Ek nie rerig is

    Ja ‘n fabrikasie van mense se gedagte-wêreld
    Goeie en sterk verbeelding
    Ek kry daai een nogals dikwels 😉
    Of is dit hulle kort ‘n kruk om deur die lewe te gaan

    Ek weet nie
    Of julle al gesien het
    Maar My kinders se “kruk”
    Werk nogals baie heerlik 😉

    Oe ja
    Die lekkerste wandelpadjies het ons al saam beloop
    Die wonderlikstes
    Die waarvan die hemel droom

    Wil julle nie bietjie saam met ons kom sit
    Julle verlorenes van hart
    En saam met ons
    Hemelse drome begin te droom?

    Oe hulle is te lieflik
    Of te grys
    Soos die ouer mense soms sê
    Ek wonder weet die jonges van dae wat daai woord beteken?

    Gaan vra julle oumas en oupas
    Sê Abba
    Hulle sal vir julle vertel
    Dis wanneer iets baie oulik is

    Oe liefstes sê Daddy
    Oe liefstes van My hart
    Hoor asseblief
    Ek gee om

    Ek gee om vir julle
    So so baie
    Ek wil julle vertel
    Verlorenes, julle ook

    Julle dink genoeg kere
    Ek gee nie om
    Sê gereeld
    God, Hy sal nie belangstel in ons

    Oe kinders van die wêreld
    Kan julle hemelse Vader net vir julle sê
    Julle is so verkeerd
    Ashoop, dis waar Ek meeste van My kinders gaan haal

    Daai plek waar hulle so skuldig is
    Daai plek waar hulle so skuldig voel
    Dis dan wat Ek steeds kom en sê
    Kind Ek is goed en Ek wil jou hê

    Mense verstaan nie My goedheid nie
    Sê Abba
    As Ek julle kon sê op ‘n skaal wat julle verstaan sou Ek sê
    200% net goed

    Daar kan nie ooit meer goed as Ek
    In hierdie wêreld of enige ander plek bestaan
    Ek is die ware betekenis
    Van alles wat goed en mooi is

    Dis so moeilik sê Abba
    So moeilik
    Om dikwels vir julle te verduidelik
    Want julle dink dat dit net woorde is

    Ek is nie net mooi woorde nie
    Sê Abba
    Nie, nie, nie
    Nooit nie

    Julle liefde vir My is so flou
    Sê Abba-Vader
    Want julle ken My nie
    Nie voorwaar nie

    Daar’s te veel voorwaardes
    Sê Pappa-God
    Baie kere
    Gekoppel aan wie Ek is en wat Ek kan doen

    God is goed
    As Hy vir my deurkom
    God kan ek vertrou
    As Hy doen wat ek vir Hom sê

    Liewe ouers kinders
    Liewe ouers
    Ek dink dat dit verskriklik narrow-minded is
    Ek dink dat julle beslis nie die groter prentjie sien

    As julle My net vertrou en liefhet
    As Ek volgens julle pype dans
    Liefste kinders
    Is julle liefde vir My voorwaar baie vlak

    Ek wil julle by die plek uitbring
    Sê Jesus Christus, die Seun
    Waar julle liefde vir My
    Voorwaar so diep en eg is

    Was die Kruis van Golgota
    Nie genoeg sê Hy
    Nie genoeg om te bewys hoe diep kosbaar en spesiaal jy vir My is
    Was My prys nie duur genoeg?

    Kinders sê Abba
    Dis tyd dat julle na die Kruis begin kyk
    Dis tyd dat julle begin onthou
    Hoekom is dit nie genoeg vir jou om te weet Ek is net goed

    Ek weet nie sê Abba-Vader
    Van enige ander koning
    Wat sy seun vrywillig sou opgee
    Om die sondige afvallige mense van sy koninkryk te red

    Mense doen nie sulke goeters nie kinders
    Ek weet nie
    Het julle al gesien?
    Dalk, dalk net vir iemand vir wie hulle baie lief is

    Ja dan sal mense
    Hulle lewens opgee
    Dan sal hulle sê
    Dit is die moeite werd

    Oe geliefde sê Abba
    Die hele wêreld
    Julle was vir My genoeg
    Dis hoekom Ek My-Seun-het-gestuur

    Ja Ek het dit gedoen
    Sê Abba
    Om julle te bevry van sonde
    Sodat julle nooit ooit weer haar slaaf hoef te wees

    Party mense kies dit vandag nog
    Steeds vrywillig
    Ek weet nie
    Seker omdat hulle nog nie die dodelike effek daarvaan gesmaak het

    Ja
    Sonde lei net na een plek
    Eers donkerte in jou siel
    En dan die donkerte wat die ewigheid inhou

    Ons noem dit die tweede dood
    Of is dit ewige hel
    Daarnatoe sal gaan almal wat hulle rûe op God
    En Sy verlossingsplan gedraai het

    Ja mens kan dit so sê
    Sê Abba
    Of mens kan sê
    Hulle wat nie My offer van liefde en genade wou aanneem

    Sien daar was ‘n prys
    Aan die Kruis van Golgota betaal
    ‘n Prys om jou siel vry te koop
    Omdat jy vir sonde gesê het ja

    Jy moes met jou lewe daarvoor boet
    Elke liewe mens wat sonde gepleeg het
    Toe sê Ek nee wag
    Ek sal My Seun in hulle plek stuur

    Wie wil hulle hê het Satan gesê
    Geskel hulle het jou verlaat
    Hulle sal weer
    Moet hulle nie ‘n kans gee!

    Ek hoop nie sê Daddy
    Ek het My kanse verspeel
    Ek hoop nie so maar toe sê Ek ja
    Ja! Ek sal hulle nog ‘n kans gee

    Ek kon net nie sê Abba
    Op julle My kosbare skepping opgee
    Ek het net nie geweet hoe
    Toe gee Ek maar Myself as offer vir jou sonde

    Ja Ek kon nie, Ek kan nie
    Nou-nog nie
    Ek weet nie hoe om van daai draadjie-van-hoop tussen ons te laat gaan
    Hoe sny Ek hom vir altyd flenters

    As julle My net kon wys hoe
    Sou Ek dit dalk doen
    Dis partymaal so moeilik
    So seer om aan daai stukkie hoop vas te hou

    Ek hou vas
    Maar al wat Ek kry is skoppe, vuishoue en slae
    Van almal wat in hierdie wêreld glo
    Dat Ek die grootste vark is wat op twee bene loop

    Mense verafsku My
    Hulle vloek My
    Hulle jou My uit
    En al wat Ek doen is, Ek kan nie op HOOP opgee

    Hoekom, hoekom nie
    Hoekom kan Ek nie laat gaan
    Daddy hulle maak so seer
    Kan U nie sien?!!

    Dis die Heilige Gees se stem
    Dis Sy wat so gereeld vir My sê
    Hulle wil nie
    Hulle wil nie terugkeer

    Hulle wil nie glo
    Dat jy ewig mooi is nie
    Hulle wil die Waarheid nie leer ken
    Hulle wil blind bly

    Oe magtie
    As Ek net kon opgee
    As Ek net nie meer kon glo
    Daar is nog hoop

    Dit is so verdomp moeilik
    So moeilik om te bly glo
    Als gaan nog uitwerk
    Als gaan draai vir goed

    Dis so moeilik
    Want alles sê nee
    Alles sê
    Gee maar op!

    Dis so so moeilik
    Ek wens net Ek kon laat gaan
    Ek wens dit was nie ‘n issue
    Ek wens Ek kon die wêreld los om verlore te gaan

    Ja-nee sê Daddy
    Ja-nee
    Dit sou soveel van My probleme
    Eensklaps oplos

    Dis mos wat die wêreld wil hê
    Woeps-waps
    Als verby
    Nou kan hulle maar in die hel brand, wat gee Ek tog om

    Dit lyk My sê Abba
    Dis My omgee wat die groot probleem is
    Help My om te laat gaan
    En Ek doen dit met graagte

    Sien sê Abba, sien
    Ek het ook hulp nodig
    Ek wil so graag hê julle moet sien
    Ek sukkel so baie om op te gee op julle

    Hierdie verlore-gaande wêreld
    Het nogsteeds
    Net so ‘n spesiale plekkie in My hart
    Hoe kan dit wees?

    Ek dink sê Abba
    Dis omdat Ek weet
    As mense net die Waarheid kon begin sien
    Sou hulle opreg-opreg dankbaar wees Ek het nie opgegee

    Soos soveel ander
    Alreeds ontdek het
    Dit is so
    Dit is baie waar

    Oe geliefdes
    Geliefdes van My hart
    Wanneer gaan julle sien
    Ek is net goed

    Net-net goed
    Geen sleg kan in My woon
    Dit is net nie moontlik nie
    Nie ooit

    Amen.

  • Iemand gee rerig om

    Om oor te gee
    Wanneer jou hart seer is
    Dit is iets wat baie moeilik is
    Om in die storm te doen

    (meer…)

  • Paleis van Liefde

    Abba U woorde is so mooi
    U woorde is so skoon
    Ek sê baie dankie Abba-God
    Dat U woon in my

    (meer…)

  • Wandel saam met Vader-God

    Die geskenk van lewe
    Is so groot voorreg
    Ek wonder of julle dit besef
    Ek wonder of julle dit weet

    (meer…)