Iemand gee rerig om

Om oor te gee
Wanneer jou hart seer is
Dit is iets wat baie moeilik is
Om in die storm te doen

Kinders Ek weet dis moeilik
Ek weet dis nie iets wat julle aldag regkry
Tog wil Ek julle aanmoedig
Om daarmee aan te hou

Al is dit moeilik
Om julle harte oop te maak
Dit ten volle te ontbloot
Moet julle dit asseblief doen

Kinders Ek sal nooit met julle harte
‘n Speletjie speel nie
Nooit nie
Dis nie wie Ek is nie

As julle net kon verstaan
Hoe baie Ek rerig omgee
As julle net rerig kon weet
Sou dinge soveel anders wees

Kinders Ek gee om
Vir julle
Ek wil hê jy moet dit
In die diepste jy weet

Kinders asseblief
Moenie bang wees om
Selfs in die stormtye van die lewe
My hart te vertrou

Kinders Ek gee om vir julle
Dis iets wat julle altyd moet onthou
Asseblief hou julle oë op My
Moet dit nooit nie afhaal

Ek weet dis somtyds moeilik
Ek weet dis nie aldag maklik
Tog wil Ek vra dat jy sal moedhou
Nie sal moed opgee

Kinders My hart is by julle
My oë op My elke kind
Ek weet van elkeen
Dit is hoe kosbaar jy is vir My

Ek sal julle nooit laat gaan nie
Ek hou julle styf vas in My hand
Kinders asseblief glo My
Selfs en veral in die moeilike tye

Ek wil julle veilig anker
In My liefde
Ek wil hê dat julle dit
Altyd sal weet

Kinders julle is veilig
Veilig in My hart
My hande
My liefde

Julle hoef nooit
Bang te wees nie
Julle hoef nie ooit
Terug te hou

Kinders wees sterk
Wees vol moed
Ek is by julle, tot die einde
Ek glo in jou

Die laste wat Jesus moes dra
Dit was vir jou
Dis waarom Ek verstaan
Ek altyd by jou is

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment