Sê ja vir die Koning
Van die Eeue
Sê asseblief
Ja vir Hom
Weet jy dat daar
Niemand soos Hy is
Weet jy dat daar nooit
Enige iemand soos Hy sal wees
Hy is vêr by die
Mooiste mooi verby
Vêr verhewe bo alle ander
Wat hulself gode noem
Kinders van die wêreld
Hierdie Koning vra julle
Om in Hom te glo
Hy vra julle om Hom ‘n kans te gee
Wanneer gaan julle dit doen
Wil Abba-God weet
Wanneer gaan julle My vertrou
‘n Tree nader gee
Kinders My hart verlang
Vir julle om My ‘n plek
Van eer en waardigheid
In julle harte te gee
Wanneer gaan dit wees
Wanneer sal dit wees
Liefste kinders van die wêreld
Ek nooi julle elkeen baie nader
Ek wil nie hê dat julle
Vêr van My sal wees
Ek wil hê julle moet op My skoot kom sit
Sodat Ek die trane af kan vee
Liefste wêreld
Dit is wie Ek is
My hart is sag
Dit is Ek wat jou nader nooi
Kom vind asseblief uit
Of dit wat Ek praat
Of dit die waarheid is
Asseblief kom nader aan My
Eenheid met My hart
Dit is wat Ek van My kinders verlang
Dit is wat Ek wil hê
Dit is wat Ek julle wil gee
Kom vertrou asseblief My hart
Kom gee My ‘n kans
Laat jouself toe om My te vind
Vir ons om mekaar beter te leer ken
Kinders van die wêreld
Glo asseblief in My
Dit is tyd
Om julle knieë voor My te buig
Kom kinders asseblief
Kinders van die wêreld
Almal
Kom voor My Troon
Ek wil julle ware wysheid leer
Ek wil julle ware wysheid gee
Asseblief kom leer van My
Laat My toe om meer vir julle te gee
Dit is My hart vir julle
Vir julle om My te leer ken
Om oor te gee
Sodat ons waarlik een in alles kan wees
Halleluja, Amen.