Etiket: glimlag

  • Vriendelike krag

    Vriendelike krag

    Vergewe gou
    Is wat Daddy vra
    Daar’s te veel kere
    Wat julle kwaad bly

    Kinders asseblief
    Kan Pappa vra
    Moet dit nie meer doen
    Dis glad nie goed vir jou

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Kwaad-bly het nog nooit iemand gehelp
    Om My liewer te kry

    Ja liefste kinders
    Kan Pappa vra
    Asseblief vergewe gou
    Sodat mense My in jou kan sien

    Dit gebeur te gereeld
    Sê Daddy-God
    Dat My kinders net aangaan
    Nooit probeer om soos Ek te word

    Ja liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Dit maak nogals seer
    Veral omdat Ek julle die vermoë gee om dit reg te kry

    Dit bly maar altyd ‘n keuse
    Sê Daddy-God
    Sal jy My liewer kry
    Of sal jy vir die vlees sy sin gee

    Dis maar al wat gebeur
    My liefste kinders
    Wanneer julle kies
    Om kwaad te bly vir ‘n ander persoon

    God se kinders
    Daddy se kinders
    Asseblief onthou
    Daar is ‘n ander gees in julle

    Julle het altyd die keuse
    Sê Daddy-God
    Gaan julle My manier doen
    Of julle eie kop volg

    Sien Ek gee julle altyd ‘n keuse
    Nooit ooit kinders
    Sal Ek julle dwing om ‘n ding te doen
    Ek vra julle altyd om vrywillig in te gee

    Ja kinders
    Sê Daddy-God
    Altyd-altyd het julle ‘n keuse
    Dis net nie altyd dat julle My manier navolg

    En ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dit maak nogals seer
    Want dit wys dat jy nie soveel vertroue in My raad vir jou het

    Kinders Ek weet
    Sê Daddy
    Dit word partymaal bitter moeilik om humeur te beteuel
    Ek weet dis dikwels asof jou emosies net wil weghardloop

    Kinders asseblief vra Daddy
    Sal julle leer om dit saam met My onder beheer te bring
    Sodat jy oor hulle kan regeer
    En hulle nie oor jou

    Sien sê Daddy
    Kinders Ek weet
    Ek weet dis dikwels moeilik
    Maar dis iets wat julle saam met My reg kan kry

    Dit gebeur te gereeld
    Sê Daddy-God
    Aan Sy aardse kinders
    Dat julle julle emosies vrye teuels gee

    Kinders Ek wil julle net vra om te onthou
    Sê Daddy
    Dat nie elke emosie wat jou pad kruis
    ‘n Verskriklike goeie een is

    Dit is daarom dat Ek vra
    Luister eerder vir My
    Laat My toe
    Om vir jou ‘n beter manier te wys

    Dit is omdat julle so gesteld is
    Op julle manier kry
    Dat julle My dikwels
    Nie ‘n oor verleen

    Kinders asseblief sê Daddy
    Ek wil julle vra
    Leer om julle emosies
    Onder die heerskappy van God te bring

    Want kinders julle gaan dikwels
    Op-loop met ‘n ding
    Iets wat glad nie van My is
    En dis dan wat mense seerkry

    Julle moet altyd onthou
    Kinders
    My hart raak seer
    Wanneer julle so verkeerd met die mense om julle praat

    Ja liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Van afknou tot toesnou
    Ek het nou al alles gesien

    Mense wat met hulle monde baklei
    Oe dit maak soveel dinge seer
    Dit breek altyd af
    Wat Ek so graag wil opbou

    Julle moet asseblief leer
    My kinders
    Om vriendeliker met mekaar te praat
    Dit kan nie meer so werk

    Kinders asseblief
    Sê Daddy-God
    Ek vra mooi
    Kom luister na My raad

    Daddy-God se kinders
    Ek vra weer
    Praat mooi, asseblief
    Is dit nou jou man, vrou of ‘n vreemdeling

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Die wêreld het so nodig
    Mense wat weet hoe om vriendelik te praat

    Kinders asseblief
    Sê Daddy-God
    Moet nooit ooit die kuns verleer
    Om beskaafd met die mense rondom jou om te gaan

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Julle doen so verkeerd
    Veral julle wat julle kinders ook so leer

    My liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Kan Ek julle vra
    Moet asseblief nie self-respek verloor

    Ja sê ons liefste Pappa
    Want dit is wat so gereeld gebeur
    As julle mense nie in die oë kyk
    En soos ‘n hond behandel

    Kinders
    Dis pretty much wat julle doen
    Julle verloor self-respek
    Wanneer julle selfbeheer verloor

    Kinders Ek wil julle vra, rerig
    Moet dit asseblief nie meer doen
    Begin eerder om mekaar op die hande te dra
    Met die woorde wat julle sê

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Dit bly veel mooier
    Wil jy nie saamstem?

    Want kinders sien
    Julle weet
    Julle besef
    Dis mooi en goed wanneer iemand ordentlik met jou praat

    Ja liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Julle sal veel meer in hierdie wêreld uitgerig kry
    As julle mooier sou vra

    Kinders julle moet asseblief nie bang wees
    Of skaam-kry daarvoor
    Dis ‘n baie mooi manier of vir mense te wys
    Dat Ek jou God ‘n gentleman is

    Ja kinders
    Sê Daddy-God
    Dis alte gou dat julle vergeet
    Dat julle hier op aarde My verteenwoordigers is

    Kinders hoe verteenwoordig jy My
    Het jy hierdie vraag al vir jouself gevra
    Sal jy hom asseblief
    ‘n Eerlike antwoord gee

    Oe kinders sê Daddy
    Oe kinders
    Ek weet julle verdwaal partykeer in wat die wêreld leer
    Maar asseblief kan Ek vra, sal jy beskaafd bly

    Begin asseblief aandag gee
    Aan hoe jy die mense rondom jou hanteer
    Wys jy vir hulle jy is baas deurdat jy nie wil ingee
    Of is jy een wat genade wys

    Oe kinders sê Daddy
    Dit bly vir My swaar
    Al die kere wat Ek vra
    En mense bly sê nee

    Ek weet net nie
    Sê Daddy-God
    Hoekom baie van hulle My Vader wil bly noem
    As hulle nie wil doen soos Ek vra

    Oe Ek verstaan dit nie sê Daddy-God
    Ek verstaan dit nie
    Die vet-voer van die gemaksugtige vlees, sy wil, sy manier
    Sonder om ooit meer van My te wil hê

    Kinders asseblief
    Sê Daddy-God
    Aan die wat nie op Sy weë wil bly
    Die wat nie daarop wil loop

    Sal julle asseblief eerder
    Die lussie van Christenskap afhaal
    As jy nie bereid is
    Om My liewer te kry

    Kinders Ek vra nooit prestasie
    Maar Ek vra oorgawe
    En dis nie iets wat julle ooit doen
    As julle nie bereid is om van julle weë afstand te doen

    Ag dis genoeg dat Ek vra
    Bly vra
    Bly vra
    Sonder dat mense ja sê

    Kinders sê Daddy
    Kinders asseblief
    Ek wil julle vra
    Hou op daarmee

    Hou op om na jouself
    As ‘n Christen te verwys
    As jy nie bereid is kind
    Om waarlik in Jesus se treë te loop

    Was Jesus altyd ontsteld
    Het Hy konstant op mense geskreeu
    Kinders verstaan julle nie
    Deur My Gees in julle is dit nie onmoontlike vra

    Dis altyd moontlik om My te eer
    Sê Daddy
    Vir die hart wat waarlik omgee
    Is daar altyd ‘n manier

    Ek love dit so baie
    Sê Daddy-God
    Die kinders van My wat gereeld kom vra
    Daddy sal U my asseblief help om U liewer te kry

    Kind
    Dit bly vir My so die mooiste gebed
    Want daardie woorde bly sê
    Ek weet dat U dit waardig is

    Kinders sê Daddy
    Kinders assebief
    Kan Ek julle vra
    Kom net nader aan My

    Moet nooit ooit bang wees sê Daddy-God
    Om nader aan My te beweeg
    Nee liefste kind dis nooit nodig
    Dis wat Ek vra

    Ek weet dat julle partymaal
    Sleg begin voel
    Sleg wanneer julle sien
    Oepsie ek skiet vêrs te kort

    Kind die hart waarmee Ek hierdie briefie vir julle skryf
    Is nie om te veroordeel nie
    Dis om te vra
    Sal jy Jesus toelaat om meer gestalte in jou te kry

    Kind sien dis maar al
    Dis maar al hoekom Ek vra
    Ek wil die wêreld nader aan My bring
    Ek doen dit deur julle kinders wat die karakter van God leef

    Sien kinders sê Daddy
    Dis maar net leer
    Dis maar net opvoed
    Dis waarmee Ek nou besig is

    Dis soos julle mamma’s en pappa’s
    Wat ook konstant vir die kinders moet sê
    Nee my kind nie daai kant toe nie
    Hier is die regte weg

    Oe julle verstaan so goed sê Daddy-God
    Wat Ek nou bedoel
    Julle verstaan so goed
    Ek kan sien

    Oe kinders sê Daddy
    Oe kinders
    Dit bly vir My mooi
    Die wat ja sê vir My

    Dankie
    Dat julle dit bly doen
    Die van julle wat dit doen
    Dankie daarvoor

    Ek waardeer dit so baie
    Dit beteken die wêreld vir My
    Kinders hierdie wêreld het nodig
    ‘n Vriendelike jy

    Dis al wat Ek vra
    Sê Daddy
    Hanteer die mense om jou
    Soos Jesus sou

    Kinders julle weet
    Sê Daddy-God
    Julle weet en besef
    Die waarde van dit wat Ek vra

    Kinders julle voorbeelde is so belangrik
    Veral julle wat bly sê dat ek kind-van-God is
    Want hoekom sê Daddy, hoekom
    Want die mense daarbuite hulle kyk vir jou

    Ja sê Daddy
    Hulle hou jou dop
    En een van twee goeters sê hulle
    Ek moet Jesus beter leer ken of nee dankie dis nie vir my

    Dis die voorbeeld kind
    Dis die krag van die voorbeeld wat jy dra
    Dankie kind dat jy omgee
    Om Pa se hart hieroor te hoor

    Ek seën julle My liefste kinders
    Ek seën julle met dieper oorgawe aan My
    Want die wêreld seun, dogter
    Het so nodig wat Ek van jou vra

    Ek wil dit so graag
    Vir hulle gee kinders
    Maar Ek benodig jou
    Sal jy ja sê kind vir saam-werk

    Dis wat hulle nodig het kinders
    Dis wat hulle nodig het
    Al sou hulle nie hardop vra
    Wil Ek hê jy moet dit weet

    Dis omdat Ek harte kan sien
    Sê Daddy
    En lewens
    Ek weet wat elke mens diep nodig het

    Kinders van Daddy-God
    Die wat My waarlik so liefhet
    Ek waardeer julle opstaan na elke val
    Ek waardeer julle voorbeeld

    Hierdie wêreld kinders
    Is regtig ‘n beter plek
    Omdat julle in hom is
    Julle maak ‘n verskil kinders, ‘n groot verskil

    Julle glimlaggende gesigte
    Vertel die mooiste stories
    Dit vertel wie Ek is
    En al die mooi in My te vind

    Ek eer julle diep My kinders
    Daddy eer julle diep
    Ek waardeer dit so baie
    My liefde wat julle na die wêreld uitstraal

    Kinders dit verbly hulle harte
    Ek wens julle kon sien
    Dit wat Ek sien
    Wanneer julle hulle vriendelik groet

    Kinders dit maak ‘n verskil
    ‘n Verskil so groot
    Dit laat hulle binne glimlag
    Met ‘n saad van dalk moet ook ek die vriendelik-wees versprei

    Amen.