Vriendelike krag

Vergewe gou
Is wat Daddy vra
Daar’s te veel kere
Wat julle kwaad bly

Kinders asseblief
Kan Pappa vra
Moet dit nie meer doen
Dis glad nie goed vir jou

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Kwaad-bly het nog nooit iemand gehelp
Om My liewer te kry

Ja liefste kinders
Kan Pappa vra
Asseblief vergewe gou
Sodat mense My in jou kan sien

Dit gebeur te gereeld
Sê Daddy-God
Dat My kinders net aangaan
Nooit probeer om soos Ek te word

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Dit maak nogals seer
Veral omdat Ek julle die vermoë gee om dit reg te kry

Dit bly maar altyd ‘n keuse
Sê Daddy-God
Sal jy My liewer kry
Of sal jy vir die vlees sy sin gee

Dis maar al wat gebeur
My liefste kinders
Wanneer julle kies
Om kwaad te bly vir ‘n ander persoon

God se kinders
Daddy se kinders
Asseblief onthou
Daar is ‘n ander gees in julle

Julle het altyd die keuse
Sê Daddy-God
Gaan julle My manier doen
Of julle eie kop volg

Sien Ek gee julle altyd ‘n keuse
Nooit ooit kinders
Sal Ek julle dwing om ‘n ding te doen
Ek vra julle altyd om vrywillig in te gee

Ja kinders
Sê Daddy-God
Altyd-altyd het julle ‘n keuse
Dis net nie altyd dat julle My manier navolg

En ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Dit maak nogals seer
Want dit wys dat jy nie soveel vertroue in My raad vir jou het

Kinders Ek weet
Sê Daddy
Dit word partymaal bitter moeilik om humeur te beteuel
Ek weet dis dikwels asof jou emosies net wil weghardloop

Kinders asseblief vra Daddy
Sal julle leer om dit saam met My onder beheer te bring
Sodat jy oor hulle kan regeer
En hulle nie oor jou

Sien sê Daddy
Kinders Ek weet
Ek weet dis dikwels moeilik
Maar dis iets wat julle saam met My reg kan kry

Dit gebeur te gereeld
Sê Daddy-God
Aan Sy aardse kinders
Dat julle julle emosies vrye teuels gee

Kinders Ek wil julle net vra om te onthou
Sê Daddy
Dat nie elke emosie wat jou pad kruis
‘n Verskriklike goeie een is

Dit is daarom dat Ek vra
Luister eerder vir My
Laat My toe
Om vir jou ‘n beter manier te wys

Dit is omdat julle so gesteld is
Op julle manier kry
Dat julle My dikwels
Nie ‘n oor verleen

Kinders asseblief sê Daddy
Ek wil julle vra
Leer om julle emosies
Onder die heerskappy van God te bring

Want kinders julle gaan dikwels
Op-loop met ‘n ding
Iets wat glad nie van My is
En dis dan wat mense seerkry

Julle moet altyd onthou
Kinders
My hart raak seer
Wanneer julle so verkeerd met die mense om julle praat

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Van afknou tot toesnou
Ek het nou al alles gesien

Mense wat met hulle monde baklei
Oe dit maak soveel dinge seer
Dit breek altyd af
Wat Ek so graag wil opbou

Julle moet asseblief leer
My kinders
Om vriendeliker met mekaar te praat
Dit kan nie meer so werk

Kinders asseblief
Sê Daddy-God
Ek vra mooi
Kom luister na My raad

Daddy-God se kinders
Ek vra weer
Praat mooi, asseblief
Is dit nou jou man, vrou of ‘n vreemdeling

Oe kinders
Sê Daddy-God
Die wêreld het so nodig
Mense wat weet hoe om vriendelik te praat

Kinders asseblief
Sê Daddy-God
Moet nooit ooit die kuns verleer
Om beskaafd met die mense rondom jou om te gaan

Oe kinders
Sê Daddy-God
Julle doen so verkeerd
Veral julle wat julle kinders ook so leer

My liefste kinders
Sê Daddy-God
Kan Ek julle vra
Moet asseblief nie self-respek verloor

Ja sê ons liefste Pappa
Want dit is wat so gereeld gebeur
As julle mense nie in die oë kyk
En soos ‘n hond behandel

Kinders
Dis pretty much wat julle doen
Julle verloor self-respek
Wanneer julle selfbeheer verloor

Kinders Ek wil julle vra, rerig
Moet dit asseblief nie meer doen
Begin eerder om mekaar op die hande te dra
Met die woorde wat julle sê

Oe kinders
Sê Daddy-God
Dit bly veel mooier
Wil jy nie saamstem?

Want kinders sien
Julle weet
Julle besef
Dis mooi en goed wanneer iemand ordentlik met jou praat

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Julle sal veel meer in hierdie wêreld uitgerig kry
As julle mooier sou vra

Kinders julle moet asseblief nie bang wees
Of skaam-kry daarvoor
Dis ‘n baie mooi manier of vir mense te wys
Dat Ek jou God ‘n gentleman is

Ja kinders
Sê Daddy-God
Dis alte gou dat julle vergeet
Dat julle hier op aarde My verteenwoordigers is

Kinders hoe verteenwoordig jy My
Het jy hierdie vraag al vir jouself gevra
Sal jy hom asseblief
‘n Eerlike antwoord gee

Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Ek weet julle verdwaal partykeer in wat die wêreld leer
Maar asseblief kan Ek vra, sal jy beskaafd bly

Begin asseblief aandag gee
Aan hoe jy die mense rondom jou hanteer
Wys jy vir hulle jy is baas deurdat jy nie wil ingee
Of is jy een wat genade wys

Oe kinders sê Daddy
Dit bly vir My swaar
Al die kere wat Ek vra
En mense bly sê nee

Ek weet net nie
Sê Daddy-God
Hoekom baie van hulle My Vader wil bly noem
As hulle nie wil doen soos Ek vra

Oe Ek verstaan dit nie sê Daddy-God
Ek verstaan dit nie
Die vet-voer van die gemaksugtige vlees, sy wil, sy manier
Sonder om ooit meer van My te wil hê

Kinders asseblief
Sê Daddy-God
Aan die wat nie op Sy weë wil bly
Die wat nie daarop wil loop

Sal julle asseblief eerder
Die lussie van Christenskap afhaal
As jy nie bereid is
Om My liewer te kry

Kinders Ek vra nooit prestasie
Maar Ek vra oorgawe
En dis nie iets wat julle ooit doen
As julle nie bereid is om van julle weë afstand te doen

Ag dis genoeg dat Ek vra
Bly vra
Bly vra
Sonder dat mense ja sê

Kinders sê Daddy
Kinders asseblief
Ek wil julle vra
Hou op daarmee

Hou op om na jouself
As ‘n Christen te verwys
As jy nie bereid is kind
Om waarlik in Jesus se treë te loop

Was Jesus altyd ontsteld
Het Hy konstant op mense geskreeu
Kinders verstaan julle nie
Deur My Gees in julle is dit nie onmoontlike vra

Dis altyd moontlik om My te eer
Sê Daddy
Vir die hart wat waarlik omgee
Is daar altyd ‘n manier

Ek love dit so baie
Sê Daddy-God
Die kinders van My wat gereeld kom vra
Daddy sal U my asseblief help om U liewer te kry

Kind
Dit bly vir My so die mooiste gebed
Want daardie woorde bly sê
Ek weet dat U dit waardig is

Kinders sê Daddy
Kinders assebief
Kan Ek julle vra
Kom net nader aan My

Moet nooit ooit bang wees sê Daddy-God
Om nader aan My te beweeg
Nee liefste kind dis nooit nodig
Dis wat Ek vra

Ek weet dat julle partymaal
Sleg begin voel
Sleg wanneer julle sien
Oepsie ek skiet vêrs te kort

Kind die hart waarmee Ek hierdie briefie vir julle skryf
Is nie om te veroordeel nie
Dis om te vra
Sal jy Jesus toelaat om meer gestalte in jou te kry

Kind sien dis maar al
Dis maar al hoekom Ek vra
Ek wil die wêreld nader aan My bring
Ek doen dit deur julle kinders wat die karakter van God leef

Sien kinders sê Daddy
Dis maar net leer
Dis maar net opvoed
Dis waarmee Ek nou besig is

Dis soos julle mamma’s en pappa’s
Wat ook konstant vir die kinders moet sê
Nee my kind nie daai kant toe nie
Hier is die regte weg

Oe julle verstaan so goed sê Daddy-God
Wat Ek nou bedoel
Julle verstaan so goed
Ek kan sien

Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Dit bly vir My mooi
Die wat ja sê vir My

Dankie
Dat julle dit bly doen
Die van julle wat dit doen
Dankie daarvoor

Ek waardeer dit so baie
Dit beteken die wêreld vir My
Kinders hierdie wêreld het nodig
‘n Vriendelike jy

Dis al wat Ek vra
Sê Daddy
Hanteer die mense om jou
Soos Jesus sou

Kinders julle weet
Sê Daddy-God
Julle weet en besef
Die waarde van dit wat Ek vra

Kinders julle voorbeelde is so belangrik
Veral julle wat bly sê dat ek kind-van-God is
Want hoekom sê Daddy, hoekom
Want die mense daarbuite hulle kyk vir jou

Ja sê Daddy
Hulle hou jou dop
En een van twee goeters sê hulle
Ek moet Jesus beter leer ken of nee dankie dis nie vir my

Dis die voorbeeld kind
Dis die krag van die voorbeeld wat jy dra
Dankie kind dat jy omgee
Om Pa se hart hieroor te hoor

Ek seën julle My liefste kinders
Ek seën julle met dieper oorgawe aan My
Want die wêreld seun, dogter
Het so nodig wat Ek van jou vra

Ek wil dit so graag
Vir hulle gee kinders
Maar Ek benodig jou
Sal jy ja sê kind vir saam-werk

Dis wat hulle nodig het kinders
Dis wat hulle nodig het
Al sou hulle nie hardop vra
Wil Ek hê jy moet dit weet

Dis omdat Ek harte kan sien
Sê Daddy
En lewens
Ek weet wat elke mens diep nodig het

Kinders van Daddy-God
Die wat My waarlik so liefhet
Ek waardeer julle opstaan na elke val
Ek waardeer julle voorbeeld

Hierdie wêreld kinders
Is regtig ‘n beter plek
Omdat julle in hom is
Julle maak ‘n verskil kinders, ‘n groot verskil

Julle glimlaggende gesigte
Vertel die mooiste stories
Dit vertel wie Ek is
En al die mooi in My te vind

Ek eer julle diep My kinders
Daddy eer julle diep
Ek waardeer dit so baie
My liefde wat julle na die wêreld uitstraal

Kinders dit verbly hulle harte
Ek wens julle kon sien
Dit wat Ek sien
Wanneer julle hulle vriendelik groet

Kinders dit maak ‘n verskil
‘n Verskil so groot
Dit laat hulle binne glimlag
Met ‘n saad van dalk moet ook ek die vriendelik-wees versprei

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment