Kan ons oorbegin
Liefste kind asseblief
Pa vra mooi
Dis iets wat Ek so graag wil hê
Etiket: eie+ek
-
Neus in die lug
-

Vriendelike krag
Vergewe gou
Is wat Daddy vra
Daar’s te veel kere
Wat julle kwaad blyKinders asseblief
Kan Pappa vra
Moet dit nie meer doen
Dis glad nie goed vir jouJa liefste kinders
Sê Pappa-God
Kwaad-bly het nog nooit iemand gehelp
Om My liewer te kryJa liefste kinders
Kan Pappa vra
Asseblief vergewe gou
Sodat mense My in jou kan sienDit gebeur te gereeld
Sê Daddy-God
Dat My kinders net aangaan
Nooit probeer om soos Ek te wordJa liefste kinders
Sê Daddy-God
Dit maak nogals seer
Veral omdat Ek julle die vermoë gee om dit reg te kryDit bly maar altyd ‘n keuse
Sê Daddy-God
Sal jy My liewer kry
Of sal jy vir die vlees sy sin geeDis maar al wat gebeur
My liefste kinders
Wanneer julle kies
Om kwaad te bly vir ‘n ander persoonGod se kinders
Daddy se kinders
Asseblief onthou
Daar is ‘n ander gees in julleJulle het altyd die keuse
Sê Daddy-God
Gaan julle My manier doen
Of julle eie kop volgSien Ek gee julle altyd ‘n keuse
Nooit ooit kinders
Sal Ek julle dwing om ‘n ding te doen
Ek vra julle altyd om vrywillig in te geeJa kinders
Sê Daddy-God
Altyd-altyd het julle ‘n keuse
Dis net nie altyd dat julle My manier navolgEn ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Dit maak nogals seer
Want dit wys dat jy nie soveel vertroue in My raad vir jou hetKinders Ek weet
Sê Daddy
Dit word partymaal bitter moeilik om humeur te beteuel
Ek weet dis dikwels asof jou emosies net wil weghardloopKinders asseblief vra Daddy
Sal julle leer om dit saam met My onder beheer te bring
Sodat jy oor hulle kan regeer
En hulle nie oor jouSien sê Daddy
Kinders Ek weet
Ek weet dis dikwels moeilik
Maar dis iets wat julle saam met My reg kan kryDit gebeur te gereeld
Sê Daddy-God
Aan Sy aardse kinders
Dat julle julle emosies vrye teuels geeKinders Ek wil julle net vra om te onthou
Sê Daddy
Dat nie elke emosie wat jou pad kruis
‘n Verskriklike goeie een isDit is daarom dat Ek vra
Luister eerder vir My
Laat My toe
Om vir jou ‘n beter manier te wysDit is omdat julle so gesteld is
Op julle manier kry
Dat julle My dikwels
Nie ‘n oor verleenKinders asseblief sê Daddy
Ek wil julle vra
Leer om julle emosies
Onder die heerskappy van God te bringWant kinders julle gaan dikwels
Op-loop met ‘n ding
Iets wat glad nie van My is
En dis dan wat mense seerkryJulle moet altyd onthou
Kinders
My hart raak seer
Wanneer julle so verkeerd met die mense om julle praatJa liefste kinders
Sê Daddy-God
Van afknou tot toesnou
Ek het nou al alles gesienMense wat met hulle monde baklei
Oe dit maak soveel dinge seer
Dit breek altyd af
Wat Ek so graag wil opbouJulle moet asseblief leer
My kinders
Om vriendeliker met mekaar te praat
Dit kan nie meer so werkKinders asseblief
Sê Daddy-God
Ek vra mooi
Kom luister na My raadDaddy-God se kinders
Ek vra weer
Praat mooi, asseblief
Is dit nou jou man, vrou of ‘n vreemdelingOe kinders
Sê Daddy-God
Die wêreld het so nodig
Mense wat weet hoe om vriendelik te praatKinders asseblief
Sê Daddy-God
Moet nooit ooit die kuns verleer
Om beskaafd met die mense rondom jou om te gaanOe kinders
Sê Daddy-God
Julle doen so verkeerd
Veral julle wat julle kinders ook so leerMy liefste kinders
Sê Daddy-God
Kan Ek julle vra
Moet asseblief nie self-respek verloorJa sê ons liefste Pappa
Want dit is wat so gereeld gebeur
As julle mense nie in die oë kyk
En soos ‘n hond behandelKinders
Dis pretty much wat julle doen
Julle verloor self-respek
Wanneer julle selfbeheer verloorKinders Ek wil julle vra, rerig
Moet dit asseblief nie meer doen
Begin eerder om mekaar op die hande te dra
Met die woorde wat julle sêOe kinders
Sê Daddy-God
Dit bly veel mooier
Wil jy nie saamstem?Want kinders sien
Julle weet
Julle besef
Dis mooi en goed wanneer iemand ordentlik met jou praatJa liefste kinders
Sê Daddy-God
Julle sal veel meer in hierdie wêreld uitgerig kry
As julle mooier sou vraKinders julle moet asseblief nie bang wees
Of skaam-kry daarvoor
Dis ‘n baie mooi manier of vir mense te wys
Dat Ek jou God ‘n gentleman isJa kinders
Sê Daddy-God
Dis alte gou dat julle vergeet
Dat julle hier op aarde My verteenwoordigers isKinders hoe verteenwoordig jy My
Het jy hierdie vraag al vir jouself gevra
Sal jy hom asseblief
‘n Eerlike antwoord geeOe kinders sê Daddy
Oe kinders
Ek weet julle verdwaal partykeer in wat die wêreld leer
Maar asseblief kan Ek vra, sal jy beskaafd blyBegin asseblief aandag gee
Aan hoe jy die mense rondom jou hanteer
Wys jy vir hulle jy is baas deurdat jy nie wil ingee
Of is jy een wat genade wysOe kinders sê Daddy
Dit bly vir My swaar
Al die kere wat Ek vra
En mense bly sê neeEk weet net nie
Sê Daddy-God
Hoekom baie van hulle My Vader wil bly noem
As hulle nie wil doen soos Ek vraOe Ek verstaan dit nie sê Daddy-God
Ek verstaan dit nie
Die vet-voer van die gemaksugtige vlees, sy wil, sy manier
Sonder om ooit meer van My te wil hêKinders asseblief
Sê Daddy-God
Aan die wat nie op Sy weë wil bly
Die wat nie daarop wil loopSal julle asseblief eerder
Die lussie van Christenskap afhaal
As jy nie bereid is
Om My liewer te kryKinders Ek vra nooit prestasie
Maar Ek vra oorgawe
En dis nie iets wat julle ooit doen
As julle nie bereid is om van julle weë afstand te doenAg dis genoeg dat Ek vra
Bly vra
Bly vra
Sonder dat mense ja sêKinders sê Daddy
Kinders asseblief
Ek wil julle vra
Hou op daarmeeHou op om na jouself
As ‘n Christen te verwys
As jy nie bereid is kind
Om waarlik in Jesus se treë te loopWas Jesus altyd ontsteld
Het Hy konstant op mense geskreeu
Kinders verstaan julle nie
Deur My Gees in julle is dit nie onmoontlike vraDis altyd moontlik om My te eer
Sê Daddy
Vir die hart wat waarlik omgee
Is daar altyd ‘n manierEk love dit so baie
Sê Daddy-God
Die kinders van My wat gereeld kom vra
Daddy sal U my asseblief help om U liewer te kryKind
Dit bly vir My so die mooiste gebed
Want daardie woorde bly sê
Ek weet dat U dit waardig isKinders sê Daddy
Kinders assebief
Kan Ek julle vra
Kom net nader aan MyMoet nooit ooit bang wees sê Daddy-God
Om nader aan My te beweeg
Nee liefste kind dis nooit nodig
Dis wat Ek vraEk weet dat julle partymaal
Sleg begin voel
Sleg wanneer julle sien
Oepsie ek skiet vêrs te kortKind die hart waarmee Ek hierdie briefie vir julle skryf
Is nie om te veroordeel nie
Dis om te vra
Sal jy Jesus toelaat om meer gestalte in jou te kryKind sien dis maar al
Dis maar al hoekom Ek vra
Ek wil die wêreld nader aan My bring
Ek doen dit deur julle kinders wat die karakter van God leefSien kinders sê Daddy
Dis maar net leer
Dis maar net opvoed
Dis waarmee Ek nou besig isDis soos julle mamma’s en pappa’s
Wat ook konstant vir die kinders moet sê
Nee my kind nie daai kant toe nie
Hier is die regte wegOe julle verstaan so goed sê Daddy-God
Wat Ek nou bedoel
Julle verstaan so goed
Ek kan sienOe kinders sê Daddy
Oe kinders
Dit bly vir My mooi
Die wat ja sê vir MyDankie
Dat julle dit bly doen
Die van julle wat dit doen
Dankie daarvoorEk waardeer dit so baie
Dit beteken die wêreld vir My
Kinders hierdie wêreld het nodig
‘n Vriendelike jyDis al wat Ek vra
Sê Daddy
Hanteer die mense om jou
Soos Jesus souKinders julle weet
Sê Daddy-God
Julle weet en besef
Die waarde van dit wat Ek vraKinders julle voorbeelde is so belangrik
Veral julle wat bly sê dat ek kind-van-God is
Want hoekom sê Daddy, hoekom
Want die mense daarbuite hulle kyk vir jouJa sê Daddy
Hulle hou jou dop
En een van twee goeters sê hulle
Ek moet Jesus beter leer ken of nee dankie dis nie vir myDis die voorbeeld kind
Dis die krag van die voorbeeld wat jy dra
Dankie kind dat jy omgee
Om Pa se hart hieroor te hoorEk seën julle My liefste kinders
Ek seën julle met dieper oorgawe aan My
Want die wêreld seun, dogter
Het so nodig wat Ek van jou vraEk wil dit so graag
Vir hulle gee kinders
Maar Ek benodig jou
Sal jy ja sê kind vir saam-werkDis wat hulle nodig het kinders
Dis wat hulle nodig het
Al sou hulle nie hardop vra
Wil Ek hê jy moet dit weetDis omdat Ek harte kan sien
Sê Daddy
En lewens
Ek weet wat elke mens diep nodig hetKinders van Daddy-God
Die wat My waarlik so liefhet
Ek waardeer julle opstaan na elke val
Ek waardeer julle voorbeeldHierdie wêreld kinders
Is regtig ‘n beter plek
Omdat julle in hom is
Julle maak ‘n verskil kinders, ‘n groot verskilJulle glimlaggende gesigte
Vertel die mooiste stories
Dit vertel wie Ek is
En al die mooi in My te vindEk eer julle diep My kinders
Daddy eer julle diep
Ek waardeer dit so baie
My liefde wat julle na die wêreld uitstraalKinders dit verbly hulle harte
Ek wens julle kon sien
Dit wat Ek sien
Wanneer julle hulle vriendelik groetKinders dit maak ‘n verskil
‘n Verskil so groot
Dit laat hulle binne glimlag
Met ‘n saad van dalk moet ook ek die vriendelik-wees verspreiAmen.
-
Sagte hart
My hart is stil
Gerus
Wag op U
Ek wil so graag meer van U hoor -
Oorgee se skatte
Oorgawe van die hart
Dit is wat ons Vader vra
Lank genoeg wil julle dit nie doen
Besef julle dat dit is hoekom julle nie kan groei in en saam met My -
Steeksdonkie
Vertrou God
Vertrou My
Dit is wat ons
Vader van ons vra