Vertrou God
Vertrou My
Dit is wat ons
Vader van ons vra
Hoe kan julle elke dag
In verhouding met My bly staan
Maar nogsteeds weier
Om oor te gee aan My
Hoe kan julle nogsteeds weier
Dat My Gees in julle binneste werk
En julle verander
Van binne-in
My liefste kinders julle moet
Die Gees toelaat om haar werk te doen
Sy weet hoe om die beste in julle
Na vore te bring
Begin dit dan net doen
En moet dit nie elke keer
As verdoemenis (condemnation)
Ervaar
Haar hart is nie
Om seer te maak
Sy wil jou maar net sagkens
Nader aan My weë lei
Laat My Gees toe sê Abba
Om die mooiste werk
Van goud en diamante
In julle harte te doen
Sy weet hoe om te werk
Met julle harte
My liefste kinders
Julle kan haar rerig vertrou
Haar hart is om julle foute
Met tyd en soos julle groei in My
Uit te wys
Dit is wat sy doen
Wees bly
Sê Abba-Vader
Vir die werk wat My Gees
In julle harte en lewens doen
Moet haar asseblief nie konstant wegwys
Want sien daar is baie mense wat hulle My kinders noem
Maar wanneer My Gees verandering in hulle
Lewens en harte wil inwerk dan bly hulle sê nee
Hulle is soos ‘n steeksdonkie
Wat die heeltyd bly vasskop
Nee Here Jesus nie hierdie kant
Nee dit gaan ook nie werk
Baie van My kinders
Sê Pappa-God
Wat My op hulle terme
Wil bly dien
Nee My liefste kinders
So gaan dit nie werk
So gaan julle nie by My volheid uitkom nie
Eintlik bedrieg julle net julself
Hoe kan julle My kind
Genoem wil wees
Maar nooit omgee
Om oor te gee vir My?
My liefste kinders
Dit werk nie so nie
Hoeveel langer gaan julle aanhou dink
Dat julle beter weet as Ek
Ek vra julle om My hart
Te vertrou liefste kinders
En dit sal vat
Dat julle begin oorgee
Dit sal neem dat julle bereid sal wees
Om nie meer nee te sê
As Ek aan ‘n slegte deel
Van jou hart en mens-wees wil werk
My liefste kinders
Dis eintlik ‘n wonderlike ding
Om bereid te wees
Om tot My beeld gevorm te word
Dis ‘n wonderlike ding
Rerig ‘n wonderlike ding!
Om meer soos Ek
Jesus – jou Koning en Redder te word
Wil julle nie meer soos Ek word
Vra Abba-God
Wil julle nie My lig en weerkaatsing
Op aarde uitstraal
My liefste kinders
Ek vra julle om meer soos Ek te word
Omdat Ek omgee
Dat julle meer soos Ek word
Ek vra omdat Ek wil hê
Dat ons hierdie wêreld
‘n Beter plek moet maak
Terwyl julle hier op aarde is
Ek wil hierdie wêreld
Vir My win sê Abba-God
Ek doen dit deur jy wat oorgee
En daagliks soos Ek word
Eintlik doen Ek dit net
Deur jy wat vrugte dra wat bekering pas
Julle kan nie die wêreld
So baie liefhê
My liefste kinders
Julle gaan nooit uitkom
By die rykdom in die gees
As julle nie vir wêreld sê nee
Asseblief kinders
Kinders van God
Luister asseblief
En begin oorgee aan My
Dit sê nie jy is nie goed genoeg
Die kere wat jy dit nie regkry nie
Dit sê net jy besef jy is verkeerd
En jy is bereid om saam met My te werk
Moenie so gou opgee nie
Sê Vader-God
Asseblief moenie so gou opgee nie
Nie op jouself nie en ook nie op My
Liefste kinders Ek wil die
Mure van waardigheid in en om jou opbou
Ek wil vir jou sê jy is goed genoeg
Want Ek glo in jou
Jy kan dit doen
Sê Abba-God
Enige iets waarop jy jou gedagtes vestig
Dit kan jy doen
Ek glo in jou
Sê Vader-God
Ek glo in jou
En Ek weet jy kan!
Moenie so sleg voel
Oor jouself nie
Weet wie jy is
Jy is ‘n kind van God!
Ek glo in jou liefste seun
Liefste dogter
Asseblief kom net nader
Aan My
Al die waardigheid wat die vyand
Oor die jare van jou gesteel het
Al die sleg-voel oor jouself
Dit gaan Ek in jou opbou
Dis omdat Ek weet
Hoeveel waarde in jou sit
Dis omdat Ek weet
Jou het Ek gemaak!
Julle is My skeppinge
Ek weet wat het Ek
In julle gesit
Die dag toe Ek julle maak
Ja julle mag dalk sleg voel
Oor hoe julle lyk
Oor hoe julle voel
Maar dit is nie wat jou waarde bepaal!
Wat Ek oor jou sê
Dit wat Ek in jou gesit het
Al die potensiaal
Dit is wat jou waarde bepaal!
Soveel dinge in hierdie wêreld
Wat My kinders sleg oor hulleself laat voel
Asseblief liefste kinders hou op
Om julleself aan andere te meet!
Wees die beste jy sê Abba-God
Jy is ‘n Koningskind
Die Skepper van alle skeppers het jou gemaak
‘n Skepping van die Skepper van alle skeppers
Halleluja! Amen!