Om op te bou
Dit is My hart
Dit is wie Ek is
So sê Pappa-God
NOOIT sal jy My
In die afbreek van
Mense, kinders
Diere of die samelewing vind
Dit is nie wie Ek is nie
Sê Pappa-God
Ek glo aan opbou
Nie konstante afbreek
Dis My hart om
Mense wat seer het
Mense wat stukkend is binne-in
Op te bou en hulle te genees
Dis My hart om
Uitgeworpenes weer
‘n Kans in die samelewing
Te gee
Dis My hart sê Abba
Om die natuurskoon
En die diereryk
Mooi op te pas
Ek hou nie van al die
Verwoesting wat deesdae
So deel is van julle
Lewe nie sê Pappa-God
Ek hou niks daarvan want dis nie wie Ek is
Ek het julle gevra om na hierdie wêreld te kyk
Om autoriteit daaroor uit te oefen
Om mooi daarna te kyk
Hoekom doen julle nie wat Ek
Gevra het nie sê Pappa-God
Hoekom hou julle aan om mense en omstandighede
Met julle woorde af te breek?
Nee My liefste kinders
Dit hoort nie so nie
Julle het die potensiaal en autoriteit
Om dinge soveel beter te maak as julle net wou
Dankie vir die mense in hierdie wêreld
Sê Abba-God
Wat nie toelaat
Dat samelewings verval
Dankie vir die wat opbou
En nie afbreek
Met die woorde wat hulle sê
En die dade wat hulle doen
Dankie liefste kinders
Dat julle waarlik ‘n verskil
Maak in hierdie wêreld
En dat julle dit ‘n beter plek maak
Ek het soveel waardering daarvoor
Sê Abba-God
Regtig uit My hart
Baie dankie daarvoor
Ek haat dit wanneer
Mense afbreek en dan nog daarna
Trots voel op hulleself
Want dit is nie wie Ek is
My hart is konstante opbou
My hart is konstante herstel
My hart is konstante opbou
Dit is wie Ek is
Ja sê Abba-God
Julle raak dalk moeg daarvoor
Maar Ek wil hê julle moet weet
Ek is nie die Sleg God wat julle My voorhou om te wees
Ek is ‘n goeie God
Ek is ‘n wonderlike God
Ek verdien sê Abba
Om ‘n bietjie My eie beuel te blaas
Ek weet regtig nie hoekom
Julle altyd wil aanhou
Om sleg van My te dink
Om sleg van My te glo
Ag Ek weet nie
Ek weet regtig nie sê die Heer
Julle glo soveel leuens
G’n wonder dat julle My nie ken!
My liefste kinders nee
Asseblief hou op daarmee
Hou op, hou op
Om al die verkeerd van My te glo!
Ek is alles wat mooi is
Ek is alles wat wil beskerm
Ek is alles wat opbou
Dit kan julle glo!
Ja al lyk dit nie
Partykeer vir julle so
Wil Ek vra dat julle net
Waarlik julle oë sal begin oophou
Ek is in alles wat goed is op aarde
Op elke plek waar opgebou word
Op elke plek waar goed gedoen word
Daar is Ek!
Maak julle oë oop liewe wêreld
Maak oop julle oë
Ja sê Vader julle kan maklik dink dis mense wat dit doen
Tog vergeet julle dis Ek wat mense gebruik!
Ja sê Abba-God
Ek kan mense gebruik
Om My wil te doen
Selfs al wil hulle niks van My weet
Ja liefste kinders, ja
Ek sit agter alles wat goed
Is in hierdie wêreld
Julle is so verkeerd oor My
Julle glo dat Ek afbreek
Julle glo dat Ek sleg is
Julle glo dat Ek julle net wil gebruik
Liefste wêreld dit is wie die vyand is
Ja sê Abba-Vader
Ja Ek weet dat julle altyd
Alles wat sleg en goed is
Aan My wil attribeer
Maar liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek is goed
En hy is sleg!
Wat kan Ek doen sê Abba-God
As julle die autoriteit wat Ek
Julle gegee het aan Hom oorgee
Wat kan Ek doen as julle nie Lewe bo Dood kies?
Liefste kinders Ek wil hê
Julle moet weet julle kan
Soveel dinge in hierdie wêreld verander
As julle net wou aanmeld?
Ja sê Abba-Vader
Ja asseblief
Meld ‘n bietjie aan vir diens
SAAM kan Ek en jy ‘n groot verskil in hierdie wêreld maak
Ons kan hierdie wêreld draai
My liefste kinders
Ons kan hierdie wêreld
Omdop en op sy rug keer!
My liefste kinders kom
Kom asseblief
Meld aan vir diens
Vra My Abba-God waar wil U my hê
Ja sê Abba-Vader
Ek wil en Ek kan
Elkeen van My kinders
Gebruik!
Sê net ja sê Abba-God
Sê net ja en kom in!
Word deel van My Koninkryk
Word deel vandag!
My liefste kinders asseblief
Kom nou!
Kom gou!
En weet ons kan een moerawiese groot verskil in hierdie wêreld maak
Amen!