Dansende Harte

Juig al wat leef
Juig voor die Heer!
Ek wil julle nader nooi
Ek wil julle in My hart hê dit is wat Vader sê

My liefste kinders
Kinders van hierdie wêreld
Kom en ontdek
Kom en ontdek wie Ek rerig is!

Ek is nie wie julle altyd
So graag wil glo
Ek is nie Sleg
Ek is inteendeel baie, ongelooflik GOED!

Dit is tyd dat julle uitvind
Wie Ek rerig is
Dit is tyd vir ons
Om julle oë waarlik oop te maak!

Vir generasies
En generasies
Soek mense My
Wonder altyd wie Ek is

Liefste kinders
Ek is GOED
Dit is wie Ek is
Ek is niks wat sleg is

Niks wat sleg is kan ooit in My hart woon
Ek is GOED
Ek is HEILIG
Ek is alles wat mooi is!

Dankie Abba liefste God
Dat U Lig is
Dat U alles is wat wonderlik is!
Dat U alles is wat ons so graag in ons lewens wil hê

Abba-God ons wil nie hê dat dit wat sleg is
Ooit in ons harte moet woon
Ons wil vra haal die duisternis uit ons harte
En gee ons U Lig!

Dankie Abba-God
Vir wie U is
Lewe en Lig!
Lag en Gesels!

o Vader Pappa-God
U is so lief vir ons
U is die woorde van HOOP
Wat in ons harte ronddans!

Dankie Abba God, lieflike God
Vir wie U is
Dat ons in U Seun deel van U
En U wonderlike Koninkryk mag wees

Dit bly so die grootste voorreg
U maak ons harte so baie bly!
Dankie Abba God
Dankie vir wie U is!

U skryf die mooiste getuienisse
Uit die lelikste verhale wat in die verlede lê
Hoe U dit doen weet ek nie
Die God van wonderwerke dit is U beslis!

Dankie Abba-God, liefste God
Vir al die blydskap
Wat U in ons harte
Soos ‘n veldbrand aansteek!

Ons harte is so bly
Ons harte wil U niks minder gee
As wat U oor
En oor verdien!

Liefste God
Ons lief U!
Liefste God
Ons aanbid U groot, heilige wonderlike naam

Amen!

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment