Eie ek

Hoekom hou julle aan glo
Julle weet meer as Ek
Liewe kind dit is nie so
Dit is nie waar

Wat Ek vergeet het
Dit moet julle nog leer
Dalk het julle vergeet
Ek het aan die heel begin alreeds alles geweet

In die begin van hierdie wêreld
Toe was Ek alreeds gewees
Tog bly dit moeilik om My te vertrou
My woorde met als in julle te glo

Liewe kinders as julle wou hoor
Sou julle weet
Ek is die Koning
Daar is niemand soos Ek

Skepper van die groot heelal
God van hemel en aarde
Elkeen van julle het Ek gemaak
Ek weet van ieder en elke een

So dikwels, so dikwels
Hou Ek aan met roep
Aanhoudend bly julle sê
Dit is vir ‘n ander een!

Liewe kind kyk na jou lewe
Kyk na jouself
En vra
Is ek reg om die Koning te ontmoet?

So dikwels
Hoor ek julle sê
Die een sus
Daai een so

Liewe kind
Hou op met sleg-praat
Haal die balk uit jou eie oë
Voordat jy besluit om ‘n vinger te wys

Is jy sonder sonde?
Te hoog en heilig?
Gou sit julle die blaam op ‘n ander
Sonder om ooit te dink het ek reg opgetree?

Hou op vinger-wys
Niemand is perfek nie
Julle breek mense
Met woorde van seer

Hoekom verkonding julle nie eerder aan hierdie wêreld
Ek is God
Verlossing
En om skoon en rein lewens te leef?

Dit is al wat Ek vra
Kinders wat bereid is om hulself te offer
En te sê
Koning Jesus kom ek en U word waarlik een!

Deur jou lewe kan Ek ander na My trek
Deur die woorde wat jy spreek kan Ek mense genees
Ek wonder of jy weet
Ek wil in jou leef

Moenie laat My vuur in jou uitgeblus word nie
‘n Vuur was dit op ‘n tyd gewees
Nou brand die vlammetjie
Maar flou

Ek weet nie of jy weet
My kind daar is altyd meer
Die beste was nog nie gewees
Ek wil elke sondaar red!

Deur jou kan Ek hierdie wêreld verander
Deur jou!
As jy jou selfsugtige begeertes net wou neerlê
En wou vra Vader waar kan ek vir U iets beteken?

My lewe wil ek vir U leef
My lewe aan U gee
Sodat ander kan sien en getuig
Ek dien die God wat ewig leef!

So dikwels sê ons woorde
Ek is ‘n Christen
Tog bly vergifnis teenoor ‘n ander
‘n Oortreding wat aanhou leef

Liewe kinders … vergewe en vergeet
‘n Woorde-wisseling
‘n Verkeerde daad
Julle wil dit teen iemand hou totdat die wêreld vergaan

Liewe kinders kyk na My
Kyk watter voorbeeld het Ek vir julle nagelaat
Vergifnis teenoor ander
Al moes Ek met My dood betaal

Liewe kinders die rusies wat julle aanvuur
So klein het dit begin
Dikwels goed bedoel
Toe raak dit iets waarop jy sit en broei

Liewe kind het jy al ooit gedink
Hoe gaan Ek jou leer
As jy nooit in situasies kom
Waar Ek jou karakter wil laat groei

Soveel keer wil Ek jou leer
Soveel keer
Tog is daar so min wie omgee om meer te word soos Ek
Julle hou net aan om soos die wêreld te baklei

Het jy ‘n idee
Hoeveel plek jy vir die duiwel gee
Met daai gedagtes van weerwraak
Wat aanhou sê ek sal hulle wys

Nee wat liewe kind
Kom lê daardie onsteltenis voor My neer
Saam sal ons daardeur werk
Die volwasse manier sal Ek jou wys

Voed jou gees, gee hom kos
Wat jy lees in die Woord
Pas dit toe
Kom en word meer soos Ek

Kind jou gedagtes kan Ek lees
Wie jy is en wat jy doen
Peil Ek van vêr
Laat My toe om in jou te werk

Laat My toe
Om jou woorde te verander
Woorde wat seer maak
Na woorde wat genees

Julle praat so dikwels
Sulke ydele woorde
Sonder om ooit regtig te dink
Sou Jesus so iets sê?

Liewe kind
As Jesus nie so sou optree nie
Asseblief moenie jy
Dit ook doen nie

Vra My om jou te wys
Die seer wat leef in jou hart
Dit breek harte
Die wie die naaste is aan jou s’n veral

Vir jare hou julle aan
Met dit wat jul nou nog doen
Wanneer gaan iemand begin vra
Ek soek die lewe en oorvloed waarvan Jesus praat?

Liewe kind hoe wens Ek julle raak moeg
Moeg van al die goed wat ons bly skei
Moeg van dit wat maak
Dat Ek en jy net nie saam kan wees

Hoe gaan ons ooit in ‘n ware verhouding staan
As jy nie wil opgee dit wat nie is van My?
Hoe gaan ons een wees
As jy aanhou om alles bo My te stel?

Jou gemak
Hoe jy voel
Wat ander aan jou doen
Jy wat altyd jou mening gee

Liewe kind
So, so moeilik om jou te leer
Jy lees nou hier en sê dit is nie vir my
Wonder klaar vir wie kan ek dit aanstuur?

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment