Nuwe hoop

Hoop vir hierdie wêreld
Stukkend en gebroke
Sonder U
Dit is wat U bring

Die kleinste kindjie in ‘n stofpad
Sien U Heer
Die honger hart
Die honger magie ook
 
Wie kan Ek stuur?
Wie is bereid om te gaan?
In hoge huise bly julle woon
Sonder om ooit te dink ‘Hoe kan ek ‘n ander seën?’
 
Liewe kind hoor My Woord
Ek gee so baie om
Oor verlore, stukkende mense
Die wie sê hulle het alle hoop verloor
 
Hoor My hart
Ek gee om!
Om siele te red
Om mense te genees
 
Verkondig verlossing
Sê aan hierdie wêreld
God red, verlos
En maak nog heel!
 
Niemand is te vêr
Geen een is te swart
As die harte van rebellie en trots wou buig
Staan jy ‘n besliste kans!
 
Die wêreld wil Ek red
Deur My Gees
Hou Ek aan getuig
Kyk daar is ‘n ander Weg!
 
Weg van seer
Weg van pyn
Weg van die vyand se alewige gesteel
Van alles wat Ek aan jou wil gee
 
Verlossing wil Ek bring
Aan almal wat sal glo
Hou op met wat jul doen
Julle is so op die verkeerde weg
 
Kom na My
Buig asseblief julle knieë
Laat My toe om julle sonde weg te was
En al jul seer te genees.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment