Hoekom wil jy My nie jou deel maak nie
Vra Vader
Hoekom is daar altyd so baie dinge wat ons skei
So baie dinge wat konstant tussen ons bly
Jy kies die wêreld en sy dinge
Bo My sê Vader
Wanneer gaan jy besef
Die dinge is nie van My
Die konstant mooi aantrek
Fancy lyk sê Hy
Liewe kind dis nie nodig dat jy soveel dinge aanplak
Sê My waar is die ware jy?
Liewe kind Ek wil nie hê
Jy moet jouself wegsluit en opsluit
Omdat jy mense om jou wil beindruk
Ek wil hê jy moet kom en waarlik oorgee aan My
Liefste kind wat help mooi-maak van buite
As jy binne niks weet van ek-is-waarlik-vry
Wat help dit jy beindruk mense met hoe jy buite vertoon
Maar jou hart en siel weet niks van My
Liefste kind Ek wil nie hê dit moet so wees
Ek wil hê jy moet kom uitvind
Jy moet weet
Wie en wat jy waarlik is
Julle smag tog so baie
Na mense se aanvaarding
En vergeet dan by My
Is jy reeds ten volle aanvaar
Liewe kind jy moet hierdie waarheid
In Sy rykdom en diepte kom ontdek
Dan sal jy nooit eers wonder wat mense sê
Jy sal net altyd weet jy is ver-by-spesiaal-verby vir My
Mag dit jou hoop gee sê Vader
Mag jy weet jy is ‘n Geliefde van My
Tot die dood en weer sal Ek jou liefhê
Hoe hoop Ek jy kom en maak My jou enigste anker
Ek weet van verwerping sê Vader
Ek weet als daarvan en Ek verstaan liewe kind
Asseblief moenie huiwer
Kom en bring dit als na My
Ek sal die seer in jou hart en lewe
Sagkens en teer aanraak met My warm liefde
Ek sal die groot spasie tussen ons oorbrug
Maar dan liewe kind moet jy kom en kom vra
Julle soek julle aanvaarding in mense
Liewe kind dit gaan nie altyd werk
Aangeplaktheid werk dalk vir ‘n rukkie
Maar oor ‘n rukkie besef jy die seer wat opbou in jou hart?
Liewe kind dis omdat jy nie kan wees
Wie Ek wil hê jy moet wees
Liewe kind Ek wil hê jy moet net jouself wees
‘n Vol lewe leef
Die jy wie jy gemaak is om te wees
Sal jy in My vind sê Vader
Daarom nooi Ek jou nader
Jy sal jou ware self op geen ander plek vind
Liewe kind hou asseblief op
Om soveel aspirasies en hoop
In mense se opinies en aanvaarding van jou te sit
Hulle aanvaarding is baie kere net vel-diep
Ek wil hê die mense om jou
Jy jouself
Moet jou liefhê vir wie jy is
En nie vir wie jy so gereeld voorgee om te wees
Daarom liewe kind kom klim uit jou dop
Kom ontdek wie jy rerig is
En leef, leef liewe kind
Voluit sonder al die voorgee in en rondom jou.