Stille Verwyt

Jare se stille verwyt
Lê tussen ons sê Vader
Jare waarin Ek wonder hoekom
En jy wat jou rug op My bly draai

As jy jare terug gekom het
Was dinge jare terug al beter
Tog lê dit tussen ons liewe kind
Die sonde en liefde vir hierdie wêreld wat ons bly skei

Ek verwyt myself dat Ek jou so baie liefhet
Ek verwyt myself dat Ek gekom het
Want kyk dan liewe kind
Tot waar het dit ons gebring?

Ek bevind myself konstant in ‘n doodloopstraat
Wanneer dit by jou en jou liefde vir My kom sê Vader
Ek het so baie opgeoffer vir jou en My om waarlik EEN te wees
Tog blyk dit nie dieselfde vir jou te wees

Jy het My nie half-pad so baie lief
Soos wat Ek jou het nie sê Vader
En dit maak seer liewe kind
Dit maak ongelooflik baie seer

Weet jy hoe voel dit om altyd op die kantlyn te bly staan?
Om nie die verkose een te wees?
Dan liewe kind, dan verstaan jy
Hoe Ek so baie kere voel

Ek voel uit – totaal uit
Wanneer dit kom by jou en jou liefde vir My sê Vader
Wanneer gaan jy rerig omgee om te hoor
Hoe baie lief Ek is vir jou?

Daardie woorde dra baie meer krag
As wat jy besef sê Vader
Dit is woorde wat ons bly skei
Omdat jy dit nie waarlik jou eie maak

Liewe kind wanneer gaan jy besef
My liefde vir jou is baie meer as ‘n mooi cliché?
Ek wonder of jy weet
Hierdie woorde kan jou wêreld draai?

Julle maak My liefde vir julle so goedkoop
Deur konstant daarvan af weg te draai
Wanneer liewe kind, wanneer gaan jy dit besef
En toelaat dat die verwyt tussen ons ‘n stille dood sterf?

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Stille Verwyt”

Leave a comment