Saam met Jesus
Sal jy altyd die regte rigting vind
Hy sal vir jou aandui waarnatoe en waarnatoe nie
Solank jy aanhou vra
Sien in Jesus se hart
Woon daar die Ewige Kompas
Jy sal vind
Hy ken die pad van enige kaart
Sien want Hy weet
Hy weet waar lê ons Ewige Huis
Hy weet wat vir ons voorlê
Hy weet hoe om ons daar uit te kry
Maak Hom die Kaptein
Van jou lewensskip
Hierdie reis sal jy net saam met Hom
Suksesvol kan voltooi
Maak Hom jou rigting-aanwyser
Laat toe dat Hy jou die regte rigting aandui
Moenie jou eie oordeel vertrou nie
Vertrou Hom, Sy wysheid is sonder perke
Ek wil nie sonder Hom die hawe verlaat
Ek wil Hom in my lewensboot innooi
Ek wil hê Hy moet die Anker van my lewe wees
Ek wil Hom toelaat om my boot sekuur te stuur
Sien Hy weet hoe om teen golwe te baklei
Hy weet hoe om storms te oorwin
Met Hom aan die stuur is ek verseker
My lewensboot sal nooit nie soos Titanic sink
Kom ons hys die seile
Maak Hom die Kaptein
Volg Sy instruksies
Sodat ons oor die waters veilig vaar
Die Kaptein se Naam is Jesus
Reddingsbote en toue stuur Hy vandag nog uit
Om verlore siele, matrose van hierdie lewe
Aan boord van Sy skip te bring
Saam met hierdie Koning
Sal ons aanhou vaar
Na ‘n plek van ewige oorwinning
Waar net blydskap en vrede vir ons wag.
Dankie Here
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!