Die vrede wat Jesus gee
Dit is so soet
Dit is so sag
Dit omvou my hele hart
Soet liewe Vader
Soet is U kosbare teenwoordigheid
Met sagtheid
Hou U my hand
Hoe kan ek dankie sê
Vir U rustigheid
En vrede
In my gemoed
Dit is so die teenoorgestelde
Van wat hierdie wêreld vir ons gee
Onvergelykbaar
Met sy gewoel en rumoer
Dis ‘n vrede so sag
Dis ‘n rustigheid so soet
Dankie liewe Heer
Vir die stille vrede wat U gee
Liewe vriend
Ken jy die vrede wat Jesus gee?
Dis soet, dis sag
Net soos wat Hy in Sy Woord aan ons beloof
Kom nader en leer ken
Ons Pappa-Vader se hart
Kom skuil onder Sy vleuels van beskerming
Daar sal jy Hom waarlik vind
Ons Jesus is so sag
Sy hart en Sy gemoed
Sy glimlag, Sy warm liefde
O hoe verbly dit die diepstes van my hart
Dankie Vader vir U vrede
Dit oortref die lewe
Sag wil ek in U my ewige troos en hoop vind
Vetroue wat my deur elke diep storm van hierdie lewe bly dra
Dankie Jesus vir U vrede
Dit is sag
Dit is soet
Dit omvou my hele hart.
Beautifull!thank u
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!