Etiket: God+is+net+goed

  • Hoe lyk jou Stiltetyd-plantjie?

    Hoe lyk jou Stiltetyd-plantjie?

    Liewe vriende,

    Voordat jy verder wonder laat ek verduidelik.

    Ek’s onlangs besig om ‘n oog te hou by familie se huis terwyl hulle op ‘n wegbreek is en daar is pragtige blommekinders om te versorg.

    Soos ek besig is om ‘n plant wat elke dag moet water kry, sodat hy sterk en mooi kan bly, benat … tref iets my. Veronderstel jou Stiltetyd is so ‘n plantjie. Daagliks het hy liefde en aandag nodig anders sal hy uitdroog, begin swaar trek of uiteindelik dood gaan.

    Daar’s te veel van ons wat die sorg van ons plantjies nalaat, wat nie besef of weet die integrale deel wat dit vorm of behoort te vorm in die lewe van elke Christen wat in verhouding met God wil leef.

    Elke dag se stil-sit-en-word-by-Hom. Dis waar Christenskap waarlik lekker raak.  

    Jy begin dalk benoude hartkloppings kry en dink ek ken dit nie. Jy begin wonder … hoe gaan ek dit oorleef om vir ‘n paar minute elke dag stoksielalleen te wees saam met God?

    Prontuit wil ek vir jou sê … jy gaan piekfyn wees. Dit is moontlik. Regtig. Vat dit van iemand wat al daar was en nie gesterf het nie. Byna maar darem. Nee kyk, nou terg ek heerlik maar die beginsel waarheid bly dieselfde.

    Geen kind van God kan sonder wortels en voeding hom of haarself eintlik ‘n Christen bly noem as hulle nie daagliks die nutriente wat nodig is om te oorleef en te floreer inneem nie.

    En dit is wat daaglikse Stiltetyd in die lewe van elke Christen deponeer. Koninklike konneksie. Bomenslike vrede en vermoë. Rus en rigting van Bo.

    Daar is soveel waarde wat sit-by-God inhou maar hiermee wil ek vandag veral een bo alle ander uitsonder.

    As jy intimiteit met God wil ondervind. As jy honger is vir die dieper dinge van God. As jy wil uitkom by dit wat Abba vir ons voorberei het op aarde. Dan wil ek net sê … maak elke-dag-kuier-saam-met-God ‘n not-negotiable. Jou hele lewe deur.

    Hierdie blog is ‘n rukkie terug ook op Finesse se Voelgoedwerf gepubliseer. Het julle al vir hierdie platform gaan kuier? Dis vol inspirasie vir die vrou. Hulle dek die volgende kategorieë: Geloof, Huwelik, Ouerskap, Self, Gesondheid. Gaan loer gerus in! Hier volg die skakel: https://voelgoed.co.za/blogs/

    Baie liefde, geniet die res van julle week.

    Letitia

    Jesus sê in Johannes 10:10 Hy het gekom sodat ons die LEWE in oorvloed
    kan ondervind. Dis hoe dit deurvloei na ons boetie en sussie,
    wanneer ons konneksie met die hemel (Abba) hou!

  • Lewende konneksie

    Lewende konneksie

    Die begin en einde van alles
    Jesus is Sy Naam
    Ken jy Hom liewe vriend
    Oe Hy is so mooi

    Wonderskoon is nie die woord
    Oe nee
    Vêr by dit
    Is Hy so vêr verby

    Oe Pappa se kinders
    Kinders van die wêreld
    Julle wat dit nog nie vol glo
    Ek wil julle so graag nader nooi

    Ek wil hê julle moet kom vind
    Dit wat ek al kon proe
    Ek weet dat julle ook dan
    Nooit meer nie vir Hom sal wil leer ken

    Oe kinders van God
    Julle verlorenes ook
    Sal julle asseblief kom hoor
    Wat ek so graag vir julle sê

    God is mooi
    Kinders van die wêreld
    Kinders van God
    Hy is so ongelooflik baie mooi

    Sien dis die probleem
    Baie kere
    Sê Pappa se kind
    Mense dink dat dit net mooi woorde is

    Oe julle is net so baie verkeerd
    So diep verkeerd
    Sê Pappa se kind
    En daar is soveel mense wat vassit in dink

    Vir vele sê Pappa-God
    Is Ek net soveel soos mooi woorde
    Hulle dink nie eers langer daaraan
    Dit is maar net hoe dit vir vele mense in die wêreld is

    Ja sê Daddy
    Selfs vir My kinders
    Veral vir My kinders sê Pappa
    Is dit so

    Ek het so groot begeerte in My hart
    Sê Pappa
    So groot begeerte
    Dat mense verby die mooi woorde oor My sal kom en My waarlik kom vind

    Ja kinders sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê
    So graag hê dat julle sal kom vind
    Ek is die mooi woorde wat toe al die tyd leef

    Ja sê Pappa-God
    So real soos kan kom
    Dit is toe al die tyd Ek
    Ek in al My ware goue glorie

    Oe kinders sê Pappa
    Ek wil nie
    Ek wil so nie
    Net dooie, hol, leë woorde vir julle wees

    Ja My kinders
    Sê Pappa
    Dit is waarlik hoe dit baie kere is
    Julle gesels oor My sonder dat daar ware, enige konneksie is

    Ja My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Die spark is missing
    Vir so baie van My kinders

    Ja sê Pappa
    Dis soos ‘n stroombaan
    Geen energie kan deurvloei
    Want daar is ‘n onderbreking tussen My en jou

    Liefste liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê die energie van My volheid
    Moet deurvloei na jou

    Liefste kinders sê Pappa
    Ons mis dit
    Ons mis so gereeld
    Daai lewende konneksie wat ons kan hê

    Pappa-God se kinders
    Myne
    Liefste liefste kinders
    Kom sien asseblief Ek is

    Ja kinders
    Asseblief sê Pappa
    Julle moet kom uitvind
    Wie Ek waarlik-waarlik is

    My hart is so diep
    Sê Pappa-God
    En die mooiste geheime
    Is daar binne weggesteek

    Ek bêre hulle maar gewoonlik
    Sê Pappa-God
    Vir die mense wat nie net vra
    Maar ook bereid is om te kom soek

    Oe die liefde sê Pappa
    Die liefde wat Ek vir julle elkeen het
    Dis so ondeurgrondelik
    So onverstaanbaar-vir-mens-se-verstand groot

    Oe My liefstes
    Sê Pappa
    Julle mooistes
    Kom soek asseblief na My

    Kom vind die waarheid oor wie Ek is
    So diep sê Pappa
    So diep is Ek in rykdom
    Sal jy asseblief kom vind

    Geestelike rykdom sê Daddy
    Oe kinders sê Pappa
    Dis belangrik dat julle
    Dit sal kom naspoor en vind

    So graag My liefste kinders
    Wil Ek meer aan julle ontbloot
    Ek wil julle meer wys
    Asseblief sal julle kom glo

    Al wat julle moet doen sê Pappa-God
    Is om te begin vind
    Oa ja sê Pappa
    Oe ja

    Kinders sê Pappa
    Julle sal dan net nooit weer kan stilbly
    Julle sal weet dat Ek goed en mooi is
    En dat dit soveel meer as woorde is

    Ek nooi julle sê Pappa
    Julle elkeen
    Om te kom vind
    Dit waarvan Ek hier en nou praat

    Oe Pappa se kinders
    Oe Myne
    Kom vertel My asseblief
    Begin jy My liewer kry

    Ek nooi hierdie hele wêreld
    Altyd so graag
    Sal julle My kom liewer kry
    Sal julle kom uitvind wie Ek waarlik is

    Daar is min mense wat kom
    Sê Pappa
    So min mense wat waarlik kom
    Hulle harte vir My oopmaak

    God se hart is so mooi
    Kinders vra Pappa
    Ek wil hê dat julle dit
    Waarlik sal begin glo

    Ja kinders sê Pappa
    Glo soos in jou hart daarop sit
    Glo soos in jou huis daarop bou
    Glo soos in dat dit ‘n ware werklikheid is

    Daar’s te min kinders van My sê Pappa
    Wat dit waarlik glo
    Oe kinders vra Pappa-God
    Sal julle dit assebief nie meer doen

    Dis omdat Ek vir vele
    Sê Pappa-God
    Skaars meer as net mooi woorde is
    Dat ons nie verhouding kan bou

    Die Goeie God
    Wat nie waarlik bestaan
    Dis wie Ek vir baie mense is
    Wat sê hulle glo

    Hulle glo
    Maar hulle glo nie werklik nie
    Sê Pappa
    Hulle glo maar ook nie

    Ek weet nie sê Pappa
    Hoe dit baie dikwels werk
    Dis soos ‘n eend sê Daddy as die water van haar rug afrol
    Dis hoe My goedheid vir baie mense is

    Dis nie eers mee iets sê Pappa
    Wat hulle behoorlik
    Inneem of toelaat
    Om enigsins wortel te skiet

    Ja-nee sê Pappa-God
    Die saadjies van My goedheid
    Word dikwels verspil
    Dis asof mense net nie meer weet hoe om waarlik te glo

    Kind Ek wil jou vra
    Om te dink aan die volgende
    Om dit diep te oorweeg
    Wat as elke mooi woord oor My die waarheid was

    Oe kinders sê Pappa
    Oe kinders
    Vertel tog vir My
    Sal jy dit glo?

    Ek is mooier sê Pappa
    Mooier as wat die mooiste woorde
    Ooit kan vertel
    Sal jy begin glo?

    Asseblief, asseblief
    Liefste kinders
    Asseblief
    Dit is so

    Julle glo te min
    Sê Pappa
    My ware mooiheid
    Omdat julle dink dit nie die waarheid is

    Dis soos sê Pappa
    Die mooiste beloftes wat julle op aarde kry
    Wanneer mense julle die son, maan en sterre beloof
    En dan wat niks daarvan gebeur

    Ek dink kinders
    Sê Pappa
    Dat dit is hoe julle baie dikwels dink Ek is
    Bek maar niks binnegoed

    Oe Pappa se kinders, oe
    Hoe hartseer om te dink
    Dat baie van julle nog nie ontdek het
    Dat Ek ware mooi goedheid in al sy splendor is

    Oe kinders, oe kinders
    Asseblief begin glo
    Asseblief begin die opsie oorweeg
    Dat Ek waarlik NET goed is

    Julle moet, moet, moet dit asseblief oorweeg
    Julle moet dit begin in ag neem
    Want dit kan waarlik
    So ‘n groot verskil in my en jou se verhouding van hart maak

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek wil so graag al die stroombaan-probleempies tussen ons uitsorteer
    Ek wil hê die energie moet volop deurstroom

    Ja-nee kyk kinders
    Dis genoeg, so genoeg
    Dat Satan al hierdie obstruksies
    In ons twee se padjie saam veroorsaak

    Ons moet slimmer wees as hy liefste kinders
    Ons moet ons oë wa-wyd oophou
    Ons moet bewus wees
    Die kere wat hy verwydering wil bring

    Ja dit is net so
    Hy gaan altyd probeer
    Altyd-altyd
    Om afstand tussen ons harte te bring

    Een van die maniere kinders
    Is jy wat nie glo
    Dat Ek waarlik
    Net goed en mooi is

    Amen.

  • Die ware Jakob

    Die ware Jakob

    Soveel vreugde in my hart
    Alles omdat U daarbinne woon
    Pappa ek het gedog ek het U lief
    Maar dit raak meer

    Ek weet ek het U gevra
    Om meer vir my te gee
    Tog staan ek verbaas
    Wanneer die meer arriveer

    Daddy daar is vrae in my hart
    Baie keer
    Goed wat ek nie verstaan
    Waarvoor ek nie antwoorde het

    Tog is dit Abba
    Asof U liefde en omgee en waarheid
    My net dieper anker
    In wie U waarlik is

    Pappa ek is so baie dankbaar
    So baie dankbaar
    Vir ‘n anker soos U
    Pappa by U voel ek altyd so veilig

    Ek wens ek kon veraltyd Pappa
    By U wees
    Ek wens ek kon net sit
    In U teenwoordigheid wat nie vrees inhou

    Pappa ek’s so bly
    So bly
    Dat U nie vrees is
    U is niks wat ons bang-maak

    Pappa partykeer is dit moeilik
    Ons verstaan nie alles
    Tog weet ek diep in my hart
    U is goed

    Dit is ‘n skat Pappa
    Wat U self in my hart kom bêre het
    ‘n Skat
    Waarvoor ek so baie dankbaar is

    Ja Daddy-God
    Dis asof dit die sterk anker geword het
    Waaraan ek met my alles vashou
    Ek en my hele lewe

    Daddy as ek dit nie bly glo het nie
    Het ek lankal gesink
    Lankal terug
    En nooit weer asem gehaal

    Daddy ek dink
    Dis wat baie kere al ons hoop en vreugde steel
    Die leuen wat sê
    U is goed maar ook ‘n bietjie sleg

    Pappa ek weet nie hoekom is dit so
    Rerig ek weet nie
    Dalk is dit omdat ying-yang dit vir ons leer
    Elke goed het sleg en ook andersom

    Pappa ek weet nie
    Maar dit is so
    Mense glo nie Pappa
    Hulle glo nie dat U net wonderlik-goed is

    Ek wens Daddy
    Ek wens ek kon mense kry om dit te glo
    Maar ek kan nie
    Ek kan net bly getuig

    Daddy ek wil net bid
    Ek wil net bid
    Vir almal wat U nie so goed ken
    Almal wat glo dat U ook die outeur van sleg is

    Daddy asseblief
    Trek hulle harte nader aan U goedheid
    Trek dit nader Abba
    Sodat hulle waarlik kan sien

    Sien Abba
    Soos in sien
    Sien soos in al die leuens van Satan
    Ontbloot

    Daddy ek wil ook so na U kyk
    Sonder die blinders Abba
    Wat die duiwel en wêreld
    Dikwels oor ons oë plak

    Daddy
    Dis tyd sê Abba se kind
    Dat hierdie wêreld reg oor U begin glo
    ‘n God-is-Good revolution

    Ja Pappa-God
    Dit is wat ons nodig het
    Want rerig hierdie wêreld
    Sy is so verkeerd

    Pappa voed ons harte
    Asseblief met die waarheid
    Die waarheid van wie U is
    En help ons om nie meer verkeerd oor U te glo

    Pappa ons het so U waarheid nodig
    So so baie
    Dis tyd, rerig Abba
    Vir die leuens van Satan om te verkrummel

    In duisende miljoene stukkies Abba
    Dis tyd dat dit val
    So baie
    So baie

    Pappa U is nie verkeerd, nooit nie
    Dis die sieninge wat ons oor U het
    Dit wat ons van U glo
    Dit is die groot probleem

    Pappa asseblief
    Sal U ons kom wys
    Asseblief wat is waar oor U
    Wat is verkeerd?

    Pappa-God ek wil die waarheid weet
    Ek wil nie net aanhou om verkeerd oor U te glo
    As ek iewers verkeerd is
    Pappa asseblief kom wys my

    Ja Pappa, ja
    Ek gee U die reg, die volle toestemming
    Om elke verkeerde versinsel oor U in my hart
    Af te breek tot niks

    Ek wil jou uitnooi kind van Abba-God
    Boetie en sussie
    Om dieselfde te begin doen
    Ja boetie, sussie hoe seker is jy, jy glo reg oor God?

    Ek dink dis tyd Abba
    Dat U ons ‘waarhede’
    Onder die mikroskoop begin sit
    En vir ons wys waar is ons verkeerd

    Want Pappa die probleem is net
    Hoe meer verkeerd ons oor U glo
    Hoe groter die afstand tussen ons
    En Pappa ons wil dit nie so hê

    Nee Pappa
    Nie as die mooiste volste lewe wat ons ooit kan leef
    In U lê
    Ons kan dit nie bekostig nie Abba-Vader

    Nee Pappa
    Ons kan nie bekostig om so vêr van U af te bly
    As dit is wat ware geluk en vreugde
    In die lewe bring

    Nee kinders van Abba
    Nee julle wat so vêr is
    Ons kan nie
    Ons kan nie bekostig om Jesus nie in ons lewens te hê

    Dis waar ware oorvloed lê
    True happiness
    Soos die Ingelse sê
    Nee kinders van God ons kan nie

    Sien ons is elkeen hier
    Kind van Abba-God
    Nie-kind-van-God
    In pursuit of our happiness

    Ja kinders
    Sê Pappa
    Dit is so
    Elkeen van julle is opsoek na ware geluk en vreugde

    Min van julle sê Abba
    Min van julle het al gevind
    Dat true happiness
    Daai soos aan die einde-van-die-reënboog in My lê

    Oe kinders sê Pappa-God
    Dis My begeerte om vir julle te gee
    Waarna julle so smag
    Diepe hartsgeluk

    Julle is almal sê Abba
    Elke mens op aarde
    Is opsoek daarna
    Ja sê Pappa dit is so

    Kan Ek julle vra
    Liefste kinders
    Hou aan om te soek na My
    Totdat jou hart van vreugde oorloop

    Kind
    As jou hart nog nie oorloop
    Weet asseblief
    Jy het My nog nie waarlik gevind

    Kinders sê Pappa
    Godsdiens is nie Ek
    Tradisie ook nie
    Dit gaan jou net nooit gelukkig kan maak

    Oe Ek weet sê Pappa-God
    Ek weet
    Hulle probeer so gereeld
    Maar hulle kon dit nog nie regkry

    Dis maar een of twee van vele
    Sê Pappa
    Een of twee van vele
    Wat julle ware geluk en vreugde probeer bring

    Oe kinders sê Pappa
    Oe kinders
    Hulle probeer want hulle weet
    Daar is ‘n honger in elke mensehart

    Ek eer hulle probeerslae sê die Here
    Hulle oplossings om die probleem gestop te kry
    Maar dis al wat dit is
    Probeerslae

    Oe kinders sê Pappa
    Daar is so baie probeer in hierdie wêreld
    So baie
    Ek wens julle kon sien

    Dis baie kere
    Al wat Ek in die mensehart lees sê Abba
    Kom ek probeer dit
    Nee dit werk nie, kom ek probeer dit

    Kinders sê Abba-God
    Kan Ek vra
    Is dit nie tyd dat julle by die lasting permanent solution uitkom
    Of wil julle aanhou soek?

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek weet, Ek weet
    Julle probeer dat dit My nie insluit

    Oe Ek weet nie
    Sê Abba-God
    Ek weet nie hoekom is dit so baie moeilik vir jou om te aanvaar
    Dat Ek die oplossing is

    Soveel mense
    Het ‘n probleem daarmee
    Sê Abba-God
    Ek wens julle kon sien

    So ‘n probleem
    So ‘n groot probleem
    Een moerawiese een
    Sou party mense sê

    Ek weet nie hoekom sê Abba-God
    Maar Ek is ‘n rots des aanstoots vir baie mense
    Dis mos maar wat die Bybel ook sê né
    Dat baie mense oor My gaan struikel

    Seun van God
    Jesus Christus
    Hoekom is dit so
    Hoekom wil mense U nie in hulle lewe hê?

    Vrees hulle verandering
    Pappa-God
    Wil hulle nie hê U moet voorloop
    Wat is die probleem?

    Oe Pappa
    Ek weet nie
    Ek’s nie seker
    Maar ek weet daar is beslis een groot probleem

    Daddy U wat die harte ken
    U wat die bladsye van elke hart lees
    Sal U asseblief vir hulle kom wys
    Dis nie soos wat hulle glo

    Pappa asseblief
    Kom wys hulle
    Kom leer hulle
    Die ware mooi is waarlik U

    Help hulle asseblief Pappa
    Ek mens wat verkeerd oor U glo
    Om U waarlik te leer ken
    As die mooiste mooi

    Pappa dit is wie U is
    Oor en oor
    Jesus U ook
    En Heilige Gees

    Die ware mooi in hierdie lewe
    Oe dit behoort aan my Pappa
    Hy hoef nie eens te probeer
    Dit is maar net soos dit is

    Oe dis so mooi
    So mooi vir my
    Dat my Pappa nie hoef te probeer
    Maar dat dit net is wie Hy is

    Die vreugde-vure in my hart
    Is so baie bly
    Elke keer as Pappa-God
    ‘n Nuwe vars stukkie hout opgooi

    Dankie liefste Pappa
    Dat U die vuur in my hart is en bly
    Pappa so baie dankie
    So baie dankie

    Pappa sal U my asseblief
    Altyd naby aan U hou
    Sal U my altyd vertel
    Wat diep in U hart lê

    Dis ‘n voorreg Pappa
    Wat ons elkeen het
    Maar so min gebruik
    Abba asb help ons om dit nie meer te doen

    Help elkeen Pappa
    Asseblief
    Elkeen wat U nie ken
    Om U te leer ken en diep lief te kry

    Pappa dankie
    Dankie so, so, so baie
    Net vir wie U is
    Die ewige mooi Een wat veraltyd in my hart kan bly

    Die mooiste mooi
    Daddy-God
    Het U in my lewe ingebring
    Toe ek vir U ja sê

    Daddy dit was nie altyd maklik
    Dis nogsteeds nie altyd maklik
    Maar Pappa
    Dit was en is so die moeite werd

    Ek het U so mooi leer ken Daddy
    En my hart
    My hart loop oor
    Van soveel dankbaarheid

    Dankie Pappa
    Dankie so baie dat U die paaie wat ons saam met U loop
    Nie altyd makliker maak
    Omdat U die beste vir ons wil gee

    Die beste van U in ons
    Die beste van My in jou
    Dit is so My kind
    Dit is baie waar

    Deur elke storm van die lewe kind
    Kan Ek julle die mooiste lesse leer
    Kan Ek die beste karakter bou
    Dankie daarvoor

    Julle wat bly aanhou
    Julle wat net nooit moed opgee
    Julle wat net aanhou sê
    Ons kan, ons kan saam met Christus … what is next!

    Kinders daardie uithouvermoë van julle
    Dis so inspirerend
    Dis so inspirerend en groot
    Dit gee die wêreld baie hoop

    Julle besef nie altyd
    Sê Daddy-God
    Julle besef nie
    Maar mense kyk vir julle, hulle hou julle dop

    Kinders sê Pappa-God
    Ek wil net vir julle kom vertel
    Daar is soveel waarde
    In die voorbeeld wat julle na die wêreld uitstraal

    Mense hou julle dop kinders
    Pappa wil dit net graag vir julle vertel
    Hulle hou julle dop en vra dan hulself
    Wil Ek ‘n Christen wees?

    Dis maar eenvoudig
    Kinders van God
    Dis nie oorgekompliseerd
    Dit hoef nie te wees

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Glo My
    Hulle hou julle dop

    Julle lewens sê Pappa
    Is dikwels die verskil
    Wat maak dat hulle lewens tiep
    Na die regte of verkeerde kant

    Kinders sê Pappa
    Kan Ek net vra
    Begin om met oorleg
    Julle lewens te leef

    Ja kinders sê Pappa
    Elke keuse maak ‘n verskil
    Wees wys
    Met wat julle toelaat

    Ek sê nie val-nooit kinders
    Ek sê hou-aan opstaan
    Hou aan van Pappa leer
    Kyk wat kan Ek doen

    Ek wil julle elkeen
    Bakens van LiG maak kinders
    Dis wie elkeen van julle
    My Gees-vervulde kinders op aarde is

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    ‘n Baken van Lig
    Vir ‘n donker, miserabele en o so hopelose wêreld

    Die wêreld het julle nodig
    My kinders
    So so baie nodig
    Ek wil dit ook net graag vir julle sê

    Is julle gewillig kinders van Abba
    Om julle lig te laat skyn
    Vir My julle God
    Vir hierdie gebroke wêreld?

    Ek wil die wêreld deur julle inbring kinders
    Ek wil deur julle vir hulle hoop gee
    Oe kinders sê Pappa, oe kinders
    Dis hoe kosbaar en waardevol die roeping is wat Ek vir julle elkeen het

    Sal julle bly naderkom
    Asseblief liefste kinders
    Sal julle bly naderkom
    Ek roep julle nader, soveel-soveel nader aan My

    Kind van Abba-God
    Jy is geroep vir groot dinge
    Weet dit asseblief
    Begin om vir God te wag

    Julle is so verkeerd
    Maak so verkeerd
    Julle glo nie reg
    As julle vêr-weg-van-God bly

    Moet asseblief nie meer so maak
    Kan Ek vra
    Asseblief nie kind van God
    Leer God ken

    Vir baie-baie jare was ek ook verkeerd oor God
    Het ek verkeerd geglo
    Maar oe
    Deur Sy genade kan ek nou sê…

    Ek was verkeerd
    So so verkeerd
    Toe ek vir God bly nee sê
    Toe ek vir Hom die deur bly wys

    Kan ek julle net vra
    Boetie, sussie
    Jy wat verkeerd glo oor God
    Asseblief kom nader

    Kom nader aan God
    Beweeg nader
    Treëtjie vir tree
    En sien hoe Satan se leuens en jou verkeerde-glo voete kry

    Kinders sê Pappa
    Dis die vinnigste
    Die vinnigste wat twak voete kry
    Wanneer LiG arriveer

    Het julle al gesien kinders
    Het julle al gesien
    Hoe vinnig vlug donkerte
    Wanneer lig arriveer?

    Kyk net na ‘n skakelaar van lig
    Wat aangesit word in ‘n donker kamer
    Mens sou nie eers kon sê
    Daar was sopas donkerte

    Oe Pappa se kinders
    Dit is hoe belaglik
    Satan se leuens gaan lyk
    Wanneer My LiG daarop val

    Dis omdat julle in die donker bly
    Kinders
    Dis omdat julle Satan se leuens bly glo
    Dat verkeerde-glo soveel krag in jou lewe het

    Let’s dispel Daddy says 
    All lies of the enemy 
    With the truth and light of who I truly am 
    Kinders asseblief sê Pappa, asseblief

    Begin om nader te beweeg
    Aan My
    Aan Ware Lig
    Sodat julle waarlik kan sien

    Dankie kinders van Pappa
    Kinders van die LiG
    En donker
    Dat julle Waarheid liewer kry

    In My is daar nie ‘n stukkie donkerte sê Pappa
    Nee kinders
    Ek is net LiG
    Ek is net suiwer

    So kinders sê Pappa
    Volgende keer as swart en wit
    Wit en swart vir jou wil kom kuier
    Sê net nee dankie daarvoor

    Ek is nie sê Pappa
    Ying-yang nie
    Ek’s nie haar waarheid nie
    Ek is LiG

    Ja My kinders
    Ja
    Maak dit jou lewensmotto
    God is good … all the time and all the time … God is good!

    Dis nou ‘n goeie begin
    Sê Abba
    ‘n Tree in die regte rigting
    Begin glo kinders … God is net goed

    Ja amen!
    Dis ‘n waarheid soos min
    Net jammer sê Daddy
    Hy kry so min aftrek

    Ja sê Pappa
    Ja
    Mense glo verkeerd
    Hulle glo nie dat Ek hulle liefhet

    Dis mooi woorde
    Sag en goed op die oor
    Maar sy wortels het nog nie diep
    In baie mense se harte gegroei

    En dis waarmee Ek besig is
    Sê Pappa
    Dis waarmee Ek besig is in baie kinders se lewens
    Ek laat daardie waarheid wortels groei

    My hart is seer sê Pappa
    Konstant
    Wanneer Ek dink aan mense wat verkeerd glo
    Maar ook nie wil uitvind hulle is verkeerd

    Kinders sê Pappa
    Asseblief
    Wees altyd oop
    Altyd oop vir wat Ek deur My Gees vir julle wil leer

    Ja kinders
    Sê Pappa
    Altyd oop
    Wees altyd oop daarvoor

    Die mooiste lesse kinders
    Leer Ek
    Die mooiste waarheid
    Is Ek

    Dankie vir julle elkeen
    Wat My toelaat om julle te leer
    Die Waarheid kinders
    Is Ek, Ek, Ek

    Moenie dat mense of die wêreld
    Julle ooit van iets anders oortuig
    Nee kinders staan julle man
    Wees gegrond

    Wees liefde kinders
    Wys liefde
    Aan almal, nie net party
    Dit is hoe ons die wêreld inbring

    Laat die soet lieflike geur van Christus
    Altyd toe sê Pappa
    Om deur jou
    ‘n Kamer te vul

    Ja kinders, ja
    Sê Pappa
    Dis hoe meer mense aangetrek word na My
    Julle wat so mooi geklee is met liefde en nederigheid

    Die Bybel sê mos
    Trek dit aan soos ‘n kledingstuk
    Kinders dit is vir My so mooi
    Wanneer julle dit doen

    Julle wat omgee sê Pappa
    Om verlore mense
    Saam met My in te bring
    So baie dankie daarvoor

    Dankie dat julle harte is
    Om om te gee oor Myne
    Dis vir My spesiaal
    Dat julle My hart hoor

    Dis hoe Ek weet
    Sê Abba-God
    Dat julle My liefhet
    As julle doen wat Ek vra

    Nie op ‘n lelike oordrywende manier
    Nee kind op ‘n sagte liefdevolle manier
    Dis hoe Ek deur My Gees
    Met elke mens praat

    Ek werk maar gewoonlik sag
    Sê Daddy-God
    Ek hou nie te veel van skreeu
    Dis nou as daar nie te veel donderstorms is 😉

    Ja sê Pappa-God
    Ja Ek weet
    Kinders
    Dat storms baie kere vreesaanjaend vir julle is

    Dit is baie kere so
    Né sê Daddy-God
    Dat die storms van die lewe
    Julle harte in julle kele laat klop

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek ken daai gevoel
    Dis nie ‘n baie lekker een nie né

    Daar’s een ding sê Abba
    Wat My broekspype so laat bewe
    En dit is wanneer iemand
    ‘n Ewigheid sonder My tegemoet gaan

    Oe daar is niks
    Sê Abba
    Niks wat My so bang maak
    Soos ‘n kind wat Ek nie meer kan beskerm nie

    Oe ja-nee sê Pappa-God
    Dit is verkskriklik
    Daai gevoel wil Ek nie eintlik ken
    Eintlik wil Ek niks van hom af weet

    So kinders sê Pappa
    Kan Ek maar net sê
    Leer My ken
    Leer wat My hartseer en bly maak

    Mense wat My ken sê Pappa-God
    Waarlik-waarlik ken
    Is eintlik die enigste mense
    Wat kan saam-praat wanneer dit oor opinies van My kom

    Hulle is min sê Abba
    Min
    Dis gewoonlik groot-praters en mense wat skinder
    Wat die meeste oor My te sê het

    Maar ag weet jy sê Abba
    Daar kom ‘n tyd wat mens jou nie meer kan skeel
    Oor wat liegstories van jou sê
    Mens kan net aanhou om jouself te wees

    Hopelik sê Pappa
    Hopelik sal meer mense se oë oopgaan
    Soos wat Ek meer en meer
    Die waarheid oor My die wêreld instuur

    Kinders sê Pappa
    Sal julle asseblief saam met My daarvoor bid
    Begin vra kinders
    Dat Ek die wêreld se oë oopmaak

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Saam met My is jy aan die wen-kant
    Asseblief weet dit gerus

    So sal dit altyd en altyd wees
    Ek kan nie verloor
    Kinders
    Dis nie wie Ek is

    Saam met My
    Sê Abba
    Sal julle altyd bo-oor die probleme van die wêreld uitstyg
    Altyd, meer en meer

    Julle hoef nie sê Abba
    Permanent sonder hoop te wees
    Nee liefste kinders sê Abba-God
    Dit hoef nie so te wees

    Kind
    Kom vind die waarheid oor My
    En sien
    Sien, sien hoe vol hoop hierdie wêreld is

    Ek is God sê Abba
    En niks ooit sal My van My Troon afstoot
    Weet dit vandag
    Weet dit gerus

    Groter as Ek kinders
    Sal daar nooit ooit wees
    En dit is kinders
    Waar ware hoop genestel lê

    Ek is ware, ware Hoop
    Ek is die Anker
    Ek is Lewe
    Ek is net Goed

    Laat toe kind
    Asseblief
    Dat hierdie woorde
    Jou wese vul

    Jy sal ervaar kind
    Hoe God se rustigheid jou omvou
    Soos wat jy daarop mediteer
    Dit diep oordink, dit diep indrink

    Ja, Amen.

  • Meer as mossies

    Meer as mossies

    Bring My jou hart
    Liefste kind
    Ek sien die swaar
    Ek wil dit so graag vir jou beter maak

    (meer…)