U woorde is soveel goud
Dit bly net
So ongelooflik mooi vir my
Mens sal nêrens beter kan vind
Etiket: godsdiens+tradisie
-

Vasbyt-blommetjies
-

Die ware Jakob
Soveel vreugde in my hart
Alles omdat U daarbinne woon
Pappa ek het gedog ek het U lief
Maar dit raak meerEk weet ek het U gevra
Om meer vir my te gee
Tog staan ek verbaas
Wanneer die meer arriveerDaddy daar is vrae in my hart
Baie keer
Goed wat ek nie verstaan
Waarvoor ek nie antwoorde hetTog is dit Abba
Asof U liefde en omgee en waarheid
My net dieper anker
In wie U waarlik isPappa ek is so baie dankbaar
So baie dankbaar
Vir ‘n anker soos U
Pappa by U voel ek altyd so veiligEk wens ek kon veraltyd Pappa
By U wees
Ek wens ek kon net sit
In U teenwoordigheid wat nie vrees inhouPappa ek’s so bly
So bly
Dat U nie vrees is
U is niks wat ons bang-maakPappa partykeer is dit moeilik
Ons verstaan nie alles
Tog weet ek diep in my hart
U is goedDit is ‘n skat Pappa
Wat U self in my hart kom bêre het
‘n Skat
Waarvoor ek so baie dankbaar isJa Daddy-God
Dis asof dit die sterk anker geword het
Waaraan ek met my alles vashou
Ek en my hele leweDaddy as ek dit nie bly glo het nie
Het ek lankal gesink
Lankal terug
En nooit weer asem gehaalDaddy ek dink
Dis wat baie kere al ons hoop en vreugde steel
Die leuen wat sê
U is goed maar ook ‘n bietjie slegPappa ek weet nie hoekom is dit so
Rerig ek weet nie
Dalk is dit omdat ying-yang dit vir ons leer
Elke goed het sleg en ook andersomPappa ek weet nie
Maar dit is so
Mense glo nie Pappa
Hulle glo nie dat U net wonderlik-goed isEk wens Daddy
Ek wens ek kon mense kry om dit te glo
Maar ek kan nie
Ek kan net bly getuigDaddy ek wil net bid
Ek wil net bid
Vir almal wat U nie so goed ken
Almal wat glo dat U ook die outeur van sleg isDaddy asseblief
Trek hulle harte nader aan U goedheid
Trek dit nader Abba
Sodat hulle waarlik kan sienSien Abba
Soos in sien
Sien soos in al die leuens van Satan
OntblootDaddy ek wil ook so na U kyk
Sonder die blinders Abba
Wat die duiwel en wêreld
Dikwels oor ons oë plakDaddy
Dis tyd sê Abba se kind
Dat hierdie wêreld reg oor U begin glo
‘n God-is-Good revolutionJa Pappa-God
Dit is wat ons nodig het
Want rerig hierdie wêreld
Sy is so verkeerdPappa voed ons harte
Asseblief met die waarheid
Die waarheid van wie U is
En help ons om nie meer verkeerd oor U te gloPappa ons het so U waarheid nodig
So so baie
Dis tyd, rerig Abba
Vir die leuens van Satan om te verkrummelIn duisende miljoene stukkies Abba
Dis tyd dat dit val
So baie
So baiePappa U is nie verkeerd, nooit nie
Dis die sieninge wat ons oor U het
Dit wat ons van U glo
Dit is die groot probleemPappa asseblief
Sal U ons kom wys
Asseblief wat is waar oor U
Wat is verkeerd?Pappa-God ek wil die waarheid weet
Ek wil nie net aanhou om verkeerd oor U te glo
As ek iewers verkeerd is
Pappa asseblief kom wys myJa Pappa, ja
Ek gee U die reg, die volle toestemming
Om elke verkeerde versinsel oor U in my hart
Af te breek tot niksEk wil jou uitnooi kind van Abba-God
Boetie en sussie
Om dieselfde te begin doen
Ja boetie, sussie hoe seker is jy, jy glo reg oor God?Ek dink dis tyd Abba
Dat U ons ‘waarhede’
Onder die mikroskoop begin sit
En vir ons wys waar is ons verkeerdWant Pappa die probleem is net
Hoe meer verkeerd ons oor U glo
Hoe groter die afstand tussen ons
En Pappa ons wil dit nie so hêNee Pappa
Nie as die mooiste volste lewe wat ons ooit kan leef
In U lê
Ons kan dit nie bekostig nie Abba-VaderNee Pappa
Ons kan nie bekostig om so vêr van U af te bly
As dit is wat ware geluk en vreugde
In die lewe bringNee kinders van Abba
Nee julle wat so vêr is
Ons kan nie
Ons kan nie bekostig om Jesus nie in ons lewens te hêDis waar ware oorvloed lê
True happiness
Soos die Ingelse sê
Nee kinders van God ons kan nieSien ons is elkeen hier
Kind van Abba-God
Nie-kind-van-God
In pursuit of our happinessJa kinders
Sê Pappa
Dit is so
Elkeen van julle is opsoek na ware geluk en vreugdeMin van julle sê Abba
Min van julle het al gevind
Dat true happiness
Daai soos aan die einde-van-die-reënboog in My lêOe kinders sê Pappa-God
Dis My begeerte om vir julle te gee
Waarna julle so smag
Diepe hartsgelukJulle is almal sê Abba
Elke mens op aarde
Is opsoek daarna
Ja sê Pappa dit is soKan Ek julle vra
Liefste kinders
Hou aan om te soek na My
Totdat jou hart van vreugde oorloopKind
As jou hart nog nie oorloop
Weet asseblief
Jy het My nog nie waarlik gevindKinders sê Pappa
Godsdiens is nie Ek
Tradisie ook nie
Dit gaan jou net nooit gelukkig kan maakOe Ek weet sê Pappa-God
Ek weet
Hulle probeer so gereeld
Maar hulle kon dit nog nie regkryDis maar een of twee van vele
Sê Pappa
Een of twee van vele
Wat julle ware geluk en vreugde probeer bringOe kinders sê Pappa
Oe kinders
Hulle probeer want hulle weet
Daar is ‘n honger in elke mensehartEk eer hulle probeerslae sê die Here
Hulle oplossings om die probleem gestop te kry
Maar dis al wat dit is
ProbeerslaeOe kinders sê Pappa
Daar is so baie probeer in hierdie wêreld
So baie
Ek wens julle kon sienDis baie kere
Al wat Ek in die mensehart lees sê Abba
Kom ek probeer dit
Nee dit werk nie, kom ek probeer ditKinders sê Abba-God
Kan Ek vra
Is dit nie tyd dat julle by die lasting permanent solution uitkom
Of wil julle aanhou soek?Oe kinders
Sê Pappa-God
Ek weet, Ek weet
Julle probeer dat dit My nie insluitOe Ek weet nie
Sê Abba-God
Ek weet nie hoekom is dit so baie moeilik vir jou om te aanvaar
Dat Ek die oplossing isSoveel mense
Het ‘n probleem daarmee
Sê Abba-God
Ek wens julle kon sienSo ‘n probleem
So ‘n groot probleem
Een moerawiese een
Sou party mense sêEk weet nie hoekom sê Abba-God
Maar Ek is ‘n rots des aanstoots vir baie mense
Dis mos maar wat die Bybel ook sê né
Dat baie mense oor My gaan struikelSeun van God
Jesus Christus
Hoekom is dit so
Hoekom wil mense U nie in hulle lewe hê?Vrees hulle verandering
Pappa-God
Wil hulle nie hê U moet voorloop
Wat is die probleem?Oe Pappa
Ek weet nie
Ek’s nie seker
Maar ek weet daar is beslis een groot probleemDaddy U wat die harte ken
U wat die bladsye van elke hart lees
Sal U asseblief vir hulle kom wys
Dis nie soos wat hulle gloPappa asseblief
Kom wys hulle
Kom leer hulle
Die ware mooi is waarlik UHelp hulle asseblief Pappa
Ek mens wat verkeerd oor U glo
Om U waarlik te leer ken
As die mooiste mooiPappa dit is wie U is
Oor en oor
Jesus U ook
En Heilige GeesDie ware mooi in hierdie lewe
Oe dit behoort aan my Pappa
Hy hoef nie eens te probeer
Dit is maar net soos dit isOe dis so mooi
So mooi vir my
Dat my Pappa nie hoef te probeer
Maar dat dit net is wie Hy isDie vreugde-vure in my hart
Is so baie bly
Elke keer as Pappa-God
‘n Nuwe vars stukkie hout opgooiDankie liefste Pappa
Dat U die vuur in my hart is en bly
Pappa so baie dankie
So baie dankiePappa sal U my asseblief
Altyd naby aan U hou
Sal U my altyd vertel
Wat diep in U hart lêDis ‘n voorreg Pappa
Wat ons elkeen het
Maar so min gebruik
Abba asb help ons om dit nie meer te doenHelp elkeen Pappa
Asseblief
Elkeen wat U nie ken
Om U te leer ken en diep lief te kryPappa dankie
Dankie so, so, so baie
Net vir wie U is
Die ewige mooi Een wat veraltyd in my hart kan blyDie mooiste mooi
Daddy-God
Het U in my lewe ingebring
Toe ek vir U ja sêDaddy dit was nie altyd maklik
Dis nogsteeds nie altyd maklik
Maar Pappa
Dit was en is so die moeite werdEk het U so mooi leer ken Daddy
En my hart
My hart loop oor
Van soveel dankbaarheidDankie Pappa
Dankie so baie dat U die paaie wat ons saam met U loop
Nie altyd makliker maak
Omdat U die beste vir ons wil geeDie beste van U in ons
Die beste van My in jou
Dit is so My kind
Dit is baie waarDeur elke storm van die lewe kind
Kan Ek julle die mooiste lesse leer
Kan Ek die beste karakter bou
Dankie daarvoorJulle wat bly aanhou
Julle wat net nooit moed opgee
Julle wat net aanhou sê
Ons kan, ons kan saam met Christus … what is next!Kinders daardie uithouvermoë van julle
Dis so inspirerend
Dis so inspirerend en groot
Dit gee die wêreld baie hoopJulle besef nie altyd
Sê Daddy-God
Julle besef nie
Maar mense kyk vir julle, hulle hou julle dopKinders sê Pappa-God
Ek wil net vir julle kom vertel
Daar is soveel waarde
In die voorbeeld wat julle na die wêreld uitstraalMense hou julle dop kinders
Pappa wil dit net graag vir julle vertel
Hulle hou julle dop en vra dan hulself
Wil Ek ‘n Christen wees?Dis maar eenvoudig
Kinders van God
Dis nie oorgekompliseerd
Dit hoef nie te weesOe kinders
Sê Pappa-God
Glo My
Hulle hou julle dopJulle lewens sê Pappa
Is dikwels die verskil
Wat maak dat hulle lewens tiep
Na die regte of verkeerde kantKinders sê Pappa
Kan Ek net vra
Begin om met oorleg
Julle lewens te leefJa kinders sê Pappa
Elke keuse maak ‘n verskil
Wees wys
Met wat julle toelaatEk sê nie val-nooit kinders
Ek sê hou-aan opstaan
Hou aan van Pappa leer
Kyk wat kan Ek doenEk wil julle elkeen
Bakens van LiG maak kinders
Dis wie elkeen van julle
My Gees-vervulde kinders op aarde isJa liefste kinders
Sê Pappa-God
‘n Baken van Lig
Vir ‘n donker, miserabele en o so hopelose wêreldDie wêreld het julle nodig
My kinders
So so baie nodig
Ek wil dit ook net graag vir julle sêIs julle gewillig kinders van Abba
Om julle lig te laat skyn
Vir My julle God
Vir hierdie gebroke wêreld?Ek wil die wêreld deur julle inbring kinders
Ek wil deur julle vir hulle hoop gee
Oe kinders sê Pappa, oe kinders
Dis hoe kosbaar en waardevol die roeping is wat Ek vir julle elkeen hetSal julle bly naderkom
Asseblief liefste kinders
Sal julle bly naderkom
Ek roep julle nader, soveel-soveel nader aan MyKind van Abba-God
Jy is geroep vir groot dinge
Weet dit asseblief
Begin om vir God te wagJulle is so verkeerd
Maak so verkeerd
Julle glo nie reg
As julle vêr-weg-van-God blyMoet asseblief nie meer so maak
Kan Ek vra
Asseblief nie kind van God
Leer God kenVir baie-baie jare was ek ook verkeerd oor God
Het ek verkeerd geglo
Maar oe
Deur Sy genade kan ek nou sê…Ek was verkeerd
So so verkeerd
Toe ek vir God bly nee sê
Toe ek vir Hom die deur bly wysKan ek julle net vra
Boetie, sussie
Jy wat verkeerd glo oor God
Asseblief kom naderKom nader aan God
Beweeg nader
Treëtjie vir tree
En sien hoe Satan se leuens en jou verkeerde-glo voete kryKinders sê Pappa
Dis die vinnigste
Die vinnigste wat twak voete kry
Wanneer LiG arriveerHet julle al gesien kinders
Het julle al gesien
Hoe vinnig vlug donkerte
Wanneer lig arriveer?Kyk net na ‘n skakelaar van lig
Wat aangesit word in ‘n donker kamer
Mens sou nie eers kon sê
Daar was sopas donkerteOe Pappa se kinders
Dit is hoe belaglik
Satan se leuens gaan lyk
Wanneer My LiG daarop valDis omdat julle in die donker bly
Kinders
Dis omdat julle Satan se leuens bly glo
Dat verkeerde-glo soveel krag in jou lewe hetLet’s dispel Daddy says
All lies of the enemy
With the truth and light of who I truly am
Kinders asseblief sê Pappa, assebliefBegin om nader te beweeg
Aan My
Aan Ware Lig
Sodat julle waarlik kan sienDankie kinders van Pappa
Kinders van die LiG
En donker
Dat julle Waarheid liewer kryIn My is daar nie ‘n stukkie donkerte sê Pappa
Nee kinders
Ek is net LiG
Ek is net suiwerSo kinders sê Pappa
Volgende keer as swart en wit
Wit en swart vir jou wil kom kuier
Sê net nee dankie daarvoorEk is nie sê Pappa
Ying-yang nie
Ek’s nie haar waarheid nie
Ek is LiGJa My kinders
Ja
Maak dit jou lewensmotto
God is good … all the time and all the time … God is good!Dis nou ‘n goeie begin
Sê Abba
‘n Tree in die regte rigting
Begin glo kinders … God is net goedJa amen!
Dis ‘n waarheid soos min
Net jammer sê Daddy
Hy kry so min aftrekJa sê Pappa
Ja
Mense glo verkeerd
Hulle glo nie dat Ek hulle liefhetDis mooi woorde
Sag en goed op die oor
Maar sy wortels het nog nie diep
In baie mense se harte gegroeiEn dis waarmee Ek besig is
Sê Pappa
Dis waarmee Ek besig is in baie kinders se lewens
Ek laat daardie waarheid wortels groeiMy hart is seer sê Pappa
Konstant
Wanneer Ek dink aan mense wat verkeerd glo
Maar ook nie wil uitvind hulle is verkeerdKinders sê Pappa
Asseblief
Wees altyd oop
Altyd oop vir wat Ek deur My Gees vir julle wil leerJa kinders
Sê Pappa
Altyd oop
Wees altyd oop daarvoorDie mooiste lesse kinders
Leer Ek
Die mooiste waarheid
Is EkDankie vir julle elkeen
Wat My toelaat om julle te leer
Die Waarheid kinders
Is Ek, Ek, EkMoenie dat mense of die wêreld
Julle ooit van iets anders oortuig
Nee kinders staan julle man
Wees gegrondWees liefde kinders
Wys liefde
Aan almal, nie net party
Dit is hoe ons die wêreld inbringLaat die soet lieflike geur van Christus
Altyd toe sê Pappa
Om deur jou
‘n Kamer te vulJa kinders, ja
Sê Pappa
Dis hoe meer mense aangetrek word na My
Julle wat so mooi geklee is met liefde en nederigheidDie Bybel sê mos
Trek dit aan soos ‘n kledingstuk
Kinders dit is vir My so mooi
Wanneer julle dit doenJulle wat omgee sê Pappa
Om verlore mense
Saam met My in te bring
So baie dankie daarvoorDankie dat julle harte is
Om om te gee oor Myne
Dis vir My spesiaal
Dat julle My hart hoorDis hoe Ek weet
Sê Abba-God
Dat julle My liefhet
As julle doen wat Ek vraNie op ‘n lelike oordrywende manier
Nee kind op ‘n sagte liefdevolle manier
Dis hoe Ek deur My Gees
Met elke mens praatEk werk maar gewoonlik sag
Sê Daddy-God
Ek hou nie te veel van skreeu
Dis nou as daar nie te veel donderstorms is 😉Ja sê Pappa-God
Ja Ek weet
Kinders
Dat storms baie kere vreesaanjaend vir julle isDit is baie kere so
Né sê Daddy-God
Dat die storms van die lewe
Julle harte in julle kele laat klopOe kinders
Sê Pappa-God
Ek ken daai gevoel
Dis nie ‘n baie lekker een nie néDaar’s een ding sê Abba
Wat My broekspype so laat bewe
En dit is wanneer iemand
‘n Ewigheid sonder My tegemoet gaanOe daar is niks
Sê Abba
Niks wat My so bang maak
Soos ‘n kind wat Ek nie meer kan beskerm nieOe ja-nee sê Pappa-God
Dit is verkskriklik
Daai gevoel wil Ek nie eintlik ken
Eintlik wil Ek niks van hom af weetSo kinders sê Pappa
Kan Ek maar net sê
Leer My ken
Leer wat My hartseer en bly maakMense wat My ken sê Pappa-God
Waarlik-waarlik ken
Is eintlik die enigste mense
Wat kan saam-praat wanneer dit oor opinies van My komHulle is min sê Abba
Min
Dis gewoonlik groot-praters en mense wat skinder
Wat die meeste oor My te sê hetMaar ag weet jy sê Abba
Daar kom ‘n tyd wat mens jou nie meer kan skeel
Oor wat liegstories van jou sê
Mens kan net aanhou om jouself te weesHopelik sê Pappa
Hopelik sal meer mense se oë oopgaan
Soos wat Ek meer en meer
Die waarheid oor My die wêreld instuurKinders sê Pappa
Sal julle asseblief saam met My daarvoor bid
Begin vra kinders
Dat Ek die wêreld se oë oopmaakOe kinders
Sê Pappa
Saam met My is jy aan die wen-kant
Asseblief weet dit gerusSo sal dit altyd en altyd wees
Ek kan nie verloor
Kinders
Dis nie wie Ek isSaam met My
Sê Abba
Sal julle altyd bo-oor die probleme van die wêreld uitstyg
Altyd, meer en meerJulle hoef nie sê Abba
Permanent sonder hoop te wees
Nee liefste kinders sê Abba-God
Dit hoef nie so te weesKind
Kom vind die waarheid oor My
En sien
Sien, sien hoe vol hoop hierdie wêreld isEk is God sê Abba
En niks ooit sal My van My Troon afstoot
Weet dit vandag
Weet dit gerusGroter as Ek kinders
Sal daar nooit ooit wees
En dit is kinders
Waar ware hoop genestel lêEk is ware, ware Hoop
Ek is die Anker
Ek is Lewe
Ek is net GoedLaat toe kind
Asseblief
Dat hierdie woorde
Jou wese vulJy sal ervaar kind
Hoe God se rustigheid jou omvou
Soos wat jy daarop mediteer
Dit diep oordink, dit diep indrinkJa, Amen.
-
Kind Ek glo in jou
My hart breek vir kinders
Wat My nie toelaat om in hulle hart te woon
Kinders julle weet nie waarop julle uitmis nie
Julle het net geen idee
