Wyse Tyd

Kom, kom liewe wêreld
Kom hoor hoe die Koning
Der alle konings
Sy hart met julle deel

Kom hoor hoe Hy oor julle voel
Die Magtige Koning
Kom hoor
Dat daar niks is wat Hy nie kan doen

Hy gee so om vir hierdie wêreld
Hy gee so om vir Sy kinders
Sy Seun het Hy gegee
Sodat ons Hom weer kon vind

Sal julle asseblief begin ja sê
Dit is die vraag in Sy hart
Ek verstaan nie dat julle so uitstel nie
Kinders dit hoort nie so

Kinders van God
Kinders van die wêreld
Luister vir My
Dis ‘n gevaarlike speletjie wat julle besig is om te speel

Kinders Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om rerig te kom vind
Kinders luister asseblief vir My
Daar is geen tyd vir uitstel

Dis so gevaarlik liefste kinders
So gevaarlik
Dit waarmee julle besig is
Asseblief moet dit nie meer doen

Kinders Ek nooi julle nader
Ek wil hê julle moet kom ontdek
Kom uitvind
Wie en wat Ek rerig is

Daar is so baie leuens
In hierdie wêreld
Wat mense verkeerdelik oor My glo
Ek wil vra dat dit nie meer sal gebeur

Ek wil hê liefste kinders
Dat julle sal weet
Ek gee om vir julle
Dat geen mens ooit soos Ek sal wees

Daar is niemand soos Ek nie
Sê Abba-God
Daar is en sal nooit
Iemand soos Ek wees

Ek is die Enigste Een
By wie alle dinge
Moontlik is
Daar is NIKS wat Ek nie kan doen

Ek wil vra dat jy My
Vir die onmoontlike sal begin vertrou
In jou hart, in jou lewe
Ja, Amen

Niks kinders
Daar is niks wat Ek nie kan doen
Tel jou seëninge
Weet dat Ek jou baie liefhet

Weet asseblief
Ek het My Seun gegee
Sodat ons twee mekaar waarlik weer kon vind
Sodat ons in alles EEN kon wees

Dankie Abba se kinders
Liefste kinders
Dat julle in My glo
Dat julle weet daar is niemand soos Ek

Dit beteken vir My so baie
Sê Abba-God
Wanneer julle My toelaat
Om tyd met julle te spandeer

Wanneer julle na My toe kom
Harte oop
Harte opreg
Harte reg om te ontvang

Kinders dit beteken vir My so baie
Wanneer julle bereid is
Om nee te sê vir die wêreld
Sodat ons ‘n tydjie saam kan hê

Liefste kinders
Dit beteken vir My so baie
Ek wil hê julle moet weet
Dat Ek dit raaksien

Ek sien die tye
Wat julle uitkoop
Afknyp
Om saam met My te wees

Baie dankie liefste kinders
Ek sien dit
Ek waardeer dit
Dit beteken vir My so baie

As hierdie hele wêreld
Net wou kom
Hulle harte vir My oopmaak
Sou dinge soveel anders wees

Hierdie wêreld
Sou ‘n wonderlike plek wees
As mense net wou kom
En begin ja sê

Kinders luister asseblief vir My
Daar is soveel meer by My
Ek wil hê dat jy asseblief
Bereid sal wees om te vra vir meer

Laat My toe
Sê-vra Abba-God
Om julle die waarheid oor My te leer
Is dit nie ook hoe julle dit wil hê

Kinders daar is soveel meer
Soveel meer as waaraan julle gewoond is
Ek wil julle in groot liefde
Bly nader nooi

Liefste kinders asseblief
Kom word heel in die liefde wat Ek vir jou het
Kom weet dat niks of niemand
Jou dieselfde kan gee

Dis tyd dat julle harte oopmaak
Sê Abba-God
Dis tyd dat julle
My waarlik innooi

Kinders daar is meer
Soveel meer
As waaraan julle gewoond is
Dit is wat Ek vir julle instoor hou

Godsdiens en tradisie
Dis net die begin
Liefste kinders
Daar is soveel meer

Kom asseblief dieper vra Abba-God
Kom klim ‘n bietjie in My hart
Kom vind uit wat vir My belangrik is
Volg in My weë

Liefste kinders
Daar is soveel meer
Dit is wat Ek vir julle wil gee
Asseblief sal julle ja sê

Ek wil julle LEWEND maak
In Gees sê Abba-God
Lewend sodat julle sonder enige moeite
Van My goedheid sal kan getuig

Kinders luister asseblief vir My
Daar is soveel meer
As dooie godsdiens
Soveel meer wil Ek julle gee

Dis tyd dat julle My vertrou
Sê Abba-God
Dis tyd dat julle My
Rerig vertrou

Kom nader
Kom dieper
Asseblief kom hoor bietjie vir ‘n slag
My lieflike hart

Kinders Ek gee om vir julle
So baie en al wat Ek vra
Is dat julle die vlees sal begin neerlê
Sodat julle by die rykdom in die gees kan uitkom

Meer liefste kinders
Meer en meer
Dit is wat Ek julle wil gee
Sal julle asseblief begin om na My volheid te vra

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment