Etiket: God+se+oë

  • Selfhaat help niks

    Selfhaat help niks

    Vergewe jouself gou
    Dit is wat Ek vra
    Aan al My kinders wat op aarde woon
    En so sukkel daarmee

    Julle bly kwaad
    Sê Abba
    Oor en oor
    Weer en weer

    Kinders asseblief
    Julle moet dit nie meer doen
    Ek wil julle by hoop en vryheid in My uitbring
    Dit kan net gebeur as julle oorgee

    Ja asseblief laat gaan
    Van valse pretensies
    Van viesbly
    Wat so onnodig is

    Kinders dit bring ons nêrens nie
    Asseblief Ek wil vra dat julle My sal begin glo
    Dit werk nie
    As jy vir jouself kwaad bly

    Ek weet dit gebeur partykeer
    En dis verstaanbaar
    Normaal
    Maar dan moet jy laat gaan

    Ja liefste kind
    Sê Daddy-God
    Dis dan wat jy deur My oë na jouself moet begin kyk
    En dit is waarlik mooi

    Ja-nee sê Abba
    My oë is altyd sag
    Vol genade
    En barmhartigheid

    Ek kyk nie na julle
    Soos wat julle na julleself kyk
    Julle kyk met veroordeling
    Julle kyk met diep teleurstelling

    Ek dink sê Daddy
    Dis omdat julle so na julleself kyk
    Dat julle dink
    Dis ook wat Ek sien

    Kinders sê Daddy
    Julle is so verkeerd
    Julle glo verkeerd
    As julle dit glo

    Julle moet altyd onthou sê Abba
    My hart is sag
    Hy kyk met stille bewondering
    Na jou wat bly opstaan

    Ja dit gebeur gereeld
    Sê Abba-God
    Dat julle dink
    Ek moed-verloor met julle

    Kinders sê Daddy
    Dit is so
    Julle maak dit nie altyd maklik vir My
    Tog sal Ek aanhou probeer, totdat Ek nie meer kan

    Daddy se kinders
    Ek vra julle
    Asseblief
    Begin glo soos wat Ek glo

    Begin glo dat jou lewe waarde dra
    Soveel sê Daddy
    Soveel
    Moenie dat enige iets behalwe Ek dit bepaal

    Kinders sê Daddy
    Asseblief
    Luister vir My
    Glo as Ek sê jy maak verkeerd

    Liefste kind
    Sê Abba
    Jou sagte hart vir My
    Ek sien dit

    Glo dan asseblief
    Altyd in My
    Moenie dat Satan jou verlei
    Om onwaarhede te glo

    Dit maak My nie bly
    Sê Abba-Vader
    As jy kies
    Om vir jouself vies te bly

    Kinders kwaad-bly bring ons nêrens
    Ek wil hê julle moet besef en julleself gou vergeef
    Kinders as daar onsteltenis is oor iets gedoen
    Wil Ek jou vra asseblief lê dit neer

    Jy hoef nie kwaad te bly kind
    Nie as Jesus
    Alreeds die prys
    Namens jou kom betaal het

    Beweeg eerder
    In die teenoorgestelde rigting kind
    Die rigting waar die opstanding van Jesus
    Vir jou nuwe lewe gee

    Kind sê Daddy-God
    Asseblief glo My
    Glo My as Ek vir jou sê
    Jy maak verkeerd om aan jou sonde vas te hou

    Ja sê Pappa-God
    Kind laat dit eerder gaan
    Laat dit nie toe
    Om jou in ‘n hok te hou

    Kind as jy verkeerd is
    Is jy verkeerd
    Aanvaar dit soos ‘n groot-mens
    Moenie soos ‘n kind wees wat nie sy sin kry

    Kind Ek vra jou om neer te lê
    Asseblief
    Als
    Wat jou verhinder om in My volheid te loop

    Jy besef dit nie
    Maar kind
    Hierdie vies-bly-vir-self
    Dis besig om jou te kos

    Asseblief liefste kinders
    Asseblief
    Laat gaan van self-haat wat altyd so graag
    ‘n Huisie in julle harte wil bou

    Kinders sê Daddy-God
    Selfhaat
    Bevorder net Satan se planne met julle lewe
    Dis al wat gebeur

    Kinders asseblief sê Daddy
    Moet hom nie die bevrediging gee
    Wys hom veel eerder
    Die bloed van My Seun

    Wys hom Jesus het gekom om te vergewe
    En dat daar hoop is vir almal
    Almal wat bereid sal wees om te kom en te sê
    Ek gaan dit probeer

    Kinders
    Ek wil julle skoon-was
    Asseblief
    Van selfhaat en alles wat julle terughou

    Kinders kom na My
    Asseblief
    Begin hardloop
    Begin glo God is groter

    Die liefde wat Ek vir julle het
    Kinders sê Daddy
    Dit kry seer
    As julle Satan se leuens oor julle glo

    Hy gaan altyd-altyd vir julle sê
    Julle het verkeerd gedoen
    Hy gaan altyd vir julle sê
    Julle is minder werd as die grond

    Dis hy wat die vure van selfhaat
    Aanblaas in die harte van My kinders
    Dis glad nie iets
    Waaroor Ek myself verbly

    Kinders sê Daddy
    Asseblief begin glo
    Die waarde wat julle dra
    Dis nie gekoppel aan die foute wat julle maak

    Dis veel-dieper
    Liefste kinders
    Dis veel-veel dieper
    Ek vra dat julle dit sal besef

    Julle waarde lê in My
    Sê die Seun van God
    Kosbaar en diep
    Elkeen van julle

    Ek vra julle
    Sê Abba-God
    Elkeen van julle My kinders
    Wat sukkel met veroordeling teenoor self

    Ja-nee
    Ja-nee
    Dit gebeur te gereeld kinders
    Dis tyd dat daai reus val

    Julle waarde is diep kinders
    Diep genestel in wie Ek is
    Geen aardse fout
    Kan dit daar kom uithaal

    Oe liefste kinders
    Sê Abba
    Oe liefste kinders
    Kom asseblief nader aan My

    Elkeen van julle wat sukkel daarmee
    Elkeen van julle wat sukkel om te onthou
    Dat julle soveel waarde dra
    Wanneer julle foute maak

    Julle waarde lê in My kinders
    In My
    Sê Daddy-God se Seun
    Altyd

    Ek sal julle genees
    Ek sal julle help onthou
    Kom net nader aan My kinders
    Kom kruip by Pappa-God weg

    Die tye wat jy voel
    Sekere dinge jou waarde steel
    Kinders bring dit als vir My
    Laat toe dat Ek waarde oor jou sing

    My Woord is so baie vol van dit
    Die wêreld het die Here so liefgehad
    Dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het…
    Kind watse woorde is dit

    Wow, wow, wow
    Sê Daddy-God
    Dit is besonders né
    Dit is diep

    Laat toe liefste kinders
    Laat toe dat Ek oor jou sing
    Waarde-bepaling
    Waarmee geen ander kan vergelyk

    Amen!

  • Hoekom moeilike tye?

    Gee aan ons liefste God al die eer
    Want daar is waarlik
    Geen iemand anders
    Wat met Hom kan kompeteer

    (meer…)