Gee aan ons liefste God al die eer
Want daar is waarlik
Geen iemand anders
Wat met Hom kan kompeteer
Dit wat Hy al vergeet het
Dit moet ons nog leer
Dit wat Hy ons wil leer
Is soveel beter
My liefste kinders asseblief
Sal julle My hart bly vertrou
Sal julle altyd weet dat Ek
In die storms van die lewe die naaste aan julle is
In die storms van die lewe
Dit is dan wat julle My kan bly vertrou
Moet nooit opgee nie My liefste kinders
Hou styf vas My hand
U is ons Rots o God
In die tye wat ons niks verstaan
In die tye wat ons nie meer wil aangaan
Is U die Een wat ons elke liewe keer kom haal
Abba-God hoe kan ons ooit
Genoeg dankie sê daarvoor
Die mooi-wees van U hart
Dit bly my hart verstom
Moeilike tye is daar
Moeilike tye word toegelaat
Om ons meer van U
En U wonderlike karakter te leer
Abba sal U ons asseblief help
Om met ander oë na hierdie lewe te kyk
Sal U ons help om dit soos
U te beleef en te ervaar
Liefste Pappa-God
Dis as ons deur U oë
Na ons situasies kyk wat ons sien
Daar is nog altyd HOOP
Dis omdat U alles
Kan doen Vader-God
Dis omdat daar niks is
Wat U nie kan omkeer
En Vader-God
Dit gee ons harte hoop
Dit maak dat ons hierdie lewe
Met passie wil aandurf
Liefste God
Omdat U by ons is
Kan ons elke liewe keer
Bly opstaan
Omdat U die vuur in ons koker is
Kan ons aanhou probeer
Kan ons rerig in hierdie lewe
‘n Groot verskil maak
Abba-God U is die Een
Wat ons harte met HOOP vul
Wat ander dink het lank vergaan
U is die Een wat in hopelose situasies nuwe hoop gee
Dankie Abba-God
Vader-God
Vir wie U is en dat U altyd
Ons gebede verhoor
Dalk nie op ons manier
Maar omdat U rerig weet
Wat die beste vir ons
Ons lewe en in ons omstandighede is
Al kan U soveel dinge
In ‘n oomblik draai
Sal U sekere storms toelaat
Om ons iets so waardevols daaruit te leer
En Abba
Dis maar waaraan ons onsself wil verbind
Om saam met U deur die storms van die lewe te gaan
Om saam met U die goud daaruit te neem
Dankie Abba-God
Dat U ons die mooiste lesse
In die moeilikste tye leer
Dankie dat U die taal van ons trane verstaan
Ons harte is voor U
‘n Oop boek Vader-God
Daar is nie ‘n woord of reël
Wat U nie daarvan kan lees
Wie gee meer om
Oor die mensehart as U
Daar is nie een
o Heer
Dankie Abba-God
Dat U ons harte lees
Dat U verstaan
Dat U meer as onsself verstaan wat daarbinne aangaan
U is die mooiste God
Liefste God
Daar is net niemand soos U
Dit vul ons harte met soveel mooi dankbaarheid
Oor U liefde kan die mensdom
Die mooiste lof en liefdesliedere sing
Want daar is net niemand
Wat dit meer as U verdien
Dankie liefste God
Dankie liefste Koning
Vir U mooiste manier
Vir wie U rerig is
Ons harte wil
Aanhou glo
Ons weet dat U
In beheer is
Lofliedere wil ons bly sing
In aanbidding en oorgee wil ons bly neerbuig
Want liefste Koning
Daar is net niemand soos U
Amen.