Etiket: liefde+genade

  • Donkies & Wortels

    Donkies & Wortels

    Saggies
    So saggies
    Nooi U my nader
    Kom kind daar is soveel meer

    Soveel meer stories
    Wat wag om geskryf te word
    Soveel meer stories
    Om te vertel

    Kinders daar is meer
    Soveel meer as waarvoor julle baie dikwels ja sê
    Kom kinders
    Kom spring in!

    Die diep kant
    Sê Pappa-God
    Van My genade, liefde en vrede
    Is nog nie gevind

    Kinders daar is soveel meer!
    Soveel meer My liefste kinders
    Wag om met julle gedeel te word
    Soveel meer, soveel meer!

    Kom spring in
    Kom swem sê Abba-Vader
    In die strome van My seën
    En mooiste alwysheid

    Baie mense bly blind
    Sê Pappa-Vader
    Baie blind en horende doof
    Vir wat Ek vir hulle wil wys

    Kinders sê Pappa
    Julle maak dit vir My ongelooflik moeilik
    Om julle by die mooiste mooi
    Wat hierdie wêreld kan bied uit te bring

    Kinders sê Daddy-God
    Julle is soos volbloed steeksdonkies
    Wat verwoed bly vasskop
    As Ek julle met ‘n wortel dieper My goedheid wil in lei

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle moet asseblief nie so verwoed tee baklei
    Nee liefste kinders sê Daddy-God
    Nou-nou steek iets onnodiglik vas

    Ja kinders
    Sê Pappa-God
    Soos ‘n pyn in jou been
    Van al die gestyf trek

    Nee sê Pappa-God
    My kinders kom asseblief veel eerder
    Nader aan My
    Kom sien wat Ek vir julle instoor hou

    Hierdie gerondskoppery
    En vassteek-ery
    Oe kinders sê Pappa-God
    Asseblief dis tyd dat julle dit stopsit

    Julle verwoede baklei
    Sê Pappa
    Bring julle net nêrens
    Dit laat julle veel eerder verloor

    Ja kinders
    Sê Pappa-God
    Dis dalk ‘n goeie idee
    As julle net ‘n bietjie laat los

    Ja-nee sê Pappa
    Ja-nee
    Net ‘n bietjie laat los van die leuens oor My
    Waaraan jy so vashou

    Oe Pappa se kinders
    My liefste kinders
    Sal julle asseblief veel eerder luister
    Na My hart se opregte deel?

    Ek’s lief vir julle
    Wêreld
    So baie lief
    En dis net nie vir My reg dat julle so verlore is

    Van die Begin
    Sê Abba-God
    Het Ek ‘n plan gehad
    Om julle terug te bring

    Kinders dit was so volledig
    Al wat julle moet doen
    Is ja sê
    My offer van liefde en genade-vergifnis aanneem

    Daddy se kinders
    Kinders van die wêreld
    Kan julle nie sien
    Dit is soos die beste aanbod wat enige iemand julle ooit kan bied

    Ja sê Pappa-Vader
    Dis soos die beste kontrak ooit
    Al wat jy moet doen
    Is jou kant teken

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Jou deel van die kontrak sê basies
    Dat jy beloof om My liewer te kry, elke dag net ‘n bietjie meer

    Ja My liefste kind
    Kind van die wêreld
    Dit sê ook Ek het nie jou sonde verdien
    Maar tog het Ek dit op My geneem

    Ja sê Pappa-God se Seun
    Om die wêreld en jou te bevry
    Van die sonde se seer
    Het Ek dit kom doen

    Ja-nee sê Pappa se Groot Seun
    Vir My was dit verskriklik
    Ek kon nie toelaat dat julle vir altyd in sonde se kettings vassit
    Toe kies Ek gehoorsaamheid aan Abba se plan

    Ja dit was nie aldag maklik
    Sê Pappa se Seun
    Om in hierdie wêreld en sy probleme vas te loop
    Is nie altyd vet pret nie

    Ja-nee van julle weet so goed
    Waarvan Ek hier en nou praat
    Julle weet hoe dit is om swaar te kry
    Selfs as julle dit nie verdien

    Ja-nee sê Pappa-God se Seun
    So verstaan julle dalk ‘n bietjie meer
    Oor wat Ek
    Hier op aarde moes deurmaak

    Partykeer
    Sê Daddy-God se Seun
    Het dit vir My gevoel Ek verdien die dood
    Want mense wou My net die heeltyd veroordeel

    Ek het net nie meer tred gehou
    Sê Abba se Seun
    Ek kon nie
    Met als wat hulle gesê Ek het verkeerd gedoen

    Oe dit was nie maklik nie
    Sê Abba se Seun
    Net soos wat Ek seker is
    Dis nie altyd vir julle maklik nie

    Maar dis so die moeite werd
    Sê Abba se Seun
    Om deur te druk
    Om sterk te wees

    Ja sê Daddy-God
    Dis dikwels wat julle val
    Dis dikwels dat daar kere is
    Wat julle net niks verstaan

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Sal julle verstaan
    Dat ook Jesus deur swaar tye en lyding moes gaan

    Jesus was dit nie gespaar nie kinders
    Nee die wêreld se mense
    Het Hom ook hard met hulle woorde geslaan
    Oor en oor het hulle bedoel om seer te maak

    Kinders julle verstaan dit so
    Ek kan sien
    Daar is baie kere mense in julle eie lewens, mense na aan julle
    Wat julle met hulle woorde slaan

    Kinders
    Ek verstaan sê Daddy-God
    Dit voel baie dikwels vir julle
    Soos die sweep-houe wat Jesus moes verduur

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek weet dat dikwels
    Mense se woorde julle baie seermaak

    Ja kinders, ja Pappa weet
    Baie mense gebruik hulle ligtelik
    Daar is baie mense wat net te gereeld
    Te vinnig praat

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Kan Ek julle vertel
    Ek weet hoe dit is

    Ek weet hoe dit voel om afgejak te word
    Ek weet hoe dit voel
    As My en My opinie afgemaak word tot niks
    Kinders Ek weet hoe dit voel

    Ek weet hoe dit voel
    Sê Daddy
    Want dis iets wat so baie gereeld
    Elke dag met My gebeur

    Dis nie maklik nie
    Né kinders
    Om My in oog te hou
    En te sê als is okay

    Dis moeilik My kinders
    Dis moeilik
    Ek weet
    Ek verstaan

    Ek wil julle tog leer
    My liefste kinders
    Om julle opinies
    Rondom Myne te bou

    Ja My liefste kinders
    Al wat naderhand vir julle belangrik moet wees
    Is Ek
    En hoe Ek oor ‘n ding voel

    Ja My liefste kinders
    Dis belangrik vir julle om te begin besef
    Daar is net een opinie
    Wat waarlik tel

    Ja My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek dink dis makliker om andere se opinies minder te laat tel
    As julle weet wat Myne is

    Ja sê Pappa
    Ja Ek weet
    Mense het altyd opinies
    Maar dis Myne wat waarlik tel

    Ek wil julle ook net leer
    My liefste kinders
    Ek wil hê julle moet weet
    Dat My opinie baie meer as andere s’n tel

    Ja sê Daddy
    Ja kinders Ek verstaan
    Mense gaan nie altyd van julle hou
    Maar dis okay

    Ja kinders
    Ja sê Daddy
    Ek verstaan
    Maar tog moet ons aanhou om vir Lig te staan

    Ons kan nie aanhou kinders
    Om weg te trek
    En stil te bly
    Wanneer verkeerd aan jou deur kom klop

    Nee My liefste kinders
    Nee
    Stilbly is nie altyd die antwoord
    Vra My wanneer jy iets moet sê en wanneer nie

    Ek weet kinders
    Ek weet sê Daddy-God
    Die waarheid gaan altyd vir mense ontstel
    Maar tog het hulle nodig om dit te weet

    Ja My liefste kinders
    Ja
    Julle het seker al gesien
    Baie mense hou nie van die waarheid nie

    Kinders sê Pappa
    Hulle sê dit maak seer
    Kinders sê Pappa dis partymaal nodig
    Sodat Ek julle by vryheid kan uitbring

    My waarheid val nie altyd sag op die oor nie
    Sê Pappa
    Baie kere nie
    Kinders dit is so

    Mense hou maar oor die algemeen
    Meer van die donker goed in hulle lewens verdoesel
    Hulle wil nie hê die Lig van God moet daarop val
    Hulle wil met dit bly wegkruip

    Ek wens so mense wou besef sê Pappa
    Dat Ek die LEWE is
    En die Lig
    En dat net alles wat goed en mooi is van My af kom

    Julle is so verkeerd
    Sê Daddy-God
    Julle wat so verkeerd glo
    Hoekom wil julle nie na die Lig kom

    My hart is baie kere seer
    Baie kere as Ek sien
    Mense vat die wêreld se opinie
    Altyd baie meer as Myne

    Dis vir My verskriklik
    Sê Daddy
    Tog kan Ek nie keer
    Dit waarvoor die mense hulle eie wil gebruik

    Oe kinders van die wêreld
    Sê Pappa
    Julle het altyd ‘n keuse
    Altyd meer as wat julle besef

    Julle besef dikwels nie
    Sê Pappa-God
    Die waarde van julle woorde
    Die krag van julle besluite

    Ek wil julle eintlik ook maar net vra
    Kinders begin wys word
    Met die woorde wat julle sê
    Vra julleself is dit nodig, is dit nuttig

    Ek weet sê Abba-God
    Ek weet daar kom kere
    Wat julle begin twyfel
    Is Ek net goed?

    Daar is party kere
    Wat julle rerig daaroor wonder
    Wat julle wil begin opgee
    Omdat julle nie reg glo

    Kinders dit is partykeer moeilik
    Dis moeilik om te verstaan hoe Ek te werk gaan
    Maar sal julle asseblief weet
    Ek weet wat Ek doen

    Dis baie kere
    Dat julle vergeet
    Ek groter is
    En dan probeer julle My met julle klein verstaan kleinkry

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dit kan nie gebeur
    Ek wil dit graag-graag vir julle sê

    Wanneer julle iets nie lekker verstaan
    Kinders kom vra vir Pappa
    Leiding, Goddelike verstaan
    En geduld

    Oe Pappa se kinders
    Myne
    Party kere gaan goeters vir julle grieks bly
    Tot veel later

    Ja party kere sê Pappa-God
    Sal ‘n jaar of twee verbygaan
    Voordat My Woord in vervulling gaan
    Oor iets wat Ek gespreek het

    Kinders sê Pappa-God
    Dikwels gaan julle ‘n jaar of wat wag
    Voordat gebeur
    Wat Ek belowe het

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Baie kere het My beloftes ‘n wag-tydperk
    Net soos wat Abraham vir Sy beloofde seun Isak moes wag

    Ja sê Pappa-God
    Ja
    Party gebeur dit dat mense hulle eie planne begin maak
    Wanneer die wag-tydperk nie meer ‘n plesier is

    Ja-nee sê Pappa-God
    Dit gebeur gereeld, baie kere
    Dat mense My beloftes aan hulle
    Vroeër wil ryp hê

    Ja sê Pappa
    Dis dan wat eie planne gebeur
    Eie planne wat maak
    Dat hulle dinge in eie hande neem

    Dis nie ‘n plek
    Sê Pappa
    Waar Ek My kinders wil hê
    Nee dit kan gevaarlik raak

    Ja kinders
    Sê Pappa-God
    Net soos Sara se slim plan
    Om vir haar en Abraham ‘n seun te verseker

    Ja sê Pappa-God
    Sien
    Dit gebeur baie kere dat mense dink
    Ek benodig ‘n bietjie hulp

    Ja sê Pappa
    Baie kere is mense baie gretig
    Om My planne vir hulle lewens aan te help
    Ja kinders net soos Sara met haar slavin se seun

    Oe kinders sê Pappa-God
    Ek wil julle so graag geduld en vertroue in My leer
    Geduld wat sê God se tyd is die beste
    Vertroue wat sê God se hart is mooi

    Geduld en vertroue soos dié
    Is maar min te vind sê Abba
    Op hierdie aardbol
    Baie min

    Mense is te gretig
    Sê Abba-God
    Hulle soek net altyd
    Hulle wil en baie gou

    Mense sê Daddy
    Kan baie kere baie dinge laat gebeur
    Tog kom daar kere in elkeen se lewens wat hulle weet
    Net God, net God kan nou iets doen

    Oe Pappa se kinders
    Ek wil julle vra om te leer
    God is getrou
    En Sy tydsberekening is goud

    Ja My liefste kinders
    Ja
    Pappa sal julle partymaal toelaat om ‘n detour te gaan loop
    Voordat Ek julle bring by die plek voorberei

    Dis vir My kinders
    Om te besluit
    Ja sê Pappa-God
    Ja dit is so

    Partykeer gebeur dit
    Sê Pappa
    Dat mense vasskop net soos ‘n steeksdonkie
    Tog is daar enkeles wat My toelaat om voor te loop

    Oe en is dit nie vir My mooi
    Daai mense wat sê
    Ons het gekies, Here loop voor
    Waar U lei sal ons gewillig volg

    Kinders Ek weet sê Pappa
    Ek weet
    Dis nie aldag maklik
    Maar dis moontlik saam met My

    Dis net omdat Ek julle wil uitbring
    Kinders
    By die beste bes en mooiste mooi
    Voorberei vir julle

    So Ek wil dankie sê
    Sê ons groot Koning
    Vir julle wat altyd glo
    God is goed

    Ek weet dis baie dikwels kinders
    Moeilik om te glo
    Moeilik om My te vertrou
    As dinge om jou donker lyk

    Tog is dit kind
    Wanneer jou geloof die nodigste is
    Wanneer dit die meeste beteken
    Wanneer dit moeilik is

    Ek wil julle aanmoedig liefste kinders
    Kom nader aan My
    Kom sien
    Wat is voorberei vir julle

    Genoeg wortels sê Daddy-God
    Het Ek nou voor jou
    Met die steeksdonkie-houding gehou
    Nou is dit tyd dat jy volg

    Ja kom nou My kind
    Verlore kind, in-die-huis-kind
    Kom volg My
    Kom drink van die waters wat ewige rus beloof

    Oe dié waters is so soet kind
    So verfrissend
    Julle sal dit so geniet
    As julle net van die steeksheid wou laat gaaan

    Kom nader My liefste kinders
    Nader en dieper aan My
    Kom swem in die waters diep
    Kom geniet jouself

    Ek het al gesê My kinders
    Dis tyd dat julle saam met My
    In die waters van hemelse geluk
    Kom baljaar

    Kom kinders
    Kom nou
    Kom gou
    Soveel pret kan ons saam hê

    My liefde is genoeg kind
    Meer as genoeg
    Om elke droë en dors stukkie in jou
    Te les en te vul

    Oe My kinders
    Kom
    Kom geniet saam met My die voorreg
    Van Jesus in jou lewe hê

    Kind sê Pappa-God se Seun
    Geliefde kind van God
    Dit is waarvoor Ek die prys vir jou en die wêreld se sonde betaal het
    Sodat julle die vryheid in My kon vind

    Lig en fladderend
    Soos ‘n voëltjie
    Kinders dis Ek
    In elke hart wat My gevind het

    Kinders sê Pa, die Hemelse Koning
    Ek is nie swaar en vol straf
    Oe nee sê Abba
    Ek is vol LEWE en Lig

    Kom geniet die wêreld
    My kinders
    Deur My oë
    Saam met My

    Daar is soveel
    Soveel mooiheid in hierdie wêreld te vind
    Kinders julle moet net begin om saam met My
    Hand-aan-hand deur die lewe te stap

    Dis Ek
    Wat die lewe die moeite werd maak
    Dis Ek
    Wat soveel mooi in hom sit

    Die lewe is ‘n lied
    Oe kinders sê Pappa
    Saam met My
    Die mooiste lied ooit

    Kom sing kinders, asseblief
    Saam met My die hemelse akkoorde
    Wat julle saai en doellose lewens
    Optower in iets so vrolik

    Die mooiste deuntjie
    My kinders
    Kan ons met julle lewens neurie
    As julle My net wou toelaat

    Kom nou kinders, kom nou
    Van old school rock tot boere-orkes
    Kinders sê Pappa
    Ek weet van musiek-maak

    Ja sê Pappa, ja
    Ek weet baie van julle ken My nie so
    Maar kinders asseblief kom vind uit
    Dat Ek sit agter alles wat mooi is

    Ek is die Skepper en Uitvinder daarvan
    Hoe dan anders kind
    Dit was eers by My
    En toe kom dit deur jou

    Ja kinders sê Pappa-God
    Dit is hoe baie hemelse geskenke
    Op aarde gearriveer het
    Deur mense

    Ja My liefste kinders
    Ek is ook die Een wat sit agter elke ontdekking, uitvindsel
    Wat hierdie wêreld al ooit gemaak het
    Dis Ek wat die begeerte in mense sit om te ontdek, om te ontwerp

    Oe dit is wel vir My so mooi
    So mooi sê Abba
    Daardie deursettingsvermoë
    Waarmee die uitvinders te werk gaan

    Oe ja sê Pappa-God, oe ja
    Het julle al gesien
    Oor en oor kere het hulle gefaal
    Tog het hulle bly sê ek gaan nog een keer probeer

    Oe kinders sê Pappa
    Dit is wat die uitvinders op aarde
    Laat verskil van vele ander mense
    Daai van ek-gaan-nie-opgee

    Dit, dit is vir My so mooi
    Ja-nee Ek kan dit maar sê
    Kyk net waar het dit hulle gebring
    Baie van daai uitvinders se name pryk op die lys van Nobelprys-wenners

    Oe dis mooi sê Abba
    So mooi
    Wat deursettingsvermoë kan regkry
    Dit is hoekom My kinders Ek dit in julle ingebou het

    Ja-nee sê Abba
    Ja-nee
    Alle mense besit dit
    Net nie almal gebruik dit ewe gretig nie

    Dis nog ‘n begeerte in My hart sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê
    So graag hê mense moet besef
    Die waarde waarmee hulle gemaak en aarde toe gestuur is

    Ja dis vir My belangrik
    Sê Abba
    So so belangrik dat mense sal besef, elkeen
    Hulle is hier met ‘n rede

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Daar is soveel potensiaal in julle opgesluit
    Voor die televisie-lê en laat-slaap wil net nie hê julle moet dit weet

    Kinders sê Pappa-God
    Kan Ek julle net vra
    Begin committed raak
    Al is dit net met een ding

    Begin ‘n stokperdjie bou
    Kinders ietsie wat julle kan geniet in stede van leeglê
    En sien hoe vêr
    Deursettingsvermoë in daardie area jou sal bring

    Kinders Ek vra net tydjies
    Tydjies om daardie potensiaal en goud in jou te ontgin
    Ek wil so graag hê kinders
    Die talente wat Ek in julle gesit het moet wakker word

    Ja kinders, ja sê Pappa
    Soos daai vlindersag soen
    Wat die prins op die prinses se lippe laat in ‘n sprokiesverhaal
    En sy dan ontwaak

    Ja liefste kinders sê Pappa-God
    Party van julle se talente sluimer al jare
    Julle dink hulle bestaan nie
    Al wat moet gebeur is dat julle hulle vind

    Ja kinders, ja
    Sê Pappa-God
    Elkeen van julle het talente
    Kyk net na dit wat julle verskriklik baie geniet om te doen

    Is dit nou teken of swem
    Is dit nou verf of hardloop
    Kinders sê Daddy
    Elkeen van julle het ‘n talent

    Daar is soveel begaafde mense op aarde
    Kinders sê Daddy die duiwel sê vir julle hulle is die enigstes met talent
    Kinders sê Daddy dis nie so
    Hulle het net al ontdek wat hulle talent is en daarmee begin woeker

    Kinders sê Pappa
    Ek sê weer
    Doelgerigtheid en deursettingsvermoë verrig wondere
    Probeer dit so keer of wat

    Ja kinders, ja
    Soveel kan julle op aarde regkry
    Glo My
    Julle is nie net gemaak om te bestaan

    Soveel meer wag vir julle om ontdek te word
    Soveel meer
    Kom kinders begin hulle oopmaak
    Die wonders van die lewe leef!

    Oe ja die lewe het Ek gemaak
    Sodat julle dit voluit kon leef
    Sodat julle dit voluit kon geniet
    Sodat julle nie vir ‘n inch minder hoef te settle

    Ja sê Daddy, ja
    Dit is dikwels dat dit gebeur
    Dat mense settle
    Sonder om waarlik ooit te leef

    Kinders daar is wonderlike goeters
    Wat julle op aarde kan ervaar
    Wonderlike lieflike goeters
    Wat die hart waarlik bly-maak

    Hemel-geskenke
    Noem Ek hulle sê Pappa
    Of dit nou is uit-die-maag-lag
    Of ‘n hemelse sonsondergang aanskou

    Ek wou julle aandag maar net op dié goedjies begin vestig
    Die goeters wat so opreg beeldskoon is
    Die ware eg in die lewe
    Nie die plastiek of namaaksel daarvan

    Soveel opregte pret
    My kinders
    Kan julle uit hierdie wêreld put
    Soveel, soveel opregte pret

    As julle sukkel om dit raak te sien
    Kinders vra My net
    Vra My net
    Ek wil julle so graag help

    Om die ware mooi in hierdie lewe
    Te begin raaksien
    Oe hoe mooi is dit
    Wonderlik-mooi voorwaar!

    Die mooiste geskenk ooit
    Is aan hierdie wêreld gegee
    Die dag toe Jesus sê ja
    Hy sal kom en herstel!

    Oe so dankbaar is ek
    So so baie dankbaar
    Ons God is groot
    Hy is waarlik wonderbaar!

    Sy blink plan het gewerk
    Vandag nogsteeds
    Oor en oor
    ‘n Foolproof plan voorwaar!

    Oe kinders van Abba
    Kinders van die wêreld
    Sal julle saam met my dankie sê
    Sal julle saam met my bly vertrou?

    Ja Abba-God weet beter
    Baie beter as ons
    En Sy hart sal ons bly vertrou
    Totdat die einde van aardse tyd aanbreek

    Ja Sy hemelse aangesig
    Sal ons dan vir alle tyd daarna geniet
    Sy hemelse aangesig
    Wat skyn soos die son!

    Amen.

  • Wonderskoon

    U is my Begin
    My einde
    En alles tussenin
    Wat my hart bewoon

    (meer…)

  • Selfmoord-Neigings

    Moet nooit opgee nie sê die Heer
    Asseblief liewe kind moenie
    Weet dit is Ek wat jou omring
    Wat altyd baie naby aan jou is
    (meer…)