Moet nooit opgee nie sê die Heer
Asseblief liewe kind moenie
Weet dit is Ek wat jou omring
Wat altyd baie naby aan jou is
Weet jy hoe breek selfmoord My hart?
Liewe kind dit is NOOIT die oplossing nie
Weet asseblief dat daar geen situasie is
Wat Ek nie met My liefde kan beter maak
Ek het gekom vir julle om lewe en dit in oorvloed te ervaar!
Dis hoekom Ek gekom het
Vir jou om die opregte vreugde van hierdie lewe
Te ken en te geniet!
Liewe kind GEEN GAT
Is te donker of te diep
Vir My om jou daaruit te lig
En jou weer hoop vir hierdie lewe te gee
Hierdie wêreld het jou platgeslaan
Hygend lê jy op die vloer en smag na asem
Jou longe leeg getap van enige wil
Om hierdie lewe vir nog ‘n enkele sekonde aan te pak
Liewe kind Ek wil jou ophelp
Ek wil jou weer op vaste grond laat staan
Ek wil My arms om jou vou
In jou ore fluister ‘Liewe kind daar is nog hoop want Ek bestaan’
Liewe kind Ek weet
Alles gaan nie oornag en eensklaps verander nie
Maar dit kan en dit gaan
As jy al jou vertroue in My hulp belê
Soos ‘n goeie budget
Het Ek alklaar ‘n plan van redding opgestel
Ek weet hoe, Ek weet waar
Stap vir stap sal Ek jou wys
Ek wil jou red uit die verknorsing waarin jy jou bevind
Uit die verskriklike nood waarin jy verkeer
Ek hoor die noodkreet in jou hart
Ek sien die desperaatheid wat aan jou klou
Liewe kind
Ek wil hê jy moet weet
Ek kan en Ek wil
Jou so graag help!
Daar is altyd hoop
Altyd!
Omdat Ek leef
Kan jy daarop vasstaan
Ek wil jou bevorder
Op hierdie pad van die Lewe
Die treë wil Ek saam met jou stap
Elke sekonde jou hand bly vashou
Ek weet baie van julle dink
Ek kan onmoontlik nie so naby wees
Vir julle is dit moeilik om te verstaan
Nog moeiliker om te glo!
Liewe kind hoekom dink jy
Sê Ek in My Woord
Glo soos ‘n kind!
Kom asseblief soos wat net hulle kan!
Hou op om alles uit te redeneer
Hou op om alles te probeer verstaan
Liewe kind jy gaan dalk nooit
Glo asseblief soos wat ‘n kind doen
Partykeer gaan als nie sin maak nie
Partykeer gaan dit moeilik wees om te verklaar
Liewe kind wat daarvan?
Glo My asseblief net soos ‘n kind
So dikwels vra Ek
Kind kom met geloof
Glo dat Ek IS
Glo dat Ek bestaan
Julle maak geloof soveel moeiliker as wat dit hoef te wees
Eintlik is dit net Ek wat kan
En julle wat dit glo
Maak nie saak in watter situasie julle verkeer
Liewe kinders
Dis tyd om te kom
Dis tyd om te glo EK IS
Sal julle dit vat en soos ‘n kind jou eie maak?